Suid-Afrika Erfenisdag: Publieke vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid-Afrika gedenk word

Erfenisdag is 'n openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid-Afrika gedenk word.

Voor 1994 was dié dag as Shakadag bekend, waartydens die Zoeloes hulle koning herdenk het. Ná demokrasie-wording is dit omskep in 'n dag waarop alle kulture hulle eie erfenis kan herdenk. Dit het egter gou as Braaidag bekend geraak.

Suid-Afrika Erfenisdag: Publieke vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid-Afrika gedenk word
Die dag staan ook as Nasionale Braaidag bekend.

Ontstaan

Met die oorgang na 'n nuwe Suid-Afrika het die kabinet besluit dat daar 'n dag (24 September) moet wees waarop Suid-Afrikaners, van watter bevolkingsgroep ook al, hul eie erfenis mag gedenk. Dit het beteken dat niemand moes vergeet wie en wat hy is, of waar hy vandaan kom nie. Elkeen moes op dié dag sy eie kultuur, geskiedenis en kultuurgeskiedenis in ere hou. Dit is toe Erfenisdag genoem.

Oud-president Nelson Mandela het self die woord "reënboognasie" bedink om Suid-Afrika se uiteenlopende kulture, gebruike, tradisies, geskiedenisse en tale te beskryf. Erfenisdag moes ’n viering van daardie kleurryke verskeidenheid wees.

Dit is aan die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, as beskermheer van Suid-Afrika se kultuur, opgedra om jaarliks byeenkomste op 'n nasionale vlak vir Erfenisdag te reël en te bestuur. Die eerste Erfenisdag is op 24 September 1995 gehuldig.

Erfenisdag gaan egter nie net oor die eie kulture van afsonderlike groepe nie, maar veral ook oor uitreiking oor die verskillende kultuurgrense heen. Elemente van nasionale eenheid, nasiebou, versoening en landspatriotisme moet dus benadruk word. Die doel is ook om veral die jeug aan te moedig om Suid-Afrikaners se gedeelde erfenis in ere te hou.

Erfenis is al omskryf as "dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, volksvoorvaders en -moeders, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie."

As sodanig staan dit ook nie los van die politieke verlede van Suid-Afrika nie. Soos oud-pres. Mandela op die tweede Erfenisdag in 1996 in 'n toespraak gesê het: "As ons nasie inderdaad soos die spreekwoordelike feniks uit die as van verdeling en konflik moet verrys, moet ons erkenning gee aan diegene wie se onbaatsugtige werke en talente toegewy was aan hierdie doelwit van ’n nie-rassige demokrasie."

Sien ook

Tags:

24 SeptemberBraaiOpenbare vakansiedae in Suid-AfrikaSuid-AfrikaZoeloes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkroniemFabelWikiquoteTrekarbeidPoesVerouderingAfrikaPaasfeesVaginale kankerAfrikaanse TaalmonumentSonnestelselKonkaGeestesteuringTobie CronjéSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Nelson MandelaSwangerskapWortelSuider-Afrikaanse ietermagogStingelKlitorisEkonomiese sektorAlliterasieGraanBernice WestVyfsterNardusBorrieWilna SnymanDie Stem van Suid-AfrikaAgtervoegselDuitse maselsTarentaleImamBakterieWebblaaierPornografiese akteurAfrikaanse WikipediaBreinKoggelmanderOu Cyrilliese alfabetBoelieryWaterbesoedelingHeupBarbertonse broodboomItaliëParasetamolBul (sterreteken)AdolessensieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBloeddrukKunstenaarKweperJersey CityAlkoholismeSkaapApartheidEmfiseemGalblaasLichtenburgSeksualiteitBlackie Swart (sanger)AkuutKaapse AfrikaansNuwe TestamentVoortplantingSuid-Afrikaanse GrensoorlogMadison IvyOorkruipersEpilepsieMootDiarreeOekraïense argitektuurBuffel🡆 More