Siya Kolisi: Suid-Afrikaanse rugbyspeler

Siya Kolisi (gebore op 16 Junie 1991 in Zwide, Port Elizabeth/Gqeberha) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Sharks in die Verenigde Rugbykampioenskap speel.

Hy het voorheen die Westelike Provinsie in die Curriebeker en die Stormers in Superrugby verteenwoordig en was ook die kaptein van die span. Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.

Siya Kolisi Rugbyportaal
Siya Kolisi: Vroeë lewe, Springbok en later ook kapteinskap, Gwijo-ritueel
Siya Kolisi in 2022
Volle naam Siyamthanda Kolisi
Geboortedatum 16 Junie 1991 (1991-06-16) (32 jaar oud)
Geboorteplek Port Elizabeth, Suid-Afrika
Lengte 1,88 m
Massa 105 kg
Skool Hoërskool Grey, Port Elizabeth
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Flank
Springbokno. 851
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2011–2021 Westelike Provinsie 34 (35)
korrek soos op 1 Julie 2023.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2012–2020
2021–hede
Stormers
Sharks
118
30
(95)
(20)
korrek soos op 1 Julie 2023.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2013–hede Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 83 (50)
korrek soos op 1 November 2023.

Vroeë lewe

Kolisi het grootgeword in Zwide, iBhayi, 'n township in Gqeberha. Kolisi se ma Phakama was 16 en sy pa Fezakele in sy laaste skooljaar toe Siya gebore is. Kolisi se ma is dood toe hy 15 was en sy oorlede ouma Nolulamile is nagelaat om hom groot te maak.

Op 12-jarige ouderdom het hy verkenners by 'n jeugtoernooi in Mosselbaai beïndruk en is hy 'n beurs aangebied by Grey Junior in Port Elizabeth. Daarna word hy 'n rugbybeurs aan die Grey High School aangebied, dieselfde hoërskool wat Suid-Afrikaanse krieketspeler Graeme Pollock en die Engelse rugbyspeler Mike Catt bygewoon het. Kolisi het gereeld vir die skool se eerstespan gespeel. Hy was ook deel van die Oostelike Provinsie se jeugopset tussen 2007 en 2009, deur aan die onder-16 Grant Khomoweek en onder-18 Cravenweek deel te neem, voordat hy weswaarts verskuif om by die Westelike Provinsie aan te sluit.

Verder het hy die SA Skolespan vir twee agtereenvolgende jare verteenwoordig.

Springbok en later ook kapteinskap

Kolisi het sy debuut vir die Springbokke op 16 Junie 2013 teen Skotland, in die Mbombela-stadion te Nelspruit gemaak. Op 28 Mei 2018 word Kolisi as die Springbokkaptein aangewys vir die inkomende toetse in Junie teen Engeland, in Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Hierdeur word hy die span se eerste swart kaptein in hul 130-jarige bestaan.

Gwijo-ritueel

As Kolisi, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi saam vir die Springbokke uitdraf, begin hulle dié taak met 'n ritueel: Hulle sing 'n tradisionele Gwijo-liedjie saam in hul moedertaal Xhosa.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Pieter-Steph du Toit
Springbokkaptein
2018–
Opgevolg deur
'

Tags:

Siya Kolisi Vroeë leweSiya Kolisi Springbok en later ook kapteinskapSiya Kolisi Gwijo-ritueelSiya Kolisi VerwysingsSiya Kolisi BronnelysSiya Kolisi Eksterne skakelsSiya Kolisi16 Junie1991CurriebekerGqeberhaRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 2015Rugbywêreldbeker 2019Rugbywêreldbeker 2023Sharks (Superrugbyspan)SpringbokrugbyspelerStormers (Superrugbyspan)SuperrugbyVerenigde RugbykampioenskapWestelike Provinsie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Omtrek, oppervlakte en volumeKostuumsAfro-AmerikanersSarel Jacob PretoriusVoortrekkersMonopolieKinderregteNederlandsVoedingHomofoonSkerpioenBoelierySkildklierAfrikaGroepsdrukMateriaalMaanLeonardo da VinciWet op NaturellengrondBelgiëOrale seksLys van Suid-Afrikaanse skrywersLiewe HeksieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAnilingusKoorsPropagandaChristiaan BarnardOmgewingskwessies in Suider-AfrikaWinnie Madikizela-MandelaAkademiaWekkerManie LibbokDeelwoordGeslagBoor (element)KweekhuiseffekSatellietRoofvoëlMiteNeurenberg-verhoreKartografieWikipediaFrederik Willem de KlerkMassaProstaatklierPinksterNag van die lang messeHibernasieSpringbokHandbalWet op Verbod van Gemengde HuwelikeFrankrykStadOraniaOligopolieSkoolSoortnaamKanadaHeuningbySosiale ordeSoweto-opstandAboriginesHemelvaartWhatsAppPoësieSelfmoordWiki CommonsLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVersoeningsdagLys van elemente volgens simboolGeelsugWetenskaplike metode🡆 More