Kaapse Maleiers

Die Kaapse Maleiers (Maleis: Melayu Cape) is 'n gemeenskap of etniese groepering van Oosterlinge in Suid-Afrika.

Meeste van hulle is van Maleisië afkomstig. Hulle woon hoofsaaklik in en om Kaapstad, onder andere in die Bo-Kaap (vroeër die "Maleierbuurt") teen die hange van Seinheuwel. Saam met die Malgasse van Madagaskar vorm die Kaapse Maleiers die enigste inheemse Austronesiese volk in Afrika.

Kaapse Maleiers
Kaapse MaleiersKaapse MaleiersKaapse MaleiersKaapse Maleiers
Abdullah AbdurrahmanZackie Achmat • Ricky Fataar • Ebrahim Rasool
Totale bevolking: 200 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (Kaapstad en Gauteng)
Taal: Vandag: Afrikaans, Engels
Vroeër: Maleis, Javaans, Boeginees
Geloofsoortuiging: Meerderheid: Soennitiese Islam
Minderheid: Ateïsme, Agnostisisme, Christendom
Verwante etniese groepe: Javane, Maleiers, Indiërs, Afrikaners, Malgasse, Kaaps-Hollandse, Nederlanders, Kleurlinge, Boegis, Bantoevolke
Kaapse Maleiers
Maleierkoor in die eertydse Distrik Ses
Kaapse Maleiers
'n Koorkompetisie in Kaapstad
Kaapse Maleiers
Bo-Kaap, Kaapstad se Maleise kwartier
Kaapse Maleiers
Kaapse Maleise blommeverkoper

Hulle voorvaders is as slawe deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring. Die eerste groep het in 1667 aangekom. Later het 'n aantal politieke bannelinge van Maleisië, in besonder Sjeik Joseph, hier aangeland. Betreklik min vermenging het met ander rasse plaasgevind en hulle bly toegewyde Moslems. Hulle is bekend vir hulle wetsgehoorsame karakter en hoë morele standaard.

As vakmanne spesialiseer hulle meestal as perdeversorgers, koetsiers, vissers, kleremakers, meubelmakers en kuipers. Hulle behou nog baie van hulle ou tradisies, onder andere hulle melodieuse liedere, byna die enigste vorm waarin hulle oorspronklike taal behou gebly het.

Vandag praat meeste van hulle Afrikaans. Professor A. van Selms (1906–1984) van Pretoria het godsdienstige boeke ontdek wat reeds in die 18de eeu vir hulle in Konstantinopel in Arabiese skrif gedruk is.

Verskeie Suid-Afrikaanse geregte is van Maleisiese oorsprong, onder andere tamatiebredie, bobotie, sosaties en koeksisters.

Bron

Eksterne skakels


Etniese groepe in Suid-Afrika Kaapse Maleiers 

Afrikaners • Anglo-Afrikane • Asiate • Griekwas • Kaapse Maleiers • Khoisan • Kleurlinge • Ndebeles • Noord-Sotho's • Suid-Sotho's • Swazi's • Tsongas • Tswanas • Vendas • Xhosas • Zoeloes

Tags:

AfrikaAustronesiese volkeBo-KaapKaapstadMadagaskarMaleisMaleisiëMalgasse (volk)SeinheuwelSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BestuiwingBelastingMaselsNetbalMaatskappyLieweheersbesieIronieKoggelmanderAntjie KrogRuslandLys van nedersettings in Suid-AfrikaVulkanismeSowjetunieVlinderVreesInternetAnette EngelbrechtSelfoonVerstedelikingJan de WetProstaatkankerArmoedeverligtingBalletRooms-Katolieke KerkAkwariumTegnologieGroepsdrukJana CilliersKhoikhoiHidroëlektrisiteitPsigopatieJakkalsKommunikasieMobutu Sese SekoSirkelHondDoopLeah van NiekerkBywoordReddingskakeMichael JacksonLeierKrimpvarkieSoogdierMensNatuurlike hulpbronVoornaamwoordNederlandsSinoniemAfleiding (taalkunde)WikiquoteMuskeljaatkatJohan BadenhorstSteve HofmeyrNiemetaalYouTubeGeelsugSwawelKameelperdMierleeuGoudPersHeupVigsBosluisbytkoorsJames AlexanderWalt DisneySaldanhabaaiSteenkool in Suid-AfrikaWaarheid-en-versoeningskommissieTrevor ManuelWaterkringloopLys van slangePad na jou hartEskomGriekse mitologieVerdamping🡆 More