Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm , wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas (as een woord) geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker .
Laurel en Hardy, een is brandmaer en die ander een spekvet . Afrikaans
Stand Die tale wat ons praat (2018) som die stand van intensiewe vorme in Afrikaans so op:
Baie van hierdie vorme het al geyk geraak. Jonger sprekers sal hulle nie noodwendig almal meer ken nie. Desondanks maak intensiewe vorme van taalleerplanne in skole, veral vir die aanleer van Afrikaans as addisionele taal, steeds 'n gewilde deel uit. Ook as 'n maklike en vinnige manier om toets- en eksamenvraestelle gevul te kry! Maar as leerders intensiewe - en baie ander! - vorme bloot papegaaiagtig moet baasraak: Hoeveel geleentheid laat dit hulle om self kreatief met Afrikaans om te gaan, die genot dáárvan en die hedendaagse seggingskrag van Afrikaans te ontdek? Op dieselfde manier as wat intensiewe vorme oorspronklik ontstaan het: Uit die kreatiewe, speelse, funksionele gebruik en aanwending van die lewende taal self. Van Afrikaanse skrywers, digters en joernaliste hang dit af of nuwer, varser intensiewe vorme geskep gaan word. Dat mense wat dit lees, sulke nuutskeppings in hulle algemene, alledaagse taalgebruik sal opneem, is natuurlik geen uitgemaakte saak nie. Van tyd tot tyd kom 'n mens in die omgang wel nuwe, interessante intensiewe vorme teë, maar ongelukkig word opvallend baie van dié skeppings met drie- en vierletterwoorde gevorm wat 'n mens in keurige geselskap nie kan herhaal nie.
Eienskappe Intensiewe vorme word dikwels gevorm deur die volgende konstruksies
Woordsoortelike korrelate Voorbeeld (i) Byvoeglike naamwoord (b.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) blinknuut, blinkvet, dolbly (ii) Selfstandige naamwoord (s.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) kniediep, toringhoog, fluweelsag, koeëlrond, glashelder, snaarstyf, asvaal, koolswart, broodnodig, moddervet, sopnat (iii) Werkwoord (ww.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) skreeupers, skokpienk, troetelsag, stikwarm, gloeiwarm
Nietemin kan niks in die skrywer se pad staan om met digterlike vryheid eie intensiewe vorme te skep wat alle reëls oorskry nie, soos:
Witwarm-bloedstollend-dring-in-sy-vleis-seer - Uit: Ballade vir 'n Enkeling , 2014, Leon van Nierop , Kaapstad: Tafelberg, bl. 412 Hoewel aangevoer word dat intensiewe vorme van die adjektief normaalweg geen graadtrappe het nie (soos beeldskoon , waarvan *beeldskoner en *beeldskoonste onmoontlik is), is daar wel by plankdun , spierwit en stokoud slegs die stellende en oortreffende trap aangeteken:
plankdun – plankdunste spierwit – spierwitste stokoud – stokoudste Gewoonlik is daar nie 'n vergelykender trap nie:
pikswart – pikswartste horingoud – horingoudste goudgeel – goudgeelste Gedeeltelike reduplikasie is ook moontlik, solank 'n koppelteken toegevoeg word:
Hy is hond -hond mak. Die grond is klip -klip hard. Die sakeman is skat -skat ryk. Hy is spier -spier wit en sy oë is so groot soos pierings gerek. Soms word die intensiewe vorm selfs verder intensiveer met die aanvangskomponent morsdood- of ander verbindings:
morsdood + moeg → morsdoodmoeg morsdoodbang , morsdoodgedaan , morsdoodsiek , morsdoodstil , morsdoodverlief en morsdoodvervelig is verdere voorbeelde blind + helderverlig → blindhelderverlig Voorbeelde 'n Aantal voorbeelde van intensiewe:
af – morsaf, regaf agter – heelagter agteroor – rûensagteroor alleen – stokalleen, stoksielalleen, moedersielalleen, , moederstoksielsaligalleen, vingeralleen, doodalleen, sielalleen, stoksielsaligalleen, mensalleen, vroualleen, manalleen, skepsel-alleen arm – brandarm, doodarm, straatarm, bedelarm, blêrarm , bloedarm bang – dood(s)bang, vrekbang, yskoudbang, skytbang en broekskytbang (obseen), siekbang, sissiebang, haasbang, lambang, hondbang bedaard – doodbedaard bederf/bedorwe – diepbedorwe bedroef – diepbedroef bedrywig – miernesbedrywig bekend – alombekend, doodbekend, wêreldbekend, wydbekend bekommerd – doodbekommerd belangrik – lewensbelangrik beledig – doodbeledig belese – blinkbelese bemind – teerbemind, alombemind benoud – dood(s)benoud beroemd – wêreldberoemd besig – druk besig, rasend besig, dol besig besope – stombesope betyds – doodbetyds bewoë – diepbewoë bitter – galbitter, alsbitter, alsembitter, aalwynbitter, alweebitter blank – lelieblank, spieëlblank, sneeublank, silwerblank, pêrelblank, melkblank bleek – doodsbleek, wasbleek, fletsbleek, geelbleek, wurmbleek, asbleek, maanbleek, grafbleek, melkbleek , lykbleek blind – stokblind, stekelblind blink – bottelblink, skitterblink, spieëlblink, diamantblink, sonblink, sweetblink (spiere), silwerblink, politoerblink, kraakblink, kristalblink, poetsblink blond – bottelblond, vlasblond, sonblond, koringblond blou – potblou, , botblou, erdblou, baftablou, hemelsblou, blouselblou, branderblou bly – doodbly, hondbly, dankiebly, dolbly, sielsbly bo – heelbo bont – papegaaibont, kakelbont, strontbont (plat) braai doodbraai brand doodbrand breed – hemel(s)breed, wêreldbreed, bergbreed broos – seepbelbroos bros – kraakbros bruin – grondbruin, bergbruin (water; stroom), modderbruin, vetbruin, beskuitbruin, neutbruin, bessiebruin, karamelbruin, waksbruin, sjokoladebruin, heuningbruin, kraakbruin (kos) dapper – doldapper deftig – kraakdeftig deur – middeldeur, dwarsdeur diep – afgronddiep, enkeldiep, kniediep (kniediep in die moeilikheid; kniediep voordag (douvoordag)), pensdiep, skouerdiep, nekdiep, kraakdiep dig – potdig, botdig dik – trommeldik, knuppeldik (met sy verwante knepeldik, kneweldik, knubbeldik, knipdik, knippeldik ), dwarreldik dof – droomdof dom – aartsdom, eseldom, horingdom, klipsteendom donker – pikdonker, stikdonker, nagdonker, oliedonker, skemerdonker, gietdonker, angsdonker doodsdonker, gitdonker, gitswartnagdonker, grotdonker, dikdonker, , tonneldonker , gatdonker dood – morsdood, klipdood, dikdood dood (dooierig) – dikdood/dikdooi doof – stokdoof, potdoof dor – beendor, kraakdor, kurkdor dries (astrant, aanmatigend, vermetel, brutaal) – doldries driftig – doldriftig droef – kerkhofdroef dronk – smoordronk, stomdronk, , dooddronk , stormdronk, papdronk, dikdronk, slingerdronk, poepdronk (plat), horingdronk, duiseldronk, bibberdronk, katdronk , diepdronk, kanondronk droog – kurkdroog, botdroog, poeierdroog, horingdroog, houthoringdroog, stofdroog, tonteldroog, kurkhoringdroog, dordroog, beendroog, hooidroog, houtskooldroog, kraakdroog duidelik – glasduidelik, klaarduidelik dun – plankdun, papierdun , vliesdun, haardun, kraakdun (porselein, glas of stem), flenterdun, ragdun, riemdun, naalddun, dennenaalddun, posbusdun (lippe), grasdun, , stokkiedun , donkiebeendun, rafeldun, asemdun, wafeldun, draaddun, garingdun, lemdun duur – peperduur, bitterduur, vrekduur dwars – plankdwars (jagtaal: wanneer 'n dier heeltemal dwars staan, gereed om geskiet te word) eens – doodeens eenvoudig – doodeenvoudig, blooteenvoudig, kindereenvoudig eerlik – doodeerlik eg – goudeg eie – bloedeie ellendig – doodellendig erg – dooderg ernstig – doodernstig, sielsernstig , vry-ernstig fiks – topfiks flou – stokflou, doodflou fris (gesond) – perdfris, kikfris, appelfris kikfris (nie algemeen) fris (vars) – doufris, komkommerfris, lentefris, kraakfris vonkelfris, tintelfris, dartelfris , windfris fyn – haarfyn, ragfyn, piekfyn, flenterfyn, veselfyn, naaldfyn, kraakfyn, poeierfyn (stof), wasfyn, spinnerakfyn/spinragfyn, , porseleinfyn vlinderfyn, feëfyn, stippelfyn gaar – doodgaar gedaan – doodgedaan, morsgedaan , morsdoodgedaan gedwee – hondgedwee gedienstig – hondgedienstig geduldig – doodgeduldig geel – goudgeel, kerriegeel, borriegeel, knalgeel, vlamgeel, kanariegeel, mosterdgeel, giggelgeel (skertsend), songeel, wortelgeel, sonneblomgeel, sonskyngeel , bottergeel, koringgeel geesdriftig – doodgeesdriftig gek – stapelgek, dolgek gelief – alomgelief gelukkig – doodgelukkig, dolgelukkig, sielsgelukkig, stralend gelukkig, duifgelukkig gemaklik – doodgemaklik gereed – slaggereed gerus – houtgerus, perdgerus, doodgerus, houtpopgerus, Engelsgerus gesond – blakend gesond, kerngesond, oergesond getroos – doodgetroos getrou – lewensgetrou, hond(s)getrou gevaarlik – doodsgevaarlik, lewensgevaarlik gevoelig – fyngevoelig, teergevoelig gewillig – doodgewillig, eselsgewillig gewoon – doodgewoon, blootgewoon giftig – groengiftig glad – spieëlglad, seepglad, palingglad, snotglad, botterglad (tong), aalglad, ivoorglad, masjienglad, satynglad , roomglad, blinkglad, meerminglad, glipglad, kraakglad, skiglad, straalglad, streelglad goed – bittergoed, doodgoed goedkoop – spotgoedkoop, doodgoedkoop goor – hondgoor gou – blitsgou graag – dolgraag, bittergraag, hartsgraag, doodgraag, dubbelgraag groen – grasgroen , lowergroen, smaraggroen , knalgroen, nylgroen, knarsgroen, brommergroen (van jaloesie ), varsgroen, soelgroen, bottelgroen , olyfgroen , banknootgroen groot – reusegroot , tamaaigroot, lewensgroot grou – asgrou, loodgrou, vaalgrou grys – asgrys, loodgrys, haastig – dolhaastig doodhaastig hard – kliphard, ysterhard, keihard, keisteenhard, klipsteenhard, klipsteenkalbashard, skreeuhard, staalhard, steenhard, spykerhard, kwashard, rotshard, skokhard (klank), houthard, olienhouthard, harshard, beenhard, kraakhard, diamanthard heet – brandheet, snikheet, stikheet, smoorheet , bloedheet, brandendheet helder – glashelder, klokhelder, kristalhelder, jenewerhelder, knalhelder, silwerhelder, skelhelder, stroophelder, skreeuhelder (kleure), sonhelder, yshelder, brandhelder, waterhelder honger – hondshonger, doodhonger, skreeuhonger, wolfshonger, bloedhonger hoog – hemelhoog, bergehoog/bergenshoog/berghoog/berghoë toringhoog, helhoog (in spreektaal gebruik), sterhoog jammer – doodjammer jong (attributief)/ jonk (predikatief) – bloedjonk, piepjonk, stralend-jong kaal – poedelkaal, poedelnakendkaal (kyk ook na naak ), winterkaal (landskap, tuin), rotkaal kak – hondkak (plat)[verwysing benodig ] kalm – doodkalm kil – yskil, doodkil klaar (duidelik) – klinkklaar klam – slymklam klein – piepklein, muisklein, voëltjieklein, varkklein (oë), speldklein knies - doodknies koel – komkommerkoel, doodkoel kook – doodkook koppig – vrekkoppig koud – yskoud, piskoud (plat), bibberkoud, klipkoud, rilkoud, vars-koud, doodkoud, kraakkoud, vrieskoud, ritteltitkoud krom – hoepelkrom kwaad – smoorkwaad, doodkwaad, booskwaad, rasend kwaad, rooikwaad, siedend kwaad , blindkwaad laag – hondlaag (gemeen) lag – doodlag lam – boeglam, doodlam lang – ellelang lank – lewenslank, doodlank leeg – dolleeg, botleeg, dopleeg lekker – smullekker, watertandlekker , vreklekker, vingerleklekker, doodlekker, kraaklekker lelik – skreeulelik, skreelelik, skulelik, hondlelik, foeilelik, blêrlelik, vreklelik, rondomlelik lewendig – springlewendig lig – veerlig, vlinderlig, strooiligte (vermaak ), helderlig, klaarlig, veertjielig, donslig luglig logies – doodlogies lui – doodlui, aartslui, sleglui, donkielui, vreklui luiters – doodluiters, doodleuters lus – doodlus maer – brandmaer, biltongmaer (informeel), doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer, riemmaer, broodmaer, houtmaer , graatmaer mak – hondmak, skaapmak, doodmak , doodmak maklik – doodmaklik, spotmaklik, hondmaklik mal – stapelmal, aapmal, stapelmal min – bloedmin, broodmin mislik – kotsmislik (plat) modern – kraakmodern, Piet Modrian-modern moeg – doodmoeg, sterwensmoeg, lewensmoeg, hondmoeg, stokmoeg moeilik – doodmoeilik, hondmoeilik, vrekmoeilik, mensmoeilik mooi – beeldmooi, popmooi, prentjiemooi, wondermooi, blinkmooi, glansmooi, hoendervleismooi, hoendervelmooi, feetjiemooi, poskaartmooi, sprokiesmooi, vrekmooi, reënboogmooi, skittermooi naak (nakend) – poedelnaak (-nakend), spiernaak, splinternakend, moedernaak, spleinakend, naby – doodnaby nat – papnat, sopnat, waternat, papwaternat, papsopnat, sopwaternat, druipnat, kletsnat, sweetnat, brandernat, blinknat, watersopnat, katnat, deurnat natuurlik – doodnatuurlik netjies – kraaknetjies nodig – broodnodig, hoognodig nood – doodsnood noodsaaklik – lewensnoodsaaklik normaal – doodnormaal nugter – doodnugter, bloednugter, spooknugter nuttig - doodnuttig nuuskierig – doodnuuskierig, aartsnuuskierig nuut – splinternuut, spiksplinternuut, winkelnuut, kraaknuut, blinknuut, gloednuut, vonkelnuut, pronknuwe, skelnuut, nikkelnuut, pleisternuut, fluitnuut glinsternuut onder – botonder ongelukkig – sielsongelukkig, doodongelukkig onnosel – kliponnosel, stomonnosel, stomponnosel, domonnosel onskuldig – doodonskuldig , broodonskuldig (gewestelik ) ontsteld – sielsontsteld doodontsteld oop – wawyd oop oortuig – doodoortuig op – doodop oranje – skeloranje orent – penorent, kiertsorent, pennetjieorent oud – stokoud, horingoud, beenoud, oeroud, stokhoringoud pap – lam-pap pers – skreeupers, pimpelpers pienk – skelpienk knalpienk, skokpienk , skreepienk, skreeupienk, uitkloppienk, felpienk, fokkieng pienk (vulgêr; shocking + fok ), koejawelpienk prettig – doodprettig, dolprettig raak – doodraak – ('n hou doodraak slaan) reg (reguit) – loodreg reg (orde, toestand, korrektheid, gereedheid) – doodreg, roerreg regaf – loodregaf regop – penregop, kersregop, kiertsregop, peilregop, aartsregop, loodregop, erdmanregop, haaksregop reguit – pylreguit, penreguit, reëlreguit, koeëlreguit, snaarreguit, lynreguit, stokreguit, strykplankreguit rein – hemelrein, engelrein rond – koeëlrond, balrond, appelrond (gesig, wange), bolrond, tolrond, pieringrond rooi – bloedrooi, skarlakenrooi, knalrooi, krasrooi, tamatierooi, bitterrooi, oorlogrooi, vlamrooi, vuurrooi, robynrooi, ryprooi, posbusrooi rou – bloedrou (vleis) rustig – doodrustig ryk – skatryk, bossiesryk, stinkryk, vrotryk ryp – papryp, doodryp , kraakryp, vrotryp saai – doodsaai (vervelend) saf – papsaf sag – papsag, donssag, doeksag/doeksaf, satynsag, troetelsag, murgsag, smeltsag, fluweelsag (stem), katsag, engelsag, asemsag, bottersag, poeiersag, melksag, roomsag, blouselsag, droomsag, leunstoelsag, soepelsag, streelsag, wolksag salig – sielsalig seker – doodseker, klipseker sekuur – doodsekuur, fynsekuur siek – hondsiek, doodsiek, vrotsiek, skandesiek simpel – doodsimpel sindelik – kraaksindelik skaam – doodskaam, rooiskaam skaars – doodskaars, droogteskaars skeef – windskeef skelm – jakkalsskelm skerp – vlymskerp, elsskerp, haarskerp (beeld), rasperskerp, skeermesskerp, naaldskerp, blitsskerp (beeld), bliksemskerp (beeld), droomskerp (beeld, detail), lemskerp, krisskerp, priemskerp, swaardskerp skoon (estetika) – beeldskoon, bloedskoon, porseleinskoon (vel, gelaat), wonderskoon, blomskoon skoon (helder) – kristalskoon, skoon (higiëne) – silwerskoon, kraakskoon, blinkskoon, skitterskoon , sprankelskoon, glansskoon skraal – rietskraal, geraamteskraal skrik – doodskrik skrum – doodskrum sku – skilpadsku skurf – rasperskurf slank – soepelslank slap – papslap sleg – doodsleg, papsleg, daggasleg, vreksleg, vrotsleg, hondsleg, kaksleg (obseen) slim – vrekslim slinks – jakkalsslinks snaaks – skreeusnaaks, skreesnaaks, rasend snaaks, doodsnaaks snel – blitssnel, bliksemsnel, koeëlsnel, pylsnel, rasendsnel, orkaansnel, windsnel, stralersnel soet – suikersoet, stroopsoet, heuningsoet, engelsoet sout – pekelsout stadig – doodstadig , skilpadstadig, slakstadig sterk – ystersterk, beersterk, wondersterk, reusesterk, stormsterk (wind), oersterk, beessterk, draadsterk, gifsterk (koffie/tabak ), klipsterk stil – doodstil, tjoepstil, bladstil, botstil, botdoodstil, stokstil , muisstil, grafstil, kerkstil, kerkhofstil, klipstil, stofstil, witstil, nagstil , grotstil , tonnelstil, kiepstil (nie algemeen) styf – stokstyf, boomstyf (argaïes saam met liggaamsdele/ledemate gebruik; ook boomvas ), snaarstyf (draad, senuwees, spanning, situasie), kraanstyf, kraakstyf, klipstyf suinig – vreksuinig, stiksuinig suiwer – kristalsuiwer, glassuiwer sukkel – doodsukkel suur – asynsuur, brandsuur, doodsuur swaar – loodswaar, klipswaar, stormswaar (gesigte), kraakswaar, kreunswaar, hamerswaar (hou, slag) swak – kuikenswak, doodswak, hoenderswak swart – pikswart, gitswart, pikgitswart, nagswart, roetswart, koolswart, (pik)gietswart, raafswart, steenkoolswart, skemerswart, blinkswart, inkswart swoeg – doodswoeg taai (buigsaam, maar moeilik breekbaar) – seningtaai, biltongtaai, rubbertaai taai (gehard, ook moeilik) – rateltaai, toffietaai (wedstryd ), hondstaai, karootaai (plant ) taai (klewerig) – heuningtaai, toffietaai tevrede – doodtevrede, oertevrede tjank – doodtjank toe – bottoe, pottoe, digtoe treur – doodtreur trou – hond(e)trou (byvoorbeeld: hondetroue oë ) vaak – doodvaak vaal – asvaal, muisvaal, roetvaal, doringvaal vars – neutvars, oondvars, kraakvars, kersvers (of kersvars), douvars, kekkelvars (informeel), tuinvars, reënvars (grond, lug, groente ens.), seevars, stoomvars (gebak), lentevars (blomme, huis, voorkoms), plaasvars, bloedvars , blinkvars, blomvars, parfuumvars vas – rotsvas, doodvas, bankvas, paalvas (blik, kyk, uitdrukking; houding; feit of stelling ), klipvas, ystervas, neetvas (sit/kleef) veel – dolveel veilig – doodveilig verbaas – stomverbaas, doodverbaas ver – doodver vererg – doodvererg verkluim – doodverkluim verlate – doodverlate verlief – smoorverlief, doodverlief, dolverlief, malverlief verleë – doodverleë verlig – helderverlig vermoeid – doodvermoeid verskrik – doodverskrik verskriklik – allerverskriklik verslae – doodverslae verslete - doodverslete verveel – doodverveel verveeld – doodverveeld, siekverveeld vervelend – stomvervelend, doodvervelend vervelig – doodvervelig, vaalvervelig , oervervelig verwonderd – doodverwonderd, stomverwonderd vet – blinkvet, spekvet, moddervet, varkvet, rondvet, appelvet vies – doodvies vinnig – blitsvinnig, bliksemvinnig, helvinnig, kwikvinnig, slang-vinnig vol – stampvol, propvol, barstensvol, tjokvol, tjok-en-blok vol (informeel), boordensvol (ongewoon), skepvol, windvol, stikvol, emmersvol, randvol (glas water), kreunvol voos – grysvoos vreemd – wildvreemd, wondervreemd vriendelik – katvriendelik, doodvriendelik vrolik – dolvrolik, vonkelvrolik vrot – papvrot vry – voëlvry, skotvry, , doodvry tolvry vuil – kaiingvuil, moddervuil wakker – wawyd wakker, nugter wakker, haaswakker, helder wakker warm – vuurwarm, gloeiwarm, kokendwarm, kookwaterwarm, rooiwarm, skroeiwarm, smoorwarm, snikwarm, stikwarm, witwarm, hondwarm, smeltwarm , smeulwarm , wreedwarm, helwarm, oondwarm, bakoondwarm, brandwarm, bloedwarm, goudwarm, swoelwarm, bliknerswarm, siswarm, kraaiwarm, helwitwarm waterpas – doodwaterpas weemoedig – oerweemoedig weg – witweg, skoonveldweg weinig – bloedweinig, broodweinig werk – doodwerk wit – spierwit, poeierwit, raapwit, melkwit, krytwit, papierwit, sneeuwit, wolkwit, lykwit, haelwit, meelwit, lakenwit, wolwit, skitterwit, droomwit, sonwit, kalkwit, spookwit, siekwit, beenwit, styselwit, ryswit, vuurwit, kraakwit (klere en linne) , waswit woes – dolwoes wyd – wawyd, wêreldwyd, hemelwyd, horingwyd, hekwyk/hartwyd, wawielwyd Deens
bleg – dødbleg blind – stekeblind blødt – gennemblødt blå – himmelblå dristig – dumdristig død – stokdød, stendød døv – stokdøv fattig – bundfattig, ludfattig falden – himmelfalden fast – klippefast fin – hårfin fuld – propfuld gal – ravgal, splittergal glad – kisteglad god – ejegod, tossegod, hjertensgod hård – stenhård mager – radmager mørk – bælgmørk ny – splinterny nøgen – splitternøgen rig – stenrig skarp – knivskarp snar – lynsnar sort – kulsort stille – blikstille sur – eddikesur syg – dødssyg ung – purung våd – drivvåd, dyngvåd, vågen – lysvågen Duits
aktuell – brandaktuell, topaktuell allein – mutterseelenallein alt – steinalt, uralt angst – himmelangst anständig – grundanständig arm – bettelarm , blutarm besoffen – stockbesoffen, sturzbesoffen, stinkbesoffen betrübt – tiefbetrübt betrunken – stockbetrunken billig – spottbillig bitter – gallenbitter blank – blitzblank, spiegelblank blaß – leichenblass, totenblass blau – knallblau, saphirblau bleich – todbleich, totenbleich, schreckensbleich, kreidebleich blöde – saublöde (plat), stinkblöde böse – bitterböse braun – britzebraun brav – kreuzbrav bunt – knallbunt, kunterbunt, grellbunt , prallbunt, regenbogenbunt dicht – hageldicht dick – faustdick, knüppeldick dreckig – saudreckig dreist – tolldreist dumm – blitzdumm, kreuzdumm, saudumm (plat), stockdumm, strohdumm dunkel – stockdunkel dünn – hauchdünn, papierdünn, haardünn, holzsplitterdünn dürr – knochendürr, rappeldürr, spindeldürr duster – zappenduster, stockduster egal – scheißegal (plat) ehrlich – grundehrlich eigen – ureigen elend – hundeelend entschlossen – wildentschlossen ernst – bierernst, todernst ewig – urewig fahl – aschfahl falsch – grundfalsch faul – stinkfaul fein – haarfein, hauchfein fest – bombenfest, felsenfest fidel – kreuzfidel, mopsfidel, quietschfidel finster – stockfinster fit – topfit fleißig – ameisenfleißig, bienenfleißig flink – wieselflink forsch – nassforsch frech – rotzfrech fremd – wildfremd, stockfremd freundlich – katzenfreundlich, scheißfreundlich (plat en ironies bedoel vir aangeplakte vriendelikheid) frisch – taufrisch fromm – lammfromm gefährlich – brandgefährlich geil – affengeil, oberaffengeil, saugeil (plat), schweinegeil (plat) gelb – quittegelb, weizengelb gelehrt – grundgelehrt geliebt – heißgeliebt gemein – hundsgemein gemütlich – urgemütlich genau – haargenau gerade – bolzengerade, kerzengerade gescheit – blitzgescheit, grundgescheit gesund – kerngesund gewandt – katzengewandt glatt – aalglatt (glibberig), spiegelglatt (gelyke oppervlak) glücklich – kreuzunglücklich grau – aschgrau, unwettergrau, mausgrau groß – riesengroß grün – giftgrün, katzengrün(e Augen) gut – herzensgut, saugut (plat) gütig – grundgütig hart – beinhart, eisenhart, knallhart, knochenhart, knüppelhart, stahlhart, steinhart häßlich – grundhäßlich, potthässlich heimlich – klammheimlich heiser – stockheiser heiß – brühheiß, bullenheiß, höllenheiß, knallheiß hell – taghell, glockenhell hoch – haushoch, himmelhoch, turmhoch hübsch – wunderhübsch hungrig – heißhungrig jung – blutjung kahl – ratzekahl kalt – eiskalt, hundekalt, lausekalt, frostkalt klar – glasklar, sonnenklar, wasserklar, kristallklar klein – klitzeklein komisch – urkomisch krank – sterbenskrank, todkrank, todsterbenskrank kühn – tollkühn lang – baumlang langweilig – kotzlangweilig (plat), scheißlangweilig (plat), sterbenslangweilig, todlangweilig, todsterbenslangweilig lebendig – quicklebendig, springlebendig leicht – babyleicht, federleicht, kinderleicht matt – sterbensmatt, hundematt miserabel – hundsmiserabel modern – topmodern müde – hundemüde, todmüde munter – putzmunter mutig – todesmutig nackt – pudelnackt, splitternackt nah – hautnah närrisch – pudelnärrisch nass – patschnass, pitschnass, pudelnass, tropfnass, klatschnass , klitschnaß neu – brandneu, funkelnagelneu, nagelneu normal – stinknormal nüchtern – stocknüchtern offen – sperrangelweit offen reich – schwerreich, steinreich, stinkreich rein – astrein, hasenrein, lupenrein richtig – goldrichtig rocken – brottrocken rot – feuerrot, knallrot, krebsrot, puterrot, rosenrot, rubinrot, tomatenrot rund – kreisrund, kugelrund satt – knüppelsatt, pappsatt sauber – blitzsauber sauer – stinksauer, stocksauer schade – jammerschade scharf – haarscharf, messerscharf, rasiermesserscharf schick – todschick schief – windschief schlank – gertenschlank schlau – bauernschlau schlecht – grottenschlecht schnell – blitzschnell, windschnell schön – bildschön, engelschön, wunderschön schwarz – kohlrabenschwarz, kohlschwarz, nachtschwarz, pechrabenschwarz, pechschwarz , rabenschwarz, tiefschwarz schwer – bleischwer, sauschwer (plat), zentnerschwer sehnt – heißersehnt sicher – bombensicher, todsicher schnell – pfeilschnell stark – bärenstark, baumstark, bullenstark, stierstark steif – stocksteif still – mäuschenstill, mucksmäuschenstill süß – honigsüß, zuckersüß taub – stocktaub teuer – schweineteuer; sauteuer (plat) tief – abgrundtief tot – mausetot traurig – tieftraurig, todtraurig trocken – staubtrocken, knochentrocken übel – speiübel, kotzübel (plat, letterlik kotsmislik) umkämpft – heißumkämpft umstritten – heißumstritten unglücklich – todunglücklich vergnügt – quietschvergnügt verschieden – grundverschieden voll – knallvoll, proppenvoll, randvoll, sternhagelvoll (dronk) vornehm – scheißvornehm (plat), stinkvornehm wach – hellwach warm – brühwarm weich – butterweich, samtweich, wachsweich, watteweich, windelweich, gummiweich weiß – blütenweiß, kalkweiß, schneeweiß, schlohweiß, milchweiß, wolkenweiß - weit – himmelweit, meilenweit, sperrangelweit wenig – blutwenig wild – fuchsteufelswild wohl – pudelwohl wütend – stinkwütend zahm – handzahm zart – babyzart, hauchzart, pfirsichzart Engels
ahead - dead ahead black - pitch black broke - stone broke, stony-broke cheap - dirt cheap clear - crystal-clear cold - ice cold, stone-cold crazy - batshit crazy (plat) dead - stone dead , dog-dead deaf - stone-deaf drunk - dead drunk, blind drunk dry - bone dry, cotton-dry (mouth) earnest - blood-earnest full - chock full hard - rock hard hot - sizzling hot, melting hot mad - stock raving mad, stark raving mad naked - stark naked new - brand new poor - dirt poor quiet - church quiet red - blood red serious - dead-serious sharp – razor sharp silent - dead silent still - stock still straight - ramrod straight thin - razor thin , stick-thin, rake-thin tired - dog-tired upright - bolt upright white - snow-white Nederlands
Middelnederlands Die onderstaande voorbeelde is geteleskopeerde vergelykings, bv. steendoot = so doot als een steen:
claer - silverclaer doot - steendoot graeu - ascgraeu hart - iserhart naeckt - moedernaect root - bloetroot sat - coesat vast - erdvast, lantvast wit - snewitModerne Nederlands In Nederlands kan versterkte adjectieven ook vir verskillende beklemtonings in spesifieke kontekste gebruik word. So kan gortdroog gebruik word vir 'n vervelige (saai) boek en kurkdroog vir klimaat, of beeldschoon gesê geword van vroue en brandschoon van linnegoed of kleedkamers.
In 'n 2007-opname is 'n sekere aantal Nederlandse en Belgiese studente tussen 18 en 25 jaar oud gevra om die onderstaande byvoeglike naamwoorde (in vetdruk ) in die spesifieke konteks van die voorbeeldsin te versterk. Die respondente is toegelaat om meer as een moontlikheid neer te pen:
alleen : moederziel alleen, zielsalleen, doodalleen. arm : straatarm, doodarm, hondsarm, broodarm, superarm, keiarm. bang : doodsbang, superbang, doodbang, hondsbang. bekend : superbekend, alombekend, overbekend, wereldbekend, oerbekend, gigabekend, megabekend, welbekend. bezopen : straalbezopen, strontbezopen, ladderzat, stomdronken, ladderbezopen. bleek : lijkbleek , doodsbleek, lijkwit, witbleek. blij : dolblij, superblij, reuzeblij, keiblij, zielsblij, doodblij, razendblij, doodsblij, hondsblij. breed : kamerbreed, superbreed, megabreed, hemelsbreed, keibreed, duimbreed, stratenbreed, ultrabreed, oeverbreed, schouderbreed, gevelbreed, duimenbreed. dom : oliedom, oerdom, keidom, megadom, steendom, ezelsdom, oerstom, oliekoekerdom, aartsdom. donker : pikdonker, stikdonker, pikkedonker, aardedonker , aardsdonker, stekedonker, steendonker, aarddonker, aartsdonker, stikkedonker, oerdonker. dood : morsdood, steendood. dronken : stomdronken, ladderzat, steendronken, lamdronken, blauwdronken, straalbezopen. dun : flinterdun, splinterdun, ultradun, extradun, superdun, filterdun, ragfijn, papierdun, vliesdun, draaddun duur : peperduur, superduur, keiduur, pokkeduur, stikduur, strontduur, tyfusduur, steenduur. eenvoudig : doodeenvoudig, poepeenvoudig, supereenvoudig, poepsimpel, simpeleenvoudig, doodsimpel, supersimpel. ellendig : doodellendig, superellendig, doodsellendig, kei-ellendig, oerellendig, strontellendig, straatellendig, bere-ellendig, allerellendigst, zielsellendig, doodongelukkig, hondsellendig. gek : stapelgek, knettergek, knotsgek, goedgek, supergek. gelukkig : dolgelukkig, doodgelukkig, zielsgelukkig, overgelukkig, supergelukkig, reuzegelukkig, dolblij, ingelukkig. gevaarlijk : levensgevaarlijk, supergevaarlijk, aartsgevaarlijk, doodsgevaarlijk, keigevaarlijk, reuzegevaarlijk, doodgevaarlijk, megagevaarlijk. goed : beregoed, supergoed, steengoed, keigoed, megagoed, ingoed, reuzegoed, retegoed. goedkoop : spotgoedkoop, supergoedkoop, megagoedkoop, ultragoedkoop. groot : reuzegroot, supergroot, megagroot, levensgroot, beregroot, keigroot. gruwelijk : doodgruwelijk, aartsgruwelijk, supergruwelijk, keigruwelijk, oergruwelijk, godsgruwelijk. heet : bloedheet, superheet, snikheet, kokendheet, loeiheet, vuurheet, gloedheet, keiheet, pokkenheet, stikheet. hoog : torenhoog, huizenhoog, superhoog, megahoog, metershoog, mijlenhoog, reuzehoog, hemelhoog, kilometershoog, wolkenhoog, knetterhoog. jaloers : stikjaloers, superjaloers, doodjaloers, hondejaloers, strontjaloers, zielsjaloers, megajaloers, aartsjaloers, rotjaloers jong : piepjong, superjong, berejong, kei-jong, megajong, bloedjong. kalm : doodkalm, doodskalm, ijskalm. lekker : superlekker, kiplekker, keilekker, berelekker, reuzelekker, megalekker, steenlekker, doodlekker, hemelslekker, ovenlekker, overheerlijk. lief : poeslief, superlief, doodlief, keilief, hondslief, megalief. lui : superlui, aartslui, aardslui, hondslui, keilui, oerlui, doodlui, vetlui, megalui, berelui. mager : graatmager, doodmager, broodmager, keimager, supermager, latmager. moe : doodmoe, hondsmoe, supermoe. naakt : poedelnaakt, spiernaakt, piemelnaakt. nat : kletsnat, doornat, kleddernat, zeiknat, drijfnat, strontnat, druipnat, zuipnat, kliedernat. nieuw : gloednieuw, splinternieuw, spiksplinternieuw, nagelnieuw, gladnieuw, ultranieuw. rijk : schatrijk, steenrijk, superrijk, poeprijk, smoorrijk, keirijk, stinkrijk, strontrijk. saai : oersaai, doodsaai, keisaai, megasaai, beresaai, supersaai, bloedsaai, pokkesaai, apesaai, doodvervelend. serieus : bloedserieus, doodserieus, doodernstig, stikserieus. trots : ape(n)trots, beretrots, supertrots, megatrots, reuzetrots. verbaasd : stomverbaasd , superverbaasd, keiverbaasd. vers : dagvers, supervers, kakelvers, kersvers, levensvers, kraakvers, marktvers, slachtvers, visvers, vriesvers, poepvers, botervers, krakelvers, diepvriesvers. vervelend : oervervelend, stomvervelend, doodvervelend, strontvervelend, supervervelend, rotvervelend, stiervervelend, stikvervelend, stinkvervelend. vlug : vliegensvlug, supervlug, razendvlug, razendsnel, keivlug, kattenrap, vingervlug. vreemd : supervreemd, keivreemd, knalvreemd, wereldvreemd. ziek : doodziek, hondsziek, keiziek, megaziek, paardeziek, strontziek. zoet : mierzoet, suikerzoet, superzoet, megazoet, honingzoet, overzoet, koekezoet, peperzoet, zeemzoet. zot : stapelzot, apezot, stapelgek, superzot, stekezot, keizot, stikzot, toppezot, tokkezot, megazot, dolzot, oerzot, ladderzot, knetterzot, knettergek.Hierdie opname strook ook met die bevinding van die Nederlandse taalkundige en skrywer René Appel, in die radiotaalprogram, De Taalstaat . Intensiverende voorvoegsels soos "super-" (bv. super spannend, super leuk...) is "enorm populaire" in Nederlands. Ander voorvoegsels wat ook aan die beurt kom is bere leuk, rete goed, kei hard, kei leuk, knetter leuk, knetter goed en selfs foei lekker.
Ander voorbeelde:
blank : roomblank bleek : kurkbleek druk : knetterdruk dun - palingdun dwaas : doldwaas eerlijk : doodeerlijk, goudeerlijk eigenwijs : stronteigenwijs eng : doodeng enthousiast : dolenthousiast fijn : naaldfijn gaaf : puntgaaf geel : goudgeel gezond : kerngezond glad : spekglad groen : gifgroen, bronsgroen, knalgroen, biljartgroen grijs : muisgrijs hard : bikkelhard, glashard, keihard, knalhard, knoerhard, oerendhard helder : kraakhelder, glashelder klaar : zonneklaar klein : popklein, appelklein, piepklein koud : stervenskoud lang : levenslang, ellenlang lelijk : spuuglelijk licht : vlinderlicht misselijk : hondsmisselijk mooi : bloedmooi nieuw : fonkelnieuw recht : kaarsrecht rond : radijsrond, kogelrond rood : bloedrood, vuurrood granaatrood scherp : messcherp, haarscherp, vlijmscherp stijf : beeldstijf, stokstijf stil : doodstil toevallig : stomtoevallig verdiend : dikverdiend verliefd : stapelverliefd vet : moddervet vol : stampvol, bomvol, tjokvol, overvol wakker : klaarwakker wit : sneeuwwit, spierwit, melkwit, hagelwit, waswit wel : wonderwel zenuwachtig : doodzenuwachtig zwaar : loodzwaar zwart : grijmselzwart, pikzwart sien ook Noors
blid - smørblid ("botterbly") blind - steinblind ("steenblind") blå - knallblå ("knalblou") bra - dritbra ("strontgoed") daud - steindaud ("steendood") dauv - steindauv ("steendoof") dyr - svindyr ("swynduur") ekte - rotekte ("wortel-eg") falsk - botnfalsk ("bodemvals") feit - smellfeit ("knalvet") fersk - blodfersk ("bloedvars") fin - brillefin ("brilfyn") , smellfin ("knalfyn") flat - paddeflat ("paddaplat") flink - dritflink ("strontslim") full - breddfull ("randvol") galen - steingalen ("steengek") gamal - eldgamal ("eeue-oud") , hundgamal ("hondoud") , steingamal ("steenoud") glad - hjarteglad ("hartebly") , kisteglad ("kisbly") , sjeleglad ("sielsbly") god - hjartegod ("hartegoed") , kjempegod ("reusegoed") , knallgod ("knalgoed") , krutgod ("kruitgoed") , naudgod ("noodgoed") gul - knallgul ("knalgeel") hard - knallhard ("knalhard") , knivhard ("meshard") heldig - griseheldig ("otjie-gelukkig", "varkiegelukkig") , svineheldig ("swyngelukkig") kald - bikkjekald ("hondkoud") , smellkald ("knalkoud") , steinkald ("steenkoud") , svinekald ("swynkoud") kjedeleg - dødskjedeleg ("doodvervelig") klar - klokkeklar ("klokhelder") , krystallklar ("kristalhelder") , soleklar ("sonhelder") kvit - kritkvit ("krytwit") lei - dritlei ("strontkeelvol"; vergelyk Nederlands: "strontvervelend") , skitlei ("skytkeelvol") mørk - belgmørk ("peuldonker") nydeleg - dritnydeleg ("strontlieflik") pen - dritpen ("strontmooi") rask - lynrask ("bliksemsnel", "blitssnel") raud - knallraud ("knalrooi") redd - dødsredd ("doodsbang") , livredd ("lewensbang") rein - gullrein ("goudrein") , klokkerein ("klokrein") , krystallrein ("kristalrein") rik - steinrik ("steenryk") rosa - sjokkrosa ("skokpienk") sikker - bombesikker ("bomseker") skjønn - dritskjønn ("strontskoon/-mooi") snar - eldsnar ("vuurvinnig") , lynsnar ("blitsvinnig") snill - kjempesnill ("reusegaaf") stilig - dritstilig ("strontstylvol", "-cool") stille - blikkstille ("blikstil" - vergelyk Sweeds "blickstilla", aanvanklik die spieëlgladde weerkaatsing op die water, wat later 'n betekenisverruiming ondergaan het vir enigiets wat stilstaan), dødsstille ("doodstil"), musestille ("muisstil") svolten - naudsvolten ("noodshonger") søt - dritsøt ("strontsoet", "-oulik") , kjempesøt ("reusesoet", "-oulik") tynn - syltynn ("palingdun") tørr - knusktørr ("tonteldroog") vakker - smellvakker ("knalmooi") Verwysings Sien ook Eksterne skakels This article uses material from the Wiki Afrikaans article Intensiewe vorm , which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0") ; additional terms may apply. (view authors ). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0 , tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. #Wikipedia® is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.