Olimpiese Somerspele 1984

Die Olimpiese Somerspele 1984 (Engels: 1984 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXIIIste Olimpiade, is tussen 28 Julie en 12 Augustus 1984 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied.

Spele van die XXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1984

Gehou in Los Angeles, Verenigde State
Deelnemende lande 140 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 6 829 (5 263 mans, 1 566 vroue)
Items 221 in 21 sporte
Openingseremonie 28 Julie 1984
Sluitingseremonie 12 Augustus 1984
Amptelik geopen deur President Ronald Reagan
Atlete-eed Edwin Moses (atletiek)
Beampte-eed Sharon Webber (gimnastiek)
Olimpiese vlam Rafer Johnson (atletiek)
Vorige Spele 1980: Moskou (Sowjetunie)
Volgende Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)

Geen ander stede het aansoek gedoen om die Spele te organiseer nie en daar was dus geen stemming nie.

Olimpiese Somerspele 1984
Los Angeles Memorial Coliseum

Verskeie lande het die spele geboikot omrede die Verenigde State die Spele in Moskou geboikot het. Van die lande sluit in: die Sowjetunie, Duitse Demokratiese Republiek en Kuba. Albanië, Libië en Iran het weens ander redes – vermoedelik politiese – hierdie spele geboikot. Desondanks het 140 lande deelgeneem, 'n nuwe rekord.

Die Olimpiese Winterspele 1984 is in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, gehou, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, gehou is.

Toewysing

Los Angeles is op 18 Mei 1978 in Athene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1984. Die enigste ander kandidaat was Teheran, maar het voor die stemming hulself onttrek, nadat die Irannese Rewolusie in Januarie 1978 uitgebreek het.

Sporte

21 Olimpiese sportsoorte in 221 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 226 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1984 gebruik:

Los Angeles

Olimpiese Somerspele 1984 
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1984
Olimpiese Somerspele 1984 
In die Pauley Paviljoen is die gimnastiekwedstryde beslis
Olimpiese Somerspele 1984 
Die Forum het die basketbalwedstryde gehuisves
Olimpiese Somerspele 1984 
In die Los Angeles Memorial Sports Arena is bokswedstryde aangebied
Olimpiese Somerspele 1984 
Die Olimpiese Skietbaan tydens die Olimpiese Somerspele 1984
Olimpiese Somerspele 1984 
Die 400 meter-baan tydens die Olimpiese Somerspele 1984
Stadion Sporte Kapasiteit
Albert Gersten Paviljoen Gewigoptel 4 156
Eagle's Nest Arena Judo 4 200
Los Angeles Memorial Coliseum Atletiek, seremonies (opening/sluiting) 92 516
Los Angeles Memorial Sports Arena Boks 15 700
Olimpiese Swemstadion Sierduik, Swem, Gesinchroniseerde swem 16 500
Pauley Paviljoen Gimnastiek 12 829
Strate van Los Angeles Atletiek (20 km/50 km-loop, maraton) Nie gelys nie

Elders in Suid-Kalifornië

Stadion Ligging Sporte Kapasiteit
Anaheim Convention Center Anaheim Stoei 7 200
Artesia Freeway Gardena tot Riverside Fietsry (padspan tydtoets) Nie gelys nie
Coto de Caza Coto de Caza Moderne vyfkamp (skermsport, perdry, hardloop, skietsport) 8 000
El Dorado Park Long Beach Boogskiet 4 000
Fairbanks Ranch Country Club Rancho Santa Fe Ruitersport (uithouvermoë) 50 000
The Forum Inglewood Basketbal 17 505
Heritage Park Aquatic Center Irvine Moderne vyfkamp (swem) 8 000
Casitasmeer Ventura County Kanovaart, Roei 4 680
Long Beach Arena Long Beach Vlugbal 12 000
Long Beach Convention Center Long Beach Skermsport 2 500
Long Beach Shoreline Marina Long Beach Seilvaart Nie gelys nie
Olimpiese Velodrome Carson Fietsry (baan) 8 400
Prado Regional Park Chino Skyfskiet 5 000
Raleigh Runnels Memorial Pool Malibu Waterpolo 5 000
Rose Bowl Pasadena Sokker (eindstryd) 103 300
Santa Anita Park Arcadia Ruitersport 33 500
Santa Monica College Santa Monica Atletiek (maraton – begin) Nie gelys nie
Strate van Mission Viejo Fietsry (individuele padwedloop) Nie gelys nie
Strate van Santa Monica Atletiek (maraton) Nie gelys nie
Titan Gymnasium Fullerton Handbal 3 300
Weingartstadion Monterey Park Veldhokkie 22 000

Ander sportplekke

Stadion Ligging Sporte Kapasiteit
Harvardstadion Boston, Massachusetts Sokker 30 323
Navy–Marine Corps Memorial Stadium Annapolis, Maryland Sokker 34 000
Stanfordstadion Stanford, Kalifornië Sokker 85 500

Demonstrasiesporte

Stadion Sporte Kapasiteit
Dodgerstadion Bofbal 56 000
Los Angeles Tennis Center Tennis 5 800

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Datum Julie Augustus
28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
Olimpiese Somerspele 1984  Atletiek 2 3 4 8 4 3 5 11 1
Olimpiese Somerspele 1984  Basketbal 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Boks 12
Olimpiese Somerspele 1984  Boogskiet 2
Olimpiese Somerspele 1984  Fietsry 2 1 1 3 1
Olimpiese Somerspele 1984  Gesinchroniseerde swem 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Gimnastiek 1 1 1 1 6 4 1
Olimpiese Somerspele 1984  Handbal 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Judo 1 1 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Kanovaart 6 6
Olimpiese Somerspele 1984  Moderne vyfkamp 2
Olimpiese Somerspele 1984  Roei 6 8
Olimpiese Somerspele 1984  Ruitersport 2 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Seilvaart 6
Olimpiese Somerspele 1984  Sierduik 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Skermsport 1 1 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Skyfskiet 2 1 3 1 1 2 1
Olimpiese Somerspele 1984  Sokker 1
Olimpiese Somerspele 1984  Stoei 3 3 4 3 3 4
Olimpiese Somerspele 1984  Swem 4 5 5 5 5 5
Olimpiese Somerspele 1984  Veldhokkie 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Vlugbal 1 1
Olimpiese Somerspele 1984  Waterpolo 1
Totaal 0 9 8 13 10 12 16 25 21 10 5 14 11 20 43 3
Seremonies OS SS
Datum 28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
Julie Augustus

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1984 
Kaart van deelnemende nasies in 1984:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Los Angeles
Olimpiese Somerspele 1984 
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1984  Goud Olimpiese Somerspele 1984  Silwer Olimpiese Somerspele 1984  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1984  Verenigde State (USA) 615 83 61 30 174
2 Olimpiese Somerspele 1984  Roemenië (ROU) 125 20 16 17 53
3 Olimpiese Somerspele 1984  Wes-Duitsland (FRG) 394 17 19 23 59
4 Olimpiese Somerspele 1984  Volksrepubliek China (CHN) 219 15 8 9 32
5 Olimpiese Somerspele 1984  Italië (ITA) 305 14 6 12 32
6 Olimpiese Somerspele 1984  Kanada (CAN) 439 10 18 16 44
7 Olimpiese Somerspele 1984  Japan (JPN) 247 10 8 14 32
8 Olimpiese Somerspele 1984  Nieu-Seeland (NZL) 130 8 1 2 11
9 Olimpiese Somerspele 1984  Joego-Slawië (YUG) 143 7 4 7 18
10 Olimpiese Somerspele 1984  Suid-Korea (KOR) 204 6 6 7 19

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1984 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1984 ToewysingOlimpiese Somerspele 1984 SporteOlimpiese Somerspele 1984 StadionsOlimpiese Somerspele 1984 KalenderOlimpiese Somerspele 1984 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1984 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1984 Sien ookOlimpiese Somerspele 1984 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1984 BronneOlimpiese Somerspele 1984 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1984 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1984EngelsLos AngelesVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaBakterieBloukraanvoëlWaterbesoedelingEkotoerismeBelastingOnderwysDundermSaharaTradisionele Afrika-godsdiensMenslike seksuele gedragEngelandRenosterTromSuid-AfrikaHoenderLily CarterAfrikaUniegebouNkosi Sikelel' iAfrikaHerbivoorOnafhanklikheidSelfkonsepSeeSavanneHage GeingobLettergreepWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKatEenmansaakAfleiding (taalkunde)JeuksiekteVaginale kankerVerkoueGeelslangMaroela MediaAssonansieTatoeëermerkSlag van BloedrivierOnse VaderHindoeïsmeVlermuisBreinvliesontstekingGeelsugLys van onkruid in Suid-AfrikaTelefoonPaarlWetenskaplike klassifikasieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWalvisjag in Suid-AfrikaMasturbasieHomoniemSpringbokInkomstebelastingMorfeemGeskiedenis van Suid-AfrikaHoofpynEkologieVormLeeuHipoteseAndré SchwartzAfkappingstekenLongEgipteUitskeidingProteaMondSeksueel oordraagbare infeksiePlastiekSwamSpesieBiodiversiteit🡆 More