Olimpiese Somerspele 1940

Die Olimpiese Somerspele 1940 (Fins: Kesäolympialaiset 1940; Japannees: 東京オリンピック (1940年)), amptelik bekend as die Spele van die XIIde Olimpiade, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.

Spele van die XIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1940

Gehou in Tokio, Japan
Helsinki, Finland
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1936: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele 1944: Londen (VK)

Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn aan Tokio, Japan, toegewys. Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in 'n land buite die Westerse wêreld beplan is. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 14 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aan Helsinki, Finland, toegewys, maar met die uitbreek van die Winteroorlog in 1939 is dit heeltemal afgelas.

Olimpiese Somerspele 1940
Aandenkingshandvlag vir die Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio van die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn

Die hoofstadion vir die Olimpiese Spele 1940 in Tokio sou die Meiji Jingu-stadion gewees het, wat vir die latere Olimpiese Somerspele 1964 ingespan is. Vir die Olimpiese Spele in Helsinki is tussen 1934 en 1938 die Olimpiese Stadion opgerig, waar die Olimpiese Somerspele 1952 gehou is. Beide Finland en Japan het vir hul latere Olimpiese Somerspele ter wille van kostebesparing planne van die oorspronklik beplande Somerspele gebruik.

Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die in Londen beplande Olimpiese Somerspele 1944 ook afgelas. Die Britse hoofstad het die eerste Olimpiese Somerspele na die Tweede Wêreldoorlog vier jaar later aangebied.

Toewysing

Tokio is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1940. Ander kandidate was: Helsinki, Barcelona en Rome.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1940
Stad Land Rondte 1
Tokio Olimpiese Somerspele 1940  Japan 36
Helsinki Olimpiese Somerspele 1940  Finland 27
Barcelona Olimpiese Somerspele 1940  Spanje
Rome Olimpiese Somerspele 1940  Italië

Fotogalery

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Andreas Niehaus & Max Seinsch (2007). Olympic Japan. Ideals and Realities of (Inter)Nationalism. Würzburg. ISBN 978-3-89913-588-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • (en) Sandra Collins (2007). The 1940 Tokyo Games: The Missing Olympics. Japan, the Asian Olympics and the Olympic Movement (= Sport in the Global Society). London. ISBN 978-0-415-37317-3.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • (en) Martin Polley (1992). Olympic diplomacy: the British government and the projected 1940 Olympic games. pp. 169–187.
  • (en) The Organizing Committee of the XIIth Olympiad, Report of the Organizing Committee on its Work for the XIIth Olympic Games of 1940 in Tokyo until the Relinquishment. Tokio. 1940.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1940 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1940 ToewysingOlimpiese Somerspele 1940 FotogaleryOlimpiese Somerspele 1940 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1940 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1940 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1940BerlynFinlandFinsHelsinkiInternasionale Olimpiese KomiteeJapanJapanneesOlimpiese Somerspele 1936TokioTweede Chinees-Japannese OorlogTweede WêreldoorlogWinteroorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PinksterLangste woordGriepLiefdeGerda SteynBoer Soek 'n VrouBesoedelingProteïenVeelvoudige sinOorkruipersFanie ViljoenCyril RamaphosaZenobia KockGalileo GalileiRolprentSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VolhoubaarheidOntwerpHeuningbyKoolstofMondKoos BekkerKolorektale kankerSpinnekopLys van Kaapstad se voorstedeOnse VaderKultuurVerenigde KoninkrykSeksualiteitGrondwetGewone breukeEksodus (uittog)Groot vyfRon Thompson (akteur)VoornaamwoordNatuurlike hulpbronGroep van SeweIndo-Europese taleCSSPlantLandbouMaselsLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Jan van RiebeeckAfrikaansSelfmoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereParasitiese siektesAngina pectorisVratAntoniemAnneli van RooyenToestand van materieUilSelfbeeldWaterGrondwet van Suid-AfrikaSonsverduisteringBeesSebraRMS TitanicPaarl GimnasiumDiamantGeldLys van Islamitiese feeste en herdenkingsPoësiePrimêre sektor van die ekonomieSatellietBukkakeLeah van NiekerkBeer AdriaanseSwangerskapVolhoubare ontwikkelingLys van kleure🡆 More