Olimpiese Somerspele 1956

Die Olimpiese Somerspele 1956 (Engels: 1956 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XVIde Olimpiade, is tussen 22 November en 8 Desember 1956 in Melbourne, Australië, aangebied.

Spele van die XVIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1956

Gehou in Melbourne, Australië
Deelnemende lande 72 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 3 155 (2 791 mans, 364 vroue)
Items 151 in 17 sporte
Openingseremonie 22 November 1956
Sluitingseremonie 8 Desember 1956
Amptelik geopen deur Prins Philip
Atlete-eed John Landy (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ron Clarke (atletiek)
Vorige Spele 1952: Helsinki (Finland)
Volgende Spele 1960: Rome (Italië)

Melbourne is verkies bo Buenos Aires, Meksikostad en ses Amerikaanse stede op 28 April 1949 op die 43ste IOK-kongres. Vanweë die Australiese kwarantynreëls kon die ruitersport-wedstryde nie daar plaasvind nie. Hierdie is daarom in Stockholm, Swede, gehou. Daarmee is dit die eerste en tot dusver enigste Spele waarby wedstryde in verskillende lande plaasgevind het. Dit is die eerste Olimpiese Somerspele wat in die Suidelike Halfrond, Oseanië asook buite Europa en Noord-Amerika gehou is. Daarbenewens is Melbourne die mees suidelike stad waar Olimpiese Spele gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1956 is in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.

Die Olimpiese Somerspele 1956 is deur ag lande geboikot. Egipte, Irak en Libanon het hierdie spele weens die Suezkrisis geboikot, as gevolg van die inval van Israel, Frankryk en die Verenigde Koninkryk in Egipte, nadat dié land die Suezkanaal genasionaliseer het. Terselfdertyd het die Sowjetunie die Hongaarse Rewolusie onderdruk en die Sowjetunie se deelname het tot die boikot deur Nederland, Kambodja, Spanje en Switserland gelei. Die Volksrepubliek China het net twee weke voor die spele se begin hul boikot aangekondig weens die toelating van die Republiek China op Taiwan.

Toewysing

Olimpiese Somerspele 1956 
Wilfrid Kent Hughes, president van die Australiese reëlingskomitee
Olimpiese Somerspele 1956 
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne

Melbourne is op 28 April 1949 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1956. Ander kandidate was: Buenos Aires, Los Angeles, Detroit, Meksikostad, Chicago, Minneapolis, Philadelphia, San Francisco en Montreal.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1956
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4
Melbourne Olimpiese Somerspele 1956  Australië 14 18 19 21
Buenos Aires Olimpiese Somerspele 1956  Argentinië 9 12 13 20
Los Angeles Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 5 4 5
Detroit Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 2 4 4
Meksikostad Olimpiese Somerspele 1956  Meksiko 9 3
Chicago Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 1
Minneapolis Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 1
Philadelphia Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 1
San Francisco Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State 0
Montreal Olimpiese Somerspele 1956  Kanada 0

Sporte

17 Olimpiese sportsoorte in 151 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 153 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 gebruik:

Melbourne

Olimpiese Somerspele 1956 
Melbourne-krieketveld, Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele van 1956, in 2010
Olimpiese Somerspele 1956 
By die Royal Exhibition Building in Melbourne is die Basketbal-eindstryd, skermsport van die Moderne vyfkamp, gewigoptel en stoeiwedstryde beslis
Stadion Sporte Kapasiteit
Broadmeadows Fietsry (pad) Nie gelys nie
Wendoureemeer, Ballarat Kanovaart, Roei 14 300
Hokkieveld Veldhokkie 21 048
Melbourne-krieketveld Atletiek, Veldhokkie (eindstryd), Sokker (eindstryd) 104 000
Oaklands Jagklub Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 25 700
Olimpiese Parkstadion Sokker 40 000
Port Phillip Seilvaart Nie gelys nie
Koninklike Australiese Lugmag, Laverton Lugmagbasis Skyfskiet (haelgeweer) Nie gelys nie
Royal Exhibition Building Basketbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (skermsport), Gewigoptel, Stoei 3 500
St Kilda Stadsaal Skermsport Nie gelys nie
Swem/Sierduikstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 6 000
Velodrome Fietsry (baan) 7 900
Wes-Melbourne-stadion Basketbal, Boks, Gimnastiek 7 000
Williamstown Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool, geweer) Nie gelys nie

Stockholm

Stadion Sporte Kapasiteit
Lill-Jansskogen Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie
Olimpiese Stadion Stockholm Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap, spring) 21 000
Ulriksdal Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Vyf lande het aan die ruitersport-wedstryde in Stockholm deelgeneem, maar nie aan die Olimpiese Somerspele in Melbourne nie:

Suid-Afrikaanse deelname

Boks

Daniel Wepener Bekker (swaargewig) en Henry Loubscher (ligweltergewig) wen bronsmedaljes.

Fietsry

Alfred Swift wen brons in die 1 km tydtoets op die baan.

Swem

Die Suid-Afrikaanse vrouespan wen die bronsmedalje in die 4x100 m vryslag aflos.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1956 
Kaart van deelnemende nasies in 1956:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Melbourne

   Neem slegs aan die ruitersport-wedstryde in Stockholm deel

     Ruitersport-wedstryde in Stockholm
Olimpiese Somerspele 1956 
Kaart van die Olimpiese boikot van 1956

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1956  Goud Olimpiese Somerspele 1956  Silwer Olimpiese Somerspele 1956  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1956  Sowjetunie (URS) 272 37 29 32 98
2 Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde State (USA) 297 32 25 17 74
3 Olimpiese Somerspele 1956  Australië (AUS) 294 13 8 14 35
4 Olimpiese Somerspele 1956  Hongarye (HUN) 108 9 10 7 26
5 Olimpiese Somerspele 1956  Italië (ITA) 129 8 8 9 25
6 Olimpiese Somerspele 1956  Swede (SWE) 88 8 5 6 19
7 Olimpiese Somerspele 1956  Duitsland (GER) 158 6 13 7 26
8 Olimpiese Somerspele 1956  Verenigde Koninkryk (GBR) 189 6 7 11 24
9 Olimpiese Somerspele 1956  Roemenië (ROU) 44 5 3 5 13
10 Olimpiese Somerspele 1956  Japan (JPN) 110 4 10 5 19
33 Olimpiese Somerspele 1956  Suid-Afrika (RSA) 50 0 0 4 4

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1956 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1956 ToewysingOlimpiese Somerspele 1956 SporteOlimpiese Somerspele 1956 StadionsOlimpiese Somerspele 1956 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1956 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1956 Sien ookOlimpiese Somerspele 1956 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1956 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1956 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1956AustraliëBuenos AiresCortina d'AmpezzoEngelsEuropaInternasionale Olimpiese KomiteeItaliëMeksikostadMelbourneNoord-AmerikaOlimpiese Winterspele 1956OseaniëRuitersportStockholmSuidelike HalfrondSwedeVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DieregeluideMaroela MediaKappie (skryfteken)Koos du PlessisDie Stem van Suid-AfrikaVolhoubare ontwikkelingIngrid JonkerHeupVoorvoegselVlag van Suid-AfrikaPaddaRefleksieInstagramMonopolyVarkgriepAfvalbestuurRefentse MorakeSuid-Afrikaanse WeermagEkonomie van Suid-AfrikaWikipediaRooilipslangLettergreepNoord-KaapTropiese sikloonMorfeemVleilandInligtingKunselementeKaapstadSeksismeDepressie (gemoedstoestand)MiskruierBeeldspraakBeaufortskaalHadedaSkaapLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaApokriewe boekeMaselsLandbouLongOlifantKaapstadse waterkrisis 2015-2018JakkalsSirkusBalletPlae van EgipteLatynMetaalMenstruasieTussenwerpselAdolessensieSimmetrieJan van TonderSaartjie BaartmanDonderstormWater (molekuul)KerrieDesmond TutuSelfoonLeeuKoos BekkerTopsy SmithBraaiArendBestuiwingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSonnetSeksposisieKwaZulu-NatalInflasieVigsVoegwoordPreseminale vloeistofAborsie🡆 More