Selfie

'n Selfie is 'n foto wat iemand van hom- of haarself neem.

Die persoon wat die foto neem is dus self op die foto (in 'n spieël of met een of beide arms) sigbaar. So 'n selfie word gewoonlik met 'n selfoon of digitale kamera geneem. Die gebruik is veral gewild by jongmense.

'n Selfie kan gebruik word as avatar op webtuistes of ander sosiale media. Dit kan ook geneem word as bewys dat 'n persoon iets gedoen het, iets aangehad het of by 'n bepaalde plek was. Andersyds kan dit ook die resultaat van 'n ledige spelery wees.

Spesiale selfiestokke is beskikbaar om mense te help om beter selfies te neem. Die kamera word aan die stok gemonteer, wat dan gebruik word om foto's van verder, of vanuit 'n ander hoek te neem.

In 2013 is die woord "selfie" in verskeie woordeboeke opgeneem, onder andere:

  • Van Dale Groot woordenboek van de Nederlandse taal; en
  • Oxford English Dictionary.

Dié woord is in 2015 in die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal opgeneem.

Geskiedenis

Sover bekend is die woord 'selfie' vir die eerste keer op 13 September 2002 op 'n Australiese aanlynforum gebruik. 'n Persoon het om verskoning gevra vir die publikasie van 'n onduidelike foto, deur te skryf: "And sorry about the focus, it was a selfie."

In 2004 verskyn die woord as etiket op Flickr. Sedert 2012 word dit algemeen gebruik. Aanvanklik is dit met 'n 'y' aan die einde gespel, later het die 'ie' meer gebruiklik geword.

Fotogalery

Verwysings



Selfie  Fotografie

BeeldsensorBeligtingDaguerreotipeDigitale kameraDonkerkamerEF-lenspassingEnkellensreflekskameraF-nommerFilmFilmspoedFokusFokusafstandIntreepupilKameraLensopeningLensopeningprioriteitPentaprismaProfessionele videokameraReël van derdesRGB-kleurmodelSluiterprioriteitSluiterspoedTelefotolensVeelvoudige beligtingVelddiepteWyehoeklens

GeomerkingGroeperingHolografieNatuurfotografieSelfieSnelreeksfotografieWildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon

Tags:

Digitale kameraFotoSelfoon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KangaroeBosbokArendSlag van BloedrivierRoesGroepsdrukGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogMidde-OosteTweede VryheidsoorlogKarooDigvormSuiwelprodukMusieksimboleKersfeesTopsy SmithOu Apostoliese KerkAppel (sanger)KunstenaarSikloonBreyten BreytenbachStudievaardighedeOligopolieKoerantWet op NaturellengrondNeurenberg-verhoreTafelsoutAngolese BurgeroorlogKindersiektesHondWêreld- Ekonomiese ForumLeonardo da VinciEngelsTrappe van vergelykingBalletMaanDermpoliepTswanaOseaanProteaStollingsgesteenteRivierGqeberhaBosluisbytkoorsEugenetikaNederlandAngina pectorisSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieHerfsKolorektale kankerEskomYslandGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMateriaalSwartbewussynsbewegingMiddeloorontstekingLien se lankstaanskoeneGetalGrondsoorteMikro-ekonomie2001Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBesoedelingKaapstadHoofstadSarel Jacob PretoriusIdioomIndustriële RevolusieNatuurlike hulpbronSweedsKameelperdChristendomLys van politieke partye in Suid-AfrikaGeweld🡆 More