Plaasjapie: Suid-Afrikaanse TV-reeks

Plaasjapie is 'n werklikheidsreeks wat op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai word.

Plaasjapie
Genre Werklikheid
Aangebied deur Ewan Strydom
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET
Oorspronklike lopie 14 Julie 2022

Die reeks gaan oor 18 stads- of dorpsmense wat geen boerdery- of plaaservaring het nie en 'n maand lank in 'n skuur op 'n skuur moet bly en werk soos boere van ouds.

Die reeks word Donderdagaande om 20:00 op KykNET uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Reekse

Reeks Episodes Oorspronklik uitgesaai
Eerste uitgesaai Laaste uitgesaai
1 13 14 Julie 2022 (2022-07-14) 6 Oktober 2022 (2022-10-06)

Produksie

Twee spanne word in verskillende kampe op 'n oop stuk grond van vyf hektaar op 'n plaas buite Philadelphia in die Swartland aan die Weskus geplaas. Die spanne sal verskeie uitdagings en take moet aanpak om as die wenspan aangewys te word. In elke episode sal 'n lid uit die verloorspan die trekpas kry en in die finale uitsending sal daar twee deelnemers wees wat sake vir die miljoen rand uitspook.

Weekliks sal 'n spanleier aangewys word en 'n plaasjapie in die wenspan kan weekliks ook 'n luuksheid kies. Die deelnemer se luuksheid verlaat egter die plaas saam met hulle indien die deelnemer uitgestem word.

Deelnemers sal vir die eerste keer in hul lewe boerdery moet aanpak, maar sal geen moderne tegnologie tot hul beskikking hê nie en gaan die plaaslewe kaalhand moet trotseer.

Deelnemers

Deelnemer Ouderdom Tuisdorp Span Episode Uitgestem Plek Klaargemaak
Cecil 40 Kaapstad Groen / Rooi
Dian 29 Pretoria Groen
Esteban 24 Krugersdorp Groen / Rooi
Leo-Nene 30 Centurion Groen
Stefan 23 Pretoria Rooi
Bean 39 Langebaan Groen Episode 11 6de
Billy 43 Pretoria Rooi Episode 10 7de
Arthur 37 Boksburg Rooi Episode 9 8ste
Suzette H 55 Kroonstad Groen Episode 8 9de
Suzette I 30 Randburg Rooi Episode 7 10 de
Roché 30 Kaapstad Groen Episode 6 11de
Gerda 56 Brackenfell Rooi 12de
Marius 45 Kimberley Rooi Episode 5 13de
Jurie 44 Kriel Rooi Episode 4 14de
Deon 29 Saldanha Rooi 15de
Elton 41 Klerksdorp Groen Episode 3 16de
Laurika 46 Kleinmond Groen Episode 2 17de
Kayla 24 Vereeniging Rooi Episode 1 - Onttrek vir mediese redes. 18de

Eliminasie Tabel

Plek Deelnemer Episode
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11
Cecil WS VS SKV SKW WS WS WS VS WS SKW WS
Dian SKW SKV SKV WS SKW WS SKW VS WS WS SKV
Esteban WS VS VS WS WS VS VS WS VS VS WS
Leo-Nene WS VS VS WS SKW WS WS WS WS WS VS
Stefan VS WS WS VS VS VS SKV WS SKV SKV SKW
6 Bean WS VS VS WS WS SKW WS VS SKW WS UIT
7 Billy VS WS WS VS SKV VS VS WS VS UIT
8 Arthur VS SKW WS VS VS VS VS WS UIT
9 Suzette H WS VS VS WS WS WS WS UIT
10 Suzette I VS WS SKW SKV SKV SKV UIT
11 Roché WS VS VS WS WS UIT
12 Gerda SKV WS WS VS VS UIT
13 Marius VS WS WS VS UIT
14 Jurie VS WS SKW UIT
15 Deon VS WS WS UIT
16 Elton WS VS UIT
17 Laurika WS UIT
18 Kayla UIT
         (WS) Deelnemer was deel van die wenspan.
         (VS) Deelnemer was deel van die verloorspan.
         (SKV) Deelnemer was die spankaptein van die verloorspan.
         (SKW) Deelnemer was die spankaptein van die wenspan.
         (UIT) Deelnemer was uitgestem.

Episodes

Reeks 1 (2022)

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
11Ons ontmoet die 18 stadsjapies wat op die plaas gaan woon. Hulle word in twee spanne verdeel om saam nes te skrop en leer vinnig die lewe is moeiliker sonder al die luukshede van die stad.14 Julie 2022 (2022-07-14)
22Die werk vermeerder op elke plaas. Die spankapteine het hulle hande vol met al die gekonkel op elke plaas, en vriendskappe word net so vinnig gesmee soos wat irritasie en vyandskappe begin.21 Julie 2022 (2022-07-21)
33Die 16 oorblywende stadsjapies word geleer hoe om te ploeg en plant. Die uitdaging veroorsaak spanning in elke span. Die verloorspan moet oudergewoonte iemand huis toe stuur.28 Julie 2022 (2022-07-28)
44Ewan gee aan elke span 'n spesiale geskenk wat almal baie opgewonde maak. Die twee spanne leer hierdie week dat niks op die plaas gemors word nie, want Ewan nooi almal om afval te eet.4 Augustus 2022 (2022-08-04)
55Na die groot verrassing tydens die vorige Koöperasie kuier, is die spanning op elke plaas nou op kookpunt. Die spanne kompeteer met skaapskeer en skaaptel.11 Augustus 2022 (2022-08-11)
66Die twee spanne neem deel aan 'n uitmergelende reeks Boeresport aktiwiteite, en aan die einde van die dag kry almal die kans om hul grootste vyand in die rug te steek.18 Augustus 2022 (2022-08-18)
77Die stadsjapies kry 'n kans om hul eie mielielande te oes en besef vinnig dat dit baie moeiliker is as almal in die span nie hul deel doen nie.23 Augustus 2022 (2022-08-23)
88Die stadsjapies kru uiteindelik 'n kans om hul koeie te melk en 'n baie moeilike uitdaging sorg vir baie spanning op een van die plase.1 September 2022 (2022-09-01)
99Die stadsjapies word uitgedaag om 'n moelike taak te voltooi en 'n nuwe uitdaging lei na baie spanning vir een van die spanne.8 September 2022 (2022-09-08)
1010Die spanne word uitgedaag om hul kooktalente te wys met vars produkte vanaf Boer Ewan se plaas.15 September 2022 (2022-09-15)
1111Die spanne leer bietjie meer oor jakkalse en hoe moeilik 'n kettie kan wees in die verkeerde hande.22 September 2022 (2022-09-22)
1212Die oorblywende deelnemers se uithouovermoë word tot die uiterste beproef.29 September 2022 (2022-09-29)
1313Die laaste twee stadsjapies neem deel aan 'n reeks uitdagings om te sien wie die ware plaasjapie is.6 Oktober 2022 (2022-10-06)

Tags:

Plaasjapie ReeksePlaasjapie ProduksiePlaasjapie DeelnemersPlaasjapie Eliminasie TabelPlaasjapie EpisodesPlaasjapieDStvKykNETWerklikheidsreeks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Die GelofteShine4HondOu Cyrilliese alfabetOutismeDaggaTV GloboRina HugoMin ShawSeekoeiGeelsugSybel CoetzeeWilna SnymanBuck AngelLys van argaïsmesKomma (lied)LewerRooikatAndré SchwartzKolitisGroep TweeBloublasieTrevor NasserBorrieKykNETNiersteenEnsiklopedieSuid-AfrikaWena NaudéMootTwaalf Stamme van IsraelKlavierAdolf HitlerTsoenamiGeestesgesondheidBorsteEngelsBeenbreuke en ontwrigtingsOntwerpGewerweldesWaterpokkiesProteïenGroot TrekBreingewasIerse nasionale rugbyspanRuan PienaarRuhan du ToitOumansoutbosWewervoëlsYstervarkCarles PuigdemontLien se lankstaanskoeneBobbejaanWoordsoortVeganismeLettergreepCarike KeuzenkampJana CilliersAbstraksie (rekenaarwetenskap)BrugBelastingMIVKoorsPVarkMaagApostelPersoonlikheidLongLys van elemente volgens simboolSuid-Afrikaanse randBiologiePotchefstroom🡆 More