Kweekhuisgasse is gasse in die Aarde se atmosfeer wat radiasie in die termiese infrarooi band absorbeer en uitstraal.
Hierdie proses is die fundamentele oorsaak van die kweekhuiseffek. Die vernaamste kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer is waterdamp, koolstofdioksied, metaan, laggas en osoon. In die sonnestelsel bevat die atmosfere van Venus, Mars en Titaan ook gasse wat die kweekhuiseffek veroorsaak. Kweekhuisgasse het 'n geweldige invloed op die temperatuur van die Aarde se atmosfeer; sonder hierdie gasse sal die Aarde se oppervlakte gemiddeld 33°C kouer wees.
Die verbranding van fossielbrandstowwe sedert die begin van die Industriële Revolusie het die vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer beduidend laat toeneem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kweekhuisgas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.