Angolese Burgeroorlog: Verwoestende burgeroorlog wat gewoed het tussen 1975 en 2002 in Angola, Suidelike Afrika

Die Angolese Burgeroorlog (Portugees: Guerra civil angolana) was 'n burgeroorlog in Angola, wat in 1975 begin en met tussenposes voortgeduur het tot in 2002.

Die oorlog het onmiddellik nadat Angola onafhanklik geword het van Portugal in November 1975 begin. Die oorlog was 'n magstryd tussen twee voormalige bevrydingsbewegings, die Movimento Popular de Libertação de Angola (MPLA) en die União Nacional para a Independência Total de Angola (UNITA). Die oorlog is ook gebruik as 'n surrogaatslagveld vir die Koue Oorlog deur mededingende state soos die Sowjetunie, Kuba, Suid-Afrika en die Verenigde State.

Die MPLA en UNITA het verskillende wortels gehad in die Angolese samelewing en wedersyds onverenigbare leierskap, ten spyte van hul gemeenskaplike doel om die koloniale heerskappy te beëindig. 'n Derde beweging, die Frente Nacional de Libertação de Angola (FNLA), het saam met die MPLA en UNITA tydens die oorlog vir onafhanklikheid geveg, maar het 'n geringe rol in die burgeroorlog gespeel. Daarbenewens het die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, (FLEC), 'n vereniging van separatistiese militante groepe, geveg vir die onafhanklikheid van die provinsie Cabinda van Angola.

Die 27-jarige oorlog kan verdeel word in drie periodes van groot gevegte - van 1975 tot 1991, 1992 tot 1994 en vanaf 1998 tot 2002 - met brose periodes van vrede tussenin. Teen die tyd dat die MPLA oorwinning behaal het in 2002, het meer as 500 000 mense gesterf en is meer as een miljoen mense intern verplaas. Die oorlog het Angola se infrastruktuur verwoes en die openbare administrasie, die ekonomie en godsdienstige instellings is erg beskadig.

Die Angolese Burgeroorlog was noemenswaardig weens die kombinasie van Angola se gewelddadige interne dinamika en massiewe buitelandse ingryping. Die oorlog het 'n Koue Oorlog-stryd geword, aangesien die Sowjetunie en die Verenigde State, met hul bondgenote, militêre hulp verleen het aan partye in die konflik. Die konflik het nou verwant geraak met die Tweede Kongo-oorlog in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo en die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AngolaBurgeroorlogKoue OorlogKubaMPLAOorlogPortugalPortugeesSowjetunieSuid-AfrikaUNITAVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersWalvisHoofkarakterAfrikaanse WikipediaBosluisbytkoorsKaapse MaleiersKlimaatNasionale lied van Suid-AfrikaWoestynBedryfstelsel (inligtingstegnologie)MasturbasieAlkoholismeGrondWerkwoordPrimêre sektor van die ekonomieAngolaGrondwet van Suid-AfrikaVenda (taal)KarooVoedselkettingKunsmatige algemene intelligensieWynErosietipesSwitserlandSoogdierAfrikaanse naguilBoelieryVersoeningsdagEkonomieGalblaasBevolkingOrtopedieBernice WestDie GelofteIntensiewe vormEerste WêreldoorlogPaasfeesTrekarbeidVerkleinwoordGeldWaarheid-en-versoeningskommissieMpumalangaNelson MandelaStaalJohn Brown (aktivis)HartEtniese groepKoolhidraatBeroerteAfrikaanse taalleerFamilie (verwantskap)Saartjie BaartmanFietsNag van die lang messeErfenisSuid-Afrikaanse InkomstediensVormDramaKweekhuisgasSkilpadImpakte van toerismeWêreld- Ekonomiese ForumKernoorlogBorskankerHeks van HexrivierHernubare energieKaartEben EtzebethPlaasjapieKoolstofdioksiedSuurstofNiemetaalFotosinteseRoesProstaatklierGriekwa-Afrikaans🡆 More