Speelkaart

Speelkaarte is tipies stukke dikkerige papier wat met dun plastiek oorgetrek is en kenmerkende motiewe het.

Hulle word meestal gebruik vir kaartspeletjies, maar word ook soms gebruik in kaarttruuks, toekomsvoorspelling en die bou van kaarthuise. Kaarte word ook soms versamel. Speelkaarte is gewoonlik van palmgrootte vir maklike hantering en word meestal verkoop in 'n pak kaarte.

Speelkaart
Kaarte met 'n Franse patroon.
Speelkaart
'n Stel klokke uit 'n Beierse pak.

Die algemeenste soort kaarte in die Weste is dié met 'n Franse (of Engelse) patroon wat in standaardpakke van 52 verkoop word en jokers kan insluit, gevolg deur die Belgies-Genuese patroon. Baie lande gebruik egter ander, tradisionele soorte kaarte, insluitende dié met 'n Duitse, Italiaanse, Spaanse en Switserse patroon. Die agterkant van die kaarte het gewoonlik 'n ingewikkelde patroon wat dit moeilik maak om onderstebo kaarte uit te ken aan krap- of ander merke.

Speelkaarte is beskikbaar in 'n verskeidenheid style, want hulle kan vervaardig word vir kompetisies, casino's of kulkunstenaars, en as promosieartikels en soeweniers. Pakke kaarte of selfs enkele kaarte kan versamel word as 'n stokperdjie of vir hulle geldwaarde.

In die meeste kaartspeletjies word die kaarte deurmekaar gemaak deur 'n proses wat skommel genoem word. 'n Aantal kaarte word dan aan elke speler gedeel waarna elke speler na die gesig van sy kaarte sal kyk en die ander spelers slegs die agterkant van die ander spelers se kaarte kan sien.

Die wyse hoe die kaarte in elke kaartspeletjie gebruik word, word bepaal deur die reëls van elke kaartspel.

Geskiedenis

China

Speelkaart 
'n Chinese gedrukte kaart van omstreeks 1400 wat naby Turpan ontdek is.

Speelkaarte is dalk omstreeks die 9de eeu tydens die Tang-dinastie die eerste keer vervaardig met die gebruik van houtblokdrukwerk. Die vroegste bekendste teks wat moontlik na kaartspeletjies verwys, is 'n 9de-eeuse teks bekend as Collection of Miscellanea at Duyang, wat deur die skrywer van die Tang-dinastie Su E geskryf is. Dit beskryf hoe prinses Tongchang, die dogter van keiser Yizong van Tang, die "blaarspel" in 868 speel saam met lede van die Wei-clan, die familie van die prinses se man.

Die eerste bekende boek oor die "blaarspel" is Yezi Gexi genoem en na bewering geskryf deur 'n Tang-vrou. Skrywers van daaropvolgende dinasitieë het kommntaar daarop gelewer. Die geleerde Ouyang Xiu (1007-1072) van die Song-dinastie het beweer die "blaarspel" bestaan ten minste sedert die middel van die Tang-dinastie en word verbind met die ontwikkeling van gedrukte velle as 'n skryfmedium. Ouyang het egter ook beweer die "blare" was bladsye van 'n boek wat gebruik is in 'n bordspeletjie wat met dobbelstene gespeel is, en dat die reëls van die spel teen 1067 verlore was.

Die vroegste gedateerde geval van 'n kaartspeletjie het op 17 Julie 1294 plaasgevind "toe Yan Sengzhu en Zheng Pig-Dog betrap is dat hulle kaartspeel en beslag gelê is op houtblokke wat gebruik is om die kaarte te druk, asook op nege van die kaarte".

William Henry Wilkinson stel voor die eerste kaarte was eintlik papiergeld wat gedien het as beide 'n middel vir speletjies en die wedgeld waarvoor gespeel is. Om papiergeld te gebruik is as ongerieflik en riskant beskou en dit is dus vervang met speelgeld bekend as "geldkaarte".

Persië en Arabië

Ondanks die groot verskeidenheid patrone toon die kleure (stelle) kaarte 'n eenvormigheid van struktuur. Elke stel bevat 12 kaarte, waarvan die boonste twee gewoonlik die prentkaarte is, met 'n heer (K) heel bo, en die onderste 10 kaarte 'n syferwaarde het. Daar is baie motiewe vir die stelle, wat munte, klawers en klokke insluit, asook swaarde wat ooreenstem met latere Mameluk- en Latynse kaarte.

Michael Dummett spekuleer dat Mamelukkaarte afstam van 'n vroeëre pak wat bestaan het uit 48 kaarte, wat elk in vier stelle ingedeel is met 10 syfer- en twee prentkaarte.

Egipte

Speelkaart 
Vier Mamelukspeelkaarte.

Teen die 11de eeu het kaarte oor die hele Asië voorgekom en later na Egipte versprei. Die oudste kaarte in die wêreld wat behoue gebly het, is vier fragmente wat in die Keir-versameling en die Benaki-museum gehou word. Hulle kom uit die 12de en 13de eeu (die laat Fatimidiese, die Ajjoebidiese en en die vroeë Mameluktydperk).

'n Byna volledige pak Mamelukkaarte uit die 15de eeu wat baie soos die fragmente regs lyk, is in 1939 in die Topkapi-paleis in Istanboel ontdek. Dit is nie 'n volledige pak nie en bestaan eintlik uit drie verskillende pakke, moontlik om vermiste kaarte te vervang. Die Topkapi-pak het oorspronklik 52 kaarte in vier stelle bevat: polokolwe, munte, swaarde en bekers. Elke stel het 10 syfer- en drie prentkaarte, wat malik (koning), nā'ib malik (onderkoning) en thānī nā'ib (tweede of onderadjunk) genoem is. Die titel thānī nā'ib bestaan nie en het dalk nie in die oudste pakke voorgekom nie.

Die Mamelukkaarte het abstrakte ontwerpe en beeld nie mense uit nie, waarskynlik om godsdienstige redes. Hulle bevat egter die range van die kaarte.

Dié kaarte is uit Kaïro, Alexandrië en Damaskus uitgevoer tot met die val van die Mamelukke in die 16de eeu. Die reëls van dié kaartspeletjies is nou verlore.

Verspreiding deur Europa

Speelkaart 
Die boer van munte uit die oudste bekende Europese pak kaarte, omstreeks 1390-1410.

Kaartspeletjies is waarskynlik deur die Arabiere uit die Ooste na Europa versprei deur die Christelike koninkryke van Spanje, hoewel sommige kenners glo dit is deur die Kruisvaarders daarheen gebring. Die oudste Westerse pak is bekend as die Spaanse pak en is 'n aanpassing van die Arabiese pak.

Die eerste keer dat kaartspeletjies in Europa genoem is, was in 1371 toe die Katalaanse woordeboek naib as "speelkaarte" gedefinieer het. Dit dui daarop dat kaarte toe "taamlik bekend' was in Katalonië (nou deel van Spanje). Dit is dalk daarheen versprei deur handel met die Mamelukheersers van Egipte.

Die vroegste melding van kaartspeletjies in Sentraal-Europa is vermoedelik 'n verbod op kaartspeel in 1367 in die stad Bern, maar dié bron word in twyfel getrek omdat die eerste eksemplaar wat beskikbaar is die datum 1398 noem en dit dalk daarna verander is.

Die eerste Italiaanse verwysing is 'n verbod in 1377 in Florence. Van dié jaar af was daar al hoe meer meldings van speelkaarte, gewoonlik in verband met 'n verbod op kaartspeel. In Engeland is daar reeds in 1413 'n verwysing daarna.

Onder die vroeë patrone van speelkaarte is dié wat afgelei is van die Mamelukkaarte van bekers, munte, swaarde en polokolwe. Dit word vandag nog op Latynse speelkaarte gebruik. Omdat polo nie toe baie bekend in Europa was nie, het die polokolwe knuppels geword. Benewens in Katalonië in 1371, word speelkaarte ook genoem in 1377 in Switserland en in 1380 op baie plekke insluitende Florence en Parys. Die algemene speel van kaartspeletjies in Europa kan met 'n mate van sekerheid teruggespeur word na sedert 1377.

Speelkaart 
Kaartspelers in die 18de eeu in Venisië, deur Pietro Longhi.

Tussen 1418 en 1450 het professionele kaartmakers in Ulm, Neurenberg en Augsburg gedrukte pakke vervaardig. Die meeste vroeë houtafdrukke van alle soorte is ná die tyd gekleur, óf met die hand óf van 1450 af met stensils. Die 15de-eeuse kaarte is waarskynlik geverf. Die Vlaamse Jagpak in die Metropolitan-kunsmuseum in New York is die oudste volledige pak speelkaarte wat in die 15de eeu in Europa gemaak is.

Namate kaarte van Italië na Germaanse lande versprei het, is die Latynse motiewe vervang met blare (of skilde), harte (of rose), klokke en akkers. Frankryk het aanvanklik die Latynse pakke gebruik, maar omstreeks 1480 het Franse vervaardigers begin om baie vereenvoudigde weergawes van die Duitse simbole te gebruik, waarskynlik om massaproduksie te vergemaklik. 'n Kombinasie van Latynse en Duitse simbole het daartoe gelei dat Franse speelkaarte omstreeks 1480 vervaardig is in stelle van trèfles (klawers), carreaux (ruitens), cœurs (hartens) en piques (skoppens). Die klawers kom waarskynlik van die akker en die skoppens van die blaar op Duitse pakke.

In die laat 14de eeu het Europeërs begin om die Mamelukkaarte te verander om Europese koninklikes en amptenare te verteenwoordig. Volgens 'n beskrywing uit 1377 was die vroegste prentkaarte 'n sittende koning, 'n hoër maarskalk wat sy stelsimbool regop gehou het en 'n laer maarskalk wat sy simbool onderstebo gehou het. Laasgenoemde twee stem ooreen met die Ober en Unter, wat steeds op Duitse en Switserse kaarte voorkom. Die Italiane en Iberiërs het voor 1390 die Ober en Unter met die knight en jack vervang, moontlik om 'n groter onderskeid tussen die kaarte te tref.

In Engeland is die laagste prentkaart knave genoem, wat aanvanklike "seun" beteken het (vergelyk die Duitse Knabe), en dus verteenwoordig dié karakter die "prins", die seun van die koning en koningin; die betekenis "kneg" het eers later ontstaan. Die koningin het sedert 1377 al sporadies in pakke verskyn, veral in Duitsland. Hoewel die Duitsers die gewoonte gestaak het, het die Franse ook later die koningin begin gebruik en dit onder die koning geplaas. Pakke van 56 kaarte met stelle waarin 'n koning, koningin en ridder voorkom (met die knave op tarotkaarte) was algemeen in die 15de eeu.

Latere ontwerpveranderings

Speelkaart 
'n Vroeë joker, deur Samuel Hart (omstreeks 1863).

Kaarte met die waardes wat in die hoeke gedruk is, het dit moontlik gemaak dat kaarte naby mekaar soos 'n waaier in die hand gehou kan word (in plaas van twee hande soos voorheen). Die eerste sodanige pak met Latynse stelle is in 1693 deur Infirerra gedruk, maar dit is eers sedert die einde van die 18de eeu algemeen gebruik. Die eerste Amerikaanse pak van Franse kaarte met dié innovasie was die Saladee-patent in 1864 deur Samuel Hart.

Speelkaart 
Girl with Cards, deur Lucius Kutchin, 1933, Amerikaanse Smithsonian-kunsmuseum.

Dit is gevolg deur die druk van prentkaarte met 'n bo- en onderkant wat dieselfde lyk. Dié innovasie word toegeskryf aan die Franse kaartmaker Agen, in 1745. Die Franse regering, wat die ontwerp van speelkaarte beheer het, het egter sulke kaarte verbied. In Sentraal-Europa (Trappola-kaarte) en Italië (Tarocco Bolognese) is dié innovasie in die tweede helfte van die 18de eeu aangeneem. In Brittanje is kaarte met omkeerbare prentkaarte in 1799 deur Edmund Ludlow en Ann Wilcox gepatenteer. 'n Franse pak met dié ontwerp is omstreeks 1802 deur die drukker Thomas Wheeler gedruk.

Skerp hoeke verweer makliker en dan kan kaarte se waarde deur ander spelers gesien word; die kaarte het dus ronde hoeke gekry. Voor die middel 19de eeu het Britse, Amerikaanse en Britse spelers kaarte met blanko agterkante verkies. Die behoefte daaraan om verwering te verdoesel en te voorkom dat agterop die kaarte geskryf word, het gelei tot die druk van ontwerpe, foto's, sketse of advertensies op die rugkant.

Die VSA het die joker bekend gestel vir die spel euchre. Die naam kom vermoedelik van juker, 'n ander naam vir euchre. Die eerste vermelding van die joker as 'n wildekaart dateer van 1875 met 'n variasie van poker.

Moderne kaartformate

Internasionale speelkaartstelle
Frans Hartens
Speelkaart 
Ruitens
Speelkaart 
Klawers
Speelkaart 
Skoppens
Speelkaart 
Duits Harte
Speelkaart 
Klokke
Speelkaart 
Akkers
Speelkaart 
Blare
Speelkaart 
Italiaans Bekers
Speelkaart 
Munte
Speelkaart 
Knuppels
Speelkaart 
Swaarde
Speelkaart 
Spaans Bekers
Speelkaart 
Munte
Speelkaart 
Knuppels
Speelkaart 
Swaarde
Speelkaart 
Switsers-Duits Rose
Speelkaart 
Klokke
Speelkaart 
Akkers
Speelkaart 
Skilde
Speelkaart 

Moderne speelkaarte word in drie breë kategorieë verdeel op grond van die stelsimbole wat hulle gebruik: Frans, Latyns en Germaans. Latynse kaarte stem baie ooreen met die Spaanse en Italiaanse formate. Die Switsers-Duitse stelle verskil van die ander. Die Franse 52-kaartpakke (sonder die jokers) het dieselfde getal kaarte as die oorspronklike Mamelukpak, terwyl Latynse en Germaanse pakke minder kaarte bevat. Latynse pakke is gewoonlik sonder die hoër syferkaarte en die Duitse pakke sonder die laer syferkaarte.

Binne die stelle is daar streek- of nasionale variasies wat "standaardpatrone" genoem word. Omdat dié patrone in die openbare domein is, mag kaartvervaardigers hulle naboots.

Patroonverskille word hoofsaaklik aangetref in die prentkaarte, maar ook die getal kaarte per pak, die gebruik van syfers of selfs 'n ander vorm en syferrangskikking kan hulle onderskei. Sommige patrone bestaan al eeue lank.

Jokers is nie deel van enige patroon nie, omdat hulle 'n redelik onlangse uitvindsel is en hulle het dus nie 'n gestandaardiseerde voorkoms nie. Elke vervaardiger gebruik sy eie handelsmerkillustrasie op hulle jokers. Die groot verskeidenheid jokers het daartoe gelei dat hulle versamelaarsartikels geword het.

Enige kaart met die vervaardiger se logo, soos die aas van skoppens in Engeland, die aas van klawers in Frankryk of die aas van munte in Italië, word ook versamel.

Speelkaarte se waarde word gewoonlik in die hoeke links bo en regs onder gedruk. Hoewel dié ontwerp nie die hand beperk waarin die kaarte gehou word nie, verkies sommige linkshandige spelers om hulle kaarte in die teenoorgestelde rigting uit te waaier. Daar is ook ontwerpe met die waarde in al vier hoeke gedruk.

Franse kaartpakke

Speelkaart 
52 Franse speelkaarte met jokers.

Franse kaarte is beskikbaar in 'n verskeidenheid patrone en pakgroottes. Die standaardpak van 52 kaarte is die gewildste en sluit 13 waardes van elke stel in, met omkeerbare prentkaarte. Elke stel het 'n aas (A), wat 'n enkele simbool van sy soort vertoon; 'n heer of koning (K), dame, vrou of koningin (Q) en boer (J) wat elk uitgebeeld word met een simbool van hulle stel; en kaarte met syferwaardes van 2 tot 10, met elke kaart wat dié getal simbole van sy stel uitbeeld.

Kommersiële pakke sluit ook gewoonlik van een tot ses jokers in, maar gewoonlik twee.

In pakke met minder as 52 kaarte vir sekere kaartspeletjies is van die kaarte uitgelaat, soms van 2 tot 6 vir 'n pak van 32, van 8 tot 10 vir 'n pak van 40 of van 2 tot 8 vir 'n pak van 24.

Niestandaardontwerpe

Casino's

Dobbelmaatskappye laat gewoonlik kaarte spesifiek vir hulle casino's druk. Omdat casino's elke dag deur 'n groot getal pakke gaan, herverkoop hulle soms gebruikte pakke wat "op die vloer" was. Dié kaarte word dikwels verander, deur óf die hoeke af te sny óf 'n gat deur die pak te pons, om te voorkom dat die kaarte in die casino gebruik kan word om te kul.

Versamelings

Vanweë die lang geskiedenis en groot verskeidenheid van ontwerpe, is kaarte dikwels versamelaarsartikels. Volgens Guinness World Records bevat die grootste kaartversameling 11 087 pakke en word dit besit deur Liu Fuchang van China.

Individuele speelkaarte word ook versamel, soos die wêreldrekord van 8 520 verskillende jokers wat aan Tony de Santis van Italië behoort.

Eie ontwerpe en kunswerke

Eie ontwerpe kan vir talle doeleindes gemaak word. Oor die hele wêreld heen ontwerp en vervaardig beide individuele en groot maatskappye soos United States Playing Card Company (USPCC) baie verskillende style kaarte, insluitende aandenkings- soewenierkaarte. Helder ontwerpe word veral vir gebruik in toekomsvoorspellings gemaak, terwyl kaarte ook op die kunswaarde daarvan kan fokus.

In 1976 het die JPL Gallery in Londen 'n pak van 'n verskeidenheid moderne Britse kunstenaars soos Maggie Hambling en David Hockney laat maak met die naam "The Deck of Cards". 40 jaar later, in 2016, het die British Council 'n pak kaarte met die naam "Taash ke Patte" laat maak met Indiese kunstenaars.

Verwysings

Tags:

Speelkaart GeskiedenisSpeelkaart Moderne kaartformateSpeelkaart NiestandaardontwerpeSpeelkaart VerwysingsSpeelkaartKaartspeletjiePlastiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ShanzhaiEnkelvoudige sinBreedtegraadKongo-krisisSoweto-opstandAardeWeervoorspellingVulkaanGordelroosSaartjie BaartmanRacheltjie de BeerStruktuur van die AardeSnaarinstrumentHaasDonderstormLenteKlereIrma SternBoelieryHernubare energieMorfologie (taalkunde)NederlandsDistrik SesBysteekVigsDelft, KaapstadKlavierAlkoholismeWoordeboek van die Afrikaanse TaalWerkersdagPoësieNoord-KaapHoenderBeaufortskaalWikiRugbyKoppeltekenNarkoseSiya KolisiKultuurKopieregProteaBorskankerKriekHage GeingobViëtnamoorlogKommunikasieAfrikanernasionalismeAfleiding (taalkunde)WikipediaTransatlantiese slawehandelSlag van Cuito CuanavaleKoorsSeksualiteitJagluiperdWalvisOrale seksVersoeningsdagAntieke EgipteSwartrenosterNasiebouMenslike seksuele gedragAardrykskundeVierde Industriële RevolusieSomerGrondwetSelfieLys van Griekse mitologiese figureSeksposisieVerenigde KoninkrykGroot-VisrivierEierstokGoogle TranslateMetafoorLys van bekende Suid-Afrikaners🡆 More