Etniese Groep

'n Etniese groep of etnisiteit is 'n kategorie vir mense wat met mekaar identifiseer, gewoonlik op die basis van 'n vermoede gemeensame oorsprong of herkoms of op ooreenkomste soos 'n gemeensame taal of dialek, geskiedenis, samelewing, kultuur of nasie.

Die term etnisiteit word dikwels sinoniem met nasie, veral in gevalle van etniese nasionalisme, gebruik, en is apart van, maar hou verband met die konsep van rasse.

Etniese Groep
Versameling van etniese groepe

Etnisiteit is gewoonlik 'n oorgeërfde status gebaseer op die samelewing waarin 'n mens leef. Die lidmaatskap aan 'n etniese groep word gewoonlik deur 'n gedeelde kulturele erfenis, herkoms, oorsprongsmite, geskiedenis, vaderland, taal of dialek, simboliese stelsels soos godsdiens, mitologie en rituele, kombuis, aantrekstyl, kuns of fisieke voorkoms gedefinieer. Etniese groepe praat gereeld verwante tale en deel 'n soortgelyke genepoel. As gevolg van taalverskuiwing, akkulturasie, aanneming of godsdienstige bekering is dit soms moontlik vir individue of groepe om die een etniese groep te verlaat en deel te word van 'n ander (behalwe vir etniese groepe wat homogeniteit of rasuiwerheid as 'n belangrike lidmaatskapkriterium beklemtoon).

Die grootste etniese groepe in moderne tye bestaan uit honderde miljoene se individue (met die Han-Chinese wat die grootste is), terwyl die kleinstes beperk is tot 'n paar dosyn individue (talle inheemse volke wêreldwyd). Etniese groepe kan in subgroepe of stamme onderverdeel word, wat mettertyd as gevolg van endogamie of fisiese isolasie van die ouergroep self etniese groepe kan word. Omgekeerd kan voorheen afsonderlike etnisiteite saamsmelt om 'n pan-etnisiteit te vorm (soos die Han-Chinees) en kan uiteindelik in een enkele etnisiteit saamsmelt. Òf dit nou deur verdeling óf samesmelting is, die vorming van 'n aparte etniese identiteit word etnogenese genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

DialekGeskiedenisIdentiteitKultuurMensNasieRassismeSamelewingSinoniemTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Internasionale Fonetiese AlfabetOraniaBloeddrukVraag en aanbodReënspinnekopNoFapInligtingAngssteuringGeboorteNelspruitBrugSuid-KoreaHartSonnestelselMielieLidwoordSeksuele stimulasieVulvaJohan BadenhorstVrouBrandmondsindroomVlag van Suid-AfrikaRobbeneilandHartaanvalNaaldekokerEngelandErfenisdag (Suid-Afrika)MenseregteLatynBeurtkragBorsteDie Stem van Suid-AfrikaLongDesiré GardnerOutismeMondJo BlackCovid-19-pandemieMedia (kommunikasie)Tweede WêreldoorlogGrieksTydSteve BikoBlourokkeBraaiGerda SteynWiki CommonsDanie du ToitKirgisiërsRatelPeperboomLionel PetersonSuid-Afrikaanse GrensoorlogWekkerSlag van Cuito CuanavaleKurt DarrenSokkerEnsiklopedieLys van elemente volgens simboolGodsdiensNarsistiese persoonlikheidsteuringLiggaamTweede VryheidsoorlogSmall HandsA.G. VisserRicus NelVerkleinwoordAdam Tas (sanger)VigsBelarusMaroela MediaKonsentrasiekampSeksSelfoon🡆 More