Die Olimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXIVste Olimpiade, sal tussen 21 Julie en 6 Augustus 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word.
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Spele van die XXXIVe Olimpiade | ||
|
Dit sal die 34ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Los Angeles die spele organiseer na hulle eerste spele in 1932 en daarna in 1984. Daarmee sal Los Angeles naas Londen en Parys die derde stad word wat driekeer 'n Olimpiese Somerspele aanbied. Vir die Verenigde State sal dit die vyfde Olimpiese Somerspele wees wat hulle gaan aanbied, 'n algehele rekord.
Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA-stadion by Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Somerspele 2028 sal ook in Los Angeles gehou word.
Los Angeles is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2028. Die enigste ander kandidaat was Parys, maar het hulself voor die stemming onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2024 beskikbaar gestel.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2028 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Los Angeles | Verenigde State | eenparig |
Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog. Die aantal atlete word op 10 500 beperk.
'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2028 se program te laat opneem:
32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Figueroa Street | Live site: "Olympic Way" – Street art, verkopers en vermaak wat die USC en L.A. Live in Downtown Los Angeles met mekaar verbind | n.v.t. | Klaar |
Los Angeles Memorial Coliseum | Atletiek | 70 607 | Klaar |
Banc of California Stadium | Sokker (groepfase, kwarteindrondte, vroue se derde plek) | 22 000 | Klaar |
Atletiek (diskus-, spies- en hamerkwalifikasies) | 20 000 | ||
Dedeaux Field (USC) | Swem, sierduik, gesinkroniseerde swem | 20 000 | Tydelike struktuur op bestaande plek |
Galen Center (USC) | Pluimbal | 10 300 | Klaar |
Karate | |||
Los Angeles Convention Center | Basketbal (vroue se groepfase) | 8 000 | Klaar |
Boks | 8 000 | ||
Skermsport | 7 000 | ||
Taekwondo | |||
Tafeltennis | 5 000 | ||
BMX vrystyl | 8 000 | ||
Staples Center | Basketbal (man se groepfase, eindstryd) | 18 000 | Klaar |
Microsoft Theater | Gewigoptel | 7 000 | Klaar |
USC Village | Media Village | n.v.t. | Klaar |
Grand Park | Maraton | 5 000 | Klaar |
Wedloop | |||
Fietsry (pad) |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Sepulveda Basin Park | Kanovaart slalom | 8 000 | Konstruksie beplan |
Ruitersport | 15 000 | Tydelike struktuur | |
Skyfskiet | 3 000 | Tydelike struktuur |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
StubHub Center Hoofstadion | Rugby | 30 000 | Klaar |
Moderne vyfkamp (uitsluitende skermsport) | 30 000 | Klaar | |
StubHub Center Boksstadion | Tennis | 10 000 (sentrale baan) | Klaar |
StubHub Center Baan en Veldfasiliteit | Veldhokkie | 15 000 (primêre veld) 5 000 (sekondêre veld) | Klaar |
VELO Sports Center | Fietsry (baan) | 6 000 | Klaar |
Moderne vyfkamp (skermsport) | 6 000 | Klaar |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Long Beach Waterfront | BMX-wedren | 6 000 | Tydelik |
Waterpolo | 8 000 | Tydelik | |
Driekamp | 2 000 | Klaar | |
Ope-water-swem | 2 000 | Klaar | |
Long Beach Arena | Handbal | 12 000 | Klaar |
Belmont Veterans Memorial Pier | Seilvaart | 6 000 | Klaar |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Santa Monica State Beach en Venice Beach | Strandvlugbal | 12 000 | Tydelik |
Skaatsplankry | 10 000 | Klaar | |
Branderplankry | 8 000 | Klaar | |
3x3 basketball | n.v.t. | Klaar | |
Riviera Country Club | Gholf | 30 000 | Klaar |
Universiteit van Kalifornië, Los Angeles | Olimpiese dorp en opleidingsentrum | n.v.t | Klaar |
Pauley Pavilion (Universiteit van Kalifornië, Los Angeles) | Stoei | 12 500 | Klaar |
Judo | 12 500 | Klaar | |
LA Stadium at Hollywood Park | seremonies (opening/sluiting) | 70 000–100 000 | Onder konstruksie |
Sokker (mans se kwarteindrondte en eindstryd, vroue se halfeindrondte) | 70 000–100 000 | ||
Boogskiet | 8 000 (Stadionmeer) | ||
The Forum | Gimnastiek | 17 000 | Klaar |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Rose Bowl | Sokker (vroue se kwarteindrondte en eindstryd, mans se halfeindrondte en derde plek) | 92 000 | Klaar |
Lake Perris | Kanovaart snel | 12 000 | Klaar |
Roei | 12 000 | Klaar | |
Frank G. Bonelli Regional Park | Bergfietsry | 3 000 | Tydelik |
Dodgerstadion | Bofbal/Sagtebal | 56 000 | Klaar |
Angelstadion | 45 000 | ||
Honda Center | Binnenshuise vlugbal | 18 000 | Klaar |
Anaheim Convention Center (Die arena by die Anaheim) | 6 000 | Klaar |
Wiki Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2028. |
Olimpiese Spele | |
---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Olimpiese Somerspele 2028, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.