Strandvlugbal

Strandvlugbal is 'n variant van die saalsport vlugbal.

Strandvlugbal
Piktogram wat Strandvlugbal aandui
Strandvlugbal
Met strandvlugbal word 'n blok as 'n kontak getel
Strandvlugbal
Strandvlugbal word in Kalifornië gespeel

Strandvlugbal word op sand, dikwels op strande langs die see, gespeel. Die belangrikste verskil ten opsigte van saalvlugbal is dat die spanne kleiner is. Tydens internasionale wedstryde het elke span twee spanlede, maar op laer vlak kan 'n span uit drie of vier lede bestaan.

Van die spelreëls wat van normale saalvlugbal verskil, sluit in:

Feite:

  • Spelers het nie 'n vaste posisie op die veld nie.
  • Die bal is swaarder en sagter.
  • Die veld is 8 by 16 meter groot.
  • Daar is nie 'n middellyn nie, en dus is kan geen lynfoute oor sulke lyne gemaak word nie.
  • Toue word gespan om die veld af te kamp. 'n Bal is 'in' as die (afdruk van die) bal die lyn raak.

Tegniek:

  • As die bal bo-hands gespeel word hoef daar nie kort kontak te wees nie, maar die bal moet loodreg oor die skouerlyn teruggespeel word en mag nie oorkruis geslaan word nie.
  • As die bal bo-hands gespeel word mag die bal nie meer as een omwenteling spin (draai) nie.
  • As 'n bal oorkruis gespeel word mag daar nie 'n sagte/lang kontak wees nie. Dit word ook 'n harde kontak genoem. Vorme hiervan is 'n (harde) aanval, onderhandse tegniek of kneukels. Eintlik alle variante waar die bal nie met die vingers gestuur word nie.
  • Dieselfde geld 'n bal wat van die oorkant ontvang word; harde kontak of 'n perfekte bo-handse tegniek (rigting van die bal loodreg vanaf die skouerlyn).

Spelreëls:

  • 'n Blok geld as 'n kontak, hierna mag die bal nog 2 keer aangeraak word alvorens dit oor die net gespeel moet word.
  • Die bal mag na 'n blok weer deur die blokker gespeel word. Dit word dan as die 2de kontak getel.
  • Die spel bestaan uit 'n maksimum van 3 stelle. Stel nommer 1 en 2 tel 21 punte, terwyl die 3de stel 15 punte tel. 'n Stel kan slegs met 'n verskil van twee punte gewen word.
  • Na elke sewende punt word kante geruil om enige voordeel as gevolg van die son of wind te neutraliseer.

Internasionaal

In 1996 het strandvlugbal 'n Olimpiese sport geword. Sedert 1997 organiseer die FIVB elke twee jaar 'n Strandvlugbal Wêreldkampioenskap.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

SportVlugbal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mynbedryf van Suid-AfrikaDiamantOnomatopeeApokriewe boekeDonkieMensLeonardo da VinciEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMIVGeskiedenis van Suid-AfrikaDruiweHector PietersonKimberleyChemiese verbindingBelastingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalOos-KaapEreksieWiki CommonsKunsmatige intelligensieMona LisaVryheidsmanifesLewerNiersteenKlavierWoordeboek van die Afrikaanse TaalKappie (skryfteken)EugenetikaThe CranberriesKlein-KarooErosieKarakteriseringRekenaarMondVlag van Suid-AfrikaGeslagMigrasie van diereLys van veltoestandeSlag van BloedrivierMusiekInstagramHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLeierVrystaatOranjerivierZack du PlessisPankreasKameelperdSamestellende afleidingFotosinteseYouTubeBesoedelingJodeSpoorvervoer in Suid-AfrikaReg tot ‘n gesonde omgewingKunselementeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAgtervoegselEngelsAfrikaanse woordelys en spelreëlsVormSeptimius AwardsVoorsetselMoslemJavaScriptUnited Democratic FrontVerenigde KoninkrykGeskiedenis van AfrikaansMenslike skeletOopbroninhoudKlimaatveranderingVoorvoegselLongontstekingElandréPussy RiotPuberteit🡆 More