Mpumalanga

Mpumalanga is een van die nege provinsies van Suid-Afrika.

Die hoofstad is Nelspruit (sedert 2009 ook bekend as Mbombela). Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroeër bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat dié provinsie uit 'n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit dele van vier gewese Bantoestans (tuislande): KaNgwane, KwaNdebele, Gazankulu en Lebowa.

Mpumalanga
Mpumalanga
Vlag
Mpumalanga
Wapen
Mpumalanga
Oppervlak 76 495 vk km
Bevolking (2011) 4 039 939
Bevolking (2017 skat) 4 440 000
Bevolkingsdigtheid 53 / vk km
Tale Swazi (27,7%), Zoeloe (24,1%), Tsonga (10,4%), Suid-Ndebele (10,1%), Noord-Sotho (9,3%), Afrikaans (7,2%)
Etniese verdeling Swart mense (90,7%), Wit mense (7,5%),
Bruin mense (0,9%),
Asiërs (0,7%)
Hoofstad Nelspruit (Mbombela)
Premier Refilwe Mtsweni-Tsipane (ANC)

Belangrikste nedersettings

Demografie

Mpumalanga 
Meerderheidstale in Mpumalanga:

   Afrikaans

   Engels

   Suid-Ndebele

   Xhosa

   Zoeloe

   Noord-Sotho

   Tswana

   Swazi

   Tsonga

   Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2011-sensus): 4 039 939.
  • Tale: Swazi (27,7%), gevolg deur Zoeloe (24,1%), Tsonga (10,4%), Suid-Ndebele (10,1%), Noord-Sotho (9,3%) en Afrikaans (7,2%).

Geografie

  • Oppervlakte: Sowat 78 370 km².

Ligging en topografie

Aan Mpumalanga se oostekant lê Mosambiek en eSwatini, terwyl die provinsie Gauteng aan die westekant lê. Na die suide is die provinsies Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die westelike deel van Mpumalanga lê op die Hoëveld, 'n plato wat oor 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland strek. Die Drakensbergreeks verrys in die noordooste van die provinsie. In die ooste daal die land plotseling na die sogenaamde Laeveld met sy subtropiese plantegroei.

Ekonomie

Mpumalanga 
Ingangshek na Skukuza, die hoofruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin

Hout, steenkool, vervaardiging, landbou en toerisme is alles deel van Mpumalanga se geskakeerde ekonomie. Die provinsie sorg vir sowat 85% van Suid-Afrika se steenkool, terwyl Witbank die grootste steenkoolprodusent in Afrika is. Die grootste kragsentrales word hier aangetref. Papier en vlekvrye staal word ook vervaardig. Daar is 'n groot papiermeule by Ngodwana, terwyl Middelburg staal en vanadium produseer. Onder die vernaamste landbouprodukte is mielies, suikerriet en sitrusvrugte, en skaap- en suiwelboerdery word ook beoefen. Benewens steenkool word minerale soos mangaan, goud en yster ontgin. Die provinsie is 'n baie gewilde toeristebestemming: die Krugerwildtuin en omliggende reservate lok 'n menigte besoekers, ook vanuit die buiteland.

Bronne


Verwysings

Eksterne skakels

Provinsies van Suid-Afrika Mpumalanga 
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap

30°O / 26°S 30°O / -26; 30

Tags:

Mpumalanga Belangrikste nedersettingsMpumalanga DemografieMpumalanga GeografieMpumalanga EkonomieMpumalanga BronneMpumalanga VerwysingsMpumalanga Eksterne skakelsMpumalangaBantoestanGazankuluHoofstadKaNgwaneKwaNdebeleLebowaNelspruitProvinsies van Suid-AfrikaSuid-AfrikaTransvaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verlede tydTweede WêreldoorlogEmfiseemLys van musiekinstrumenteCarles PuigdemontLeonardo da VinciElon MuskMaselsAgtervoegselGriekwa-AfrikaansSiya KolisiWiskundeKangaroeTuberkuloseKlavierTamatieVaginale kankerVeerWes-KaapLys van Afrika-lande2001Aarde se atmosfeerPersoonlikheidPaddaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSteve BikoHartseerKameelperdFacebookVormOutismeShakaNaaldekokerSeksueel oordraagbare infeksiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsMenseregtedagJodeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBrongitisTsongaIngrid JonkerStaalSuurreënAardeAborsiePenisGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaWiki CommonsMuishondSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieKarretjiemenseHerpes simplexBruto binnelandse produkWikimedia-stigtingDuitsGeldWerwelkolomSokkerMantisKerrieDeelwoordSirkusAarverkalkingGrondwetApartheidInternetSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Anneli van RooyenLys van hoofstedeErfenishulpbronAntoniemGreen PornoBeesvleis🡆 More