Olimpiese Somerspele 1952

Die Olimpiese Somerspele 1952 (Fins: Kesäolympialaiset 1952, Sweeds: Olympiska sommarspelen 1952), amptelik bekend as die Spele van die XVde Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1952 in Helsinki, Finland, aangebied.

Spele van die XVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1952

Gehou in Helsinki, Finland
Deelnemende lande 69 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 4 955 (4 436 mans, 519 vroue)
Items 149 in 17 sporte
Openingseremonie 19 Julie 1952
Sluitingseremonie 3 Augustus 1952
Amptelik geopen deur President Juho Kusti Paasikivi
Atlete-eed Heikki Savolainen (gimnastiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Paavo Nurmi en
Hannes Kolehmainen (atletiek)
Vorige Spele 1948: Londen (VK)
Volgende Spele 1956: Melbourne (Australië)

Helsinki is gekies bo Amsterdam en vyf Amerikaanse stede op 21 Junie 1947 op die veertigste IOK-kongres. Die Olimpiese Somerspele van 1952 was ook aan Helsinki toegeken, maar hulle kon toe vanweë die Tweede Wêreldoorlog nie daarmee voortgaan nie. Die Olimpiese Winterspele 1952 is in Oslo, Noorweë, aangebied.

Toewysing

Olimpiese Somerspele 1952 
Erik von Frenckell, president van die Finse reëlingskomitee

Helsinki is op 21 Junie 1947 in Stockholm deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1952. Ander kandidate was: Minneapolis, Los Angeles, Amsterdam, Detroit, Chicago en Philadelphia.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1952
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Helsinki Olimpiese Somerspele 1952  Finland 14 15
Minneapolis Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State 4 5
Los Angeles Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State 4 5
Amsterdam Olimpiese Somerspele 1952  Nederland 3 3
Detroit Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State 2
Chicago Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State 1
Philadelphia Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State 0

Sporte

17 Olimpiese sportsoorte in 149 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 149 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Finse bofbal (Pesäpallo) en Olimpiese Somerspele 1952  handbal is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1952 
Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's
Olimpiese Somerspele 1952 
Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam in Helsinki aan
Olimpiese Somerspele 1952 
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952

24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1952 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Arto Tolsa Areena (Kotka) Sokker 11 400
Hämeenlinna Moderne vyfkamp 2 983
Harmaja Seilvaart Nie gelys nie
Helsinki Sokkergronde Sokker 18 050
Huopalahti Skyfskiet (haelgeweer) 2 000
Käpylä Fietsry (pad) 4 050
Laakso Ruitersport (driegangkampioenskap) 4 854
Lahden kisapuisto Sokker 8 067
Liuskasaari Seilvaart 19 000
Malmi Skietbaan Skyfskiet (pistool/geweer) 2 000
Maunula Fietsry (pad) 21 708
Meilahti Roei 3 554
Messuhalli Basketbal (eindstryd), Boks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei 5 500
Olimpiese Stadion Helsinki Atletiek, Ruitersport (spring), Sokker (eindstryd) 70 470
Pakila Fietsry (baan) Nie gelys nie
Ruskeasuo Ruitersportsaal Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap) 3 780
Swemstadion Sierduik, Swem, Waterpolo 11 345
Taivallahti Kanovaart Nie gelys nie
Tali Renbaan Ruitersport (hindernis) 20 000
Tampere Sokker 20 700
Tennispaleis Basketbal 1 518
Veritasstadion (Turku) Sokker 14 224
Velodrome Fietsry (baan), Veldhokkie 7 235
Westend Tennissaal Skermsport 951

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Olimpiese Somerspele 1952 
Suid-Afrika se Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele van 1952

Suid-Afrika wen tien medaljes.

Boks

Theunis van Schalkwyk (ligmiddelgewig) wen silwer, Andries Nieman (swaargewig), William Michael Towell (vlieggewig) en Leonard Leisching (veergewig) die bronsmedaljes.

Fietsry

Die Suid-Afrikaanse mansspan wen die silwermedalje in die 2000 m (tandem) en 4000 m en Raymond Robinson wen die bronsmedalje in die 1 km tydtoets.

Swem

Joan Harrison wen die goudmedalje in die 100 m rugslag.

Atletiek

Esther Cornelia Brand wen goud in hoogspring en Daphne Hasenjäger die silwermedalje in die 100 m wedloop.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1952 
Kaart van deelnemende nasies in 1952:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Helsinki

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1952  Goud Olimpiese Somerspele 1952  Silwer Olimpiese Somerspele 1952  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1952  Verenigde State (USA) 286 40 19 17 76
2 Olimpiese Somerspele 1952  Sowjetunie (URS) 295 22 30 19 71
3 Olimpiese Somerspele 1952  Hongarye (HON) 189 16 10 16 42
4 Olimpiese Somerspele 1952  Swede (SWE) 206 12 13 10 35
5 Olimpiese Somerspele 1952  Italië (ITA) 231 8 9 4 21
6 Olimpiese Somerspele 1952  Tsjeggo-Slowakye (TCH) 99 7 3 3 13
7 Olimpiese Somerspele 1952  Frankryk (FRA) 245 6 6 6 18
8 Olimpiese Somerspele 1952  Finland (FIN) 258 6 3 13 22
9 Olimpiese Somerspele 1952  Australië (AUS) 87 6 2 3 11
10 Olimpiese Somerspele 1952  Noorweë (NOR) 102 3 2 0 5
12 Olimpiese Somerspele 1952  Suid-Afrika (RSA) 64 2 4 4 10

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1952 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1952 ToewysingOlimpiese Somerspele 1952 SporteOlimpiese Somerspele 1952 StadionsOlimpiese Somerspele 1952 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1952 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1952 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1952 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1952 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1952AmsterdamFinlandFinsHelsinkiInternasionale Olimpiese KomiteeNoorweëOlimpiese Somerspele 1940Olimpiese Winterspele 1952OsloSweedsTweede WêreldoorlogVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese sektorBeaufortskaalSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Geprosesseerde kosJaco JacobsBruto binnelandse produkKorrupsieSteenkool in Suid-AfrikaKlimaatveranderingDermpoliepMangelontstekingYouTubeDiskriminasieGianna MichaelsVennootskapKarlien van Jaarsveld22 AprilJuan Antonio VillacañasReënOnse VaderHartversakingDansOrrelWikipediaDoopE-posWoestynBloukraanvoëlSlag van BloedrivierKuberkrakerReënspinnekopOmgewingskwessies in Suider-AfrikaDiepaartromboseJodeKlereKwame NkrumahHeks van HexrivierBek-en-klouseerSamestellingRivierSwartbewussynsbewegingWatersuiweringWeervoorspellingFamilie (verwantskap)OlifantLewerDataverwerkingCleopatra VIIKolitisMahatma GandhiSeksuele opwekkingGordelroosKontinentBelgiëBloemfonteinMobutu Sese SekoFrankrykHoofkarakterSkoenlapperSoortnaamPornografieSkoolBreingewasInligtingHorlosieAngssteuringKanadaSkerpioenJan van RiebeeckLangste woordKatPinksterDroogteUitwerking van klimaatsveranderingMonopolieSitrusEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaUniegebouOnderhandelinge om apartheid te beëindig🡆 More