Olimpiese Somerspele 2032

Die Olimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXVste Olimpiade, sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word.

Olimpiese Somerspele 2032 Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXVe Olimpiade
Olimpiesespele van 2032

Gehou in Brisbane, Australië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete 10 500
Items 329 in 32 sporte
Openingseremonie 23 Julie 2032
Sluitingseremonie 8 Augustus 2032
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal van Australië (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2028: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele 2036: nog nie bekend nie

Dit sal die 35ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Australië die spele organiseer na hulle eerste spele in 1952 in Melbourne en 2000 in Sydney. Verder sal dit die vierde Olimpiese Somerspele in die Suidelike Halfrond wees, ná die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië.

Olimpiese Somerspele 2032
The Gabba-krieketveld sal as Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 2032 dien

Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2032 sal in Brisbane gehou word.

Toewysing

Olimpiese Somerspele 2032 
John Coates, hoof van Brisbane se reëlingskomitee

Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):

    Afrika
    Asië
    Europa
    Oseanië
    Suid-Amerika

Brisbane is op 21 Julie 2021 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2032. Dié stad was reeds voor die amptelike toekenning gunsteling om die Spele aan te bied.

Sporte

Moontlike sportsoorte

Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens al die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog. Die aantal atlete word op 10 500 beperk.

'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2032 se program te laat opneem:

  • In Julie 2021 het die Internasionale Rugby League (IRL) se voorsitter Troy Grant daarna verwys dat die insluiting van Rugby League by die Olimpiese en Paralimpiese Somerspele 2032 'n "prioriteit" vir dié beheerliggaam is, met die fokus op Rugby League Nege en rolstoelrugbyleague. Queensland het 'n bekende Rugby League-aanhangerskultuur.
  • In Augustus 2021 het die Internasionale Krieketraad (IKR) aangekondig om 'n werksgroep in te stel wat die insluiting van krieket by die Olimpiese Somerspele 2028 en/of die Olimpiese Somerspele 2032 sal ondersoek, insluitende verteenwoordigers van VSA Krieket, die Asiatiese Krieketraad, Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) en Zimbabwe Krieket. Dié aansoek word ook deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) ondersteun. Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Australië en Krieket Australië is een van die IKR se twaalf volle lede.
  • In Augustus 2021 het Wêreldnetbal aangekondig om met ondersteuning van Netbal Australië vir die insluiting van netbal te bid. Die land het die Netbalwêreldbeker sedert sy invoering elf keer gewen. Die aansoek staar 'n moontlike struikelblok in die gesig met die IOK se huidige beleid van geslagsbalansering, aangesien vrouenetbal op die elite-vlak meer gewild is as die mans s'n. Mansnetbal het die afgelope paar jaar egter 'n sterk groei getoon.

Olimpiese sportsoorte

32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.

Stadions

Brisbanesone

Olimpiese Somerspele 2032 
Brisbane Convention & Exhibition Centre in 2012
Olimpiese Somerspele 2032 
Buiteaansig van die Suncorpstadion in 2005
Olimpiese Somerspele 2032 
Brisbane Showgrounds in 2011
Olimpiese Somerspele 2032 
Die Robina-Stadium gesien vanaf die westelike pawiljoen tydens 'n nasionale rugbyligawedstryd tussen Gold Coast Titans en Brisbane Broncos in 2021
Olimpiese Somerspele 2032 
Gold Coast Convention and Exhibition Centre in 2012
Olimpiese Somerspele 2032 
Die Noord-Queensland-stadion in 2020
Olimpiese Somerspele 2032 
Die Melbourne Reghoekige Stadion tydens die Asiatiese beker 2015
Stadion Sporte Kapasiteit Gebied Status
The Gabba Atletiek (baan en veld), seremonies 50 000 Brisbanerivier Klaar (opgeknap)
Brisbane Convention & Exhibition Centre 6 000 (Saal 1)
6 500 (Saal 2)
6 000 (Saal 4)
Tafeltennis, Pluimbal, Skermsport, Taekwondo Brisbanerivier Klaar
Suidoewer Piazza 4 500 3x3 Basketball Brisbanerivier Klaar
Suidoewer Cultural Forecourt 4 000 Boogskiet Brisbaneriver Klaar
Langpark 52 000 Sokker (eindstryde), Sewesrugby Brisbanerivier Klaar
Brisbane Showgrounds 15 000 Ruitersport Herston Klaar
Victoriapark 25 000 Fietsry (BMX vryslag), Ruitersport (Driefasekompetisie) Herston Tydelik
Ballymorestadion 10 000 (Veld 1) 5 000 (Veld 2) Veldhokkie Herston Klaar
Brisbane Indoor Sports Centre 12 000 Basketball Herston Beplan (nuut)
Sleemansenter 10 000 (Chandler Theatre)
5000 (Anna Meares Velodrome)
4 300 (Brisbane Aquatics Centre)
2 000 (Brisbane International Shooting Centre)
Gimnastiek
Fietsry (Baan en BMX wedvaart)
Watersport (Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpologroepwedstryde)
Skyfskiet
Chandler Klaar (opgeknap)
Brisbane Entertainment Centre 11 000 Handbal Noord-Brisbane Klaar
Moreton Bay Indoor Sports Centre 7 000 Boks Noord-Brisbane Klaar
Manly Boat Harbour 10 000 Seilvaart Oos-Brisbane Tydelik
Redland Whitewater Centre 8 000 Kanovaart (Slalom) Oos-Brisbane Beplan (nuut)
Queensland Tennis Centre 5 500 Tennis Suid-Brisbane Klaar
Wyaralong Flatwater Centre 14 000 Roei, Kanovaart (Snel) Suid-Brisbane Klaar (opgeknap)
Ipswichstadion 10 000 Moderne vyfkamp Suid-Brisbane Klaar

Goudkussone

Stadion Sporte Kapasiteit Gebied Status
Gold Coast Convention & Exhibition Centre 6 000 (Arena)
5 000 (Saal 3)
Gewigoptel, Vlugbal (groepwedstryde) Broadbeach Klaar
Broadbeachparkstadion 12 000 Strandvlugbal Broadbeach Tydelik
Gold Coast Sports and Leisure Centre 12 000 Judo, Stoei Carrara Klaar
Royal Pines Resort 15 000 Gholf Carrara Klaar
Southport Broadwater Parklands 5 000 Driekamp, Watersport (Maratonswem) Southport Tydelik
Coomera Indoor Sports Centre 11 000 Vlugbal Noord-Goudkusstad Klaar
Robinastadion 27 400 Sokker (groepwedstryde) Suid-Goudkusstad Klaar

Sonskynkussone

Stadion Sporte Kapasiteit Gebied Status
Sonskynkusstadion 20 000 Sokker (groepwedstryde) Kawana Klaar (opgeknap)
Sunshine Coast Indoor Sports Centre 6 000 Basketbal (groepwedstryde) Kawana Beplan (nuut)
Alexandra Headland 5 000 Fietsry (Pad)
Atletiek (maraton en resiesloop)
Seilvaart (vlieërseil)
Sonskynkus Tydelik
Sunshine Coast Mountain Bike Centre 10 000 Fietsry (Bergfietsry) Sonskynkus Klaar (opgeknap)

Streeksone

Van die stadions is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 of die Olimpiese Somerspele 2000 ingespan.

Stadion Sporte Kapasiteit Gebied Status
Townsville Noord-Queensland-stadion 25 000 Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) Klaar
Cairns Barlowpark 20 000 Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) Klaar (opgeknap)
Toowoomba Toowoomba Sportveld 15 000 Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) Klaar (opgeknap)
Sydney Sydney Voetbalstadion 42 500 Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) Klaar (opgeknap in 2022)
Melbourne Melbourne Reghoekige Stadion 30 050 Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde) Klaar

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 2032 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 2032 ToewysingOlimpiese Somerspele 2032 SporteOlimpiese Somerspele 2032 StadionsOlimpiese Somerspele 2032 Sien ookOlimpiese Somerspele 2032 VerwysingsOlimpiese Somerspele 2032 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 2032AustraliëBrasiliëBrisbaneEngelsMelbourneOlimpiese Somerspele 1896Olimpiese Somerspele 1952Olimpiese Somerspele 2000Olimpiese Somerspele 2016Rio de JaneiroSuidelike HalfrondSydney

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidKorrupsieAfrican National CongressKookpuntVerkleinwoordAdolessensieNatuurlike hulpbronKolonoskopieKoekie (rekenaarwetenskap)KoorsIsraelSarah Rose KarrVoegwoordBoelieryKriekDysselsdorpRymEnkelvoudige sinEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSpaansHernubare energieSuikersiekteMarsHormoonsiekteHomoniemVerantwoordelikheidMaroela MediaGlukoseVersamelnaamJode in Suid-AfrikaEngelsInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandImpakte van toerismeSoortnaamRudi ClaaseStaalSokkerVolksrepubliek ChinaSendelingposisieGeskiedenis (vakgebied)Bruin menseSprokieMantisLMetaalKinderregteGroepsgebiedewetHoofletterNederduitse Gereformeerde KerkViëtnamoorlogLiefdeTierKeramiekBreedtegraadGewoonteregAntieke EgipteJudaïsmeLandbouDepressie (gemoedstoestand)Duitse maselsDemi Lee MooreDonderstormKoolstofEerste WêreldoorlogVigsLeenwoordIndo-Europese taleKongo-krisisBraaiBevolkingMikroörganismeAfrikaanse WikipediaCarles PuigdemontErektiele disfunksieHipoteseNamibië🡆 More