Boerboel

'n Boerboel is 'n Suid-Afrikaanse hond wat spesifiek vir waghonddoeleindes geteel is.

Die honde is geskiedkundig aangehou vir beskerming teen aanvalle van wilde diere.

Boerboel
Boerboel
Boerboelreun met stomp stert
Ander name(en) South African Mastiff
OorsprongSuid-Afrika
Kenmerke
Massa Reun 65-80 kg
Teef 50-65 kg
Hoogte 60-70 cm
Pels kort, dig, sag, glad en blink
Kleur met of sonder gesigmasker: bruin, vaal, rooi, gestreep, gevlek en Iers
Klassifikasiestandaarde
AKC Werker standaard
UKC Waghond standaard
Hond (Canis lupus familiaris)
Boerboel
'n Boerboel se kenmerkende gesig.

Rasgeskiedenis

Boerboelle is die enigste honde wat uitsluitlik in Suid-Afrika geteel is as waghonde. Dit word algemeen aanvaar dat die ras se oorsprong 'n kruis is tussen inheemse honde uit Afrika en spesies wat ingevoer is tydens die Europese vestiging in die Kaap. De Beers het in 1928 bullmastiff honde ingevoer om die myne te bewaak, welke ras ook gekruis was met boerboelle.

Voorkoms en karaktereinskappe

Boerboel 
'n Geregistreerde boerboel.

Hoewel daar verskeie verenigings bestaan wat boerboelle registreer, elk met hul eie rasstandaarde, is daar 'n algemene konsensus oor die mees opvallende aspekte.

Die boerboel is ’n groot hond met 'n indrukwekkende en ontsaglike, kragtige voorkoms. Die hond het 'n prominente en goed ontwikkelde spierstelsel met veerkragtige beweging. Die vel is dik, los met matige plooie op die voorkop. Die pels is kort en glad, met ’n digte haarbedekking oor die hele hond. Die erkende kleure is alle skakerings van geel, bruin, briekwa, of swart.

Die boerboel se kop is kort, breed, diep, blokkig en gespierd en met goed gevulde wange en kan swart gemaskerd wees.

Die mees gesogde karaktereienskap is die boerboel se getrouheid en gewilligheid om sy familie te beskerm (beskermingsdrang) as gevaar dreig. Ander eienskappe is gehoorsaamheid en intelligensie, met 'n selfversekerde en vreeslose houding.

Beperkings in die res van die wêreld

  • In 2002 het Roemenië die invoer van die Boerboel verbied en die eienaarskap van die hond beperk.
  • In 2010 is die Boerboel verban in Denemarke omdat dit 'n veghond sou wees.
  • In 2011 het Rusland die Boerboel as 'n besonder gevaarlike ras aangewys, onderhewig aan verpligte registrasie en sertifisering.
  • Die Oekraïne het die Boerboel as 'n gevaarlike hond geklassifiseer, onderworpe aan verpligte mikroskyfie, muilband en siviele aanspreeklikheidsversekering.


    Boerboele word ook verbied of beperk in

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Boerboel RasgeskiedenisBoerboel Voorkoms en karaktereinskappeBoerboel Beperkings in die res van die wêreldBoerboel Eksterne skakelsBoerboel VerwysingsBoerboelHond

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Griekse teaterHorlosieSmaakMandalaKangogrotteKolitisSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Suid-AfrikaWet op NaturellengrondKameelperdMateriaalRekeningkundeReënDesmond TutuStadSwemAvbobGoudDachshundKrieketAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBerilliumBruin menseTrekarbeidMikro-ekonomieCoca-ColaSpelerposisies in rugbyHaasDierHoedVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese namePussy RiotHeuningbyKarpaletonnelsindroomDagboekCorioliskragJohn Samuel SchlesingerKatoenIntensiewe vormWetenskapMensChemiese elementGeskiedenis van AfrikaansSpeelkaartEben EtzebethJohannes MeintjesInsekMag (sosiale wetenskappe)DysselsdorpNag van die lang messeSamestellende afleidingGoogleKonflik (proses)HeupAnneli van RooyenKolorektale kankerNelson MandelaVoortrekkermonumentHerpes simplexKoorsDemokrasieUniversele Verklaring van MenseregteSeksualiteitSwartbewussynsbewegingOutismeAardverwarmingN.P. van Wyk LouwJaco JacobsMarie AntoinetteSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMuskietPornografiese subgenresJan van RiebeeckSelfbeeldAlkoholismeKolonialisme🡆 More