Noord-Kaap: Provinsie van Suid-Afrika

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: uMntla-Koloni) is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid-Afrika.

Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in drie nuwe provinsies, die Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Provinsie Noord-Kaap
Northern Cape Province
Kapa Bokone
uMntla-Koloni
Noord-Kaap: Demografie, Distrikte, Geografie
Wapen
Ligging van die Noord-Kaap
Hoofstad Kimberley
Grootste stad Kimberley
Premier Zamani Saul (ANC)
Oppervlakte
– Totaal
Geranglys 1ste
361 830 vk km
Bevolking
 - Totaal (2011)
 - Bev.digtheid
Geranglys 9de
1 145 861
3,1 / vk km
Geloofsoortuigings Christene (94,8%), geen (3,5%), res (1,6%)
Tale Afrikaans (53,8%), Tswana (33,1%), Xhosa (5,3%), Engels (3,4%), Suid-Sotho (1,3%)
Etniese verdeling Swart mense (50,4%), Bruin mense (40,3%),
Wit mense (7,1%),
Asiërs (0,7%)

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

Demografie

Noord-Kaap: Demografie, Distrikte, Geografie 
Meerderheidstale in die Noord-Kaap:

   Afrikaans

   Engels

   Xhosa

   Tswana

   Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2011-sensus): 1 145 861. Mees ylbevolkte Suid-Afrikaanse provinsie.
  • Tale: Afrikaans (53,8%), gevolg deur Tswana (33,1%).

Distrikte

  1. Namakwa
  2. Pixley ka Seme
  3. ZF Mgcawu
  4. Frances Baard
  5. John Taolo Gaetsewe

Geografie

Oppervlakte: Sowat 361 830 vierkante kilometer – die grootste provinsie wat 29,7% van die land beslaan.

Ligging en topografie

Noord-Kaap: Demografie, Distrikte, Geografie 
Waterval geleë 'n paar myl ten noorde van Nieuwoudtville, op pad na Loeriesfontein, Noord-Kaap

Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibië en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Die Noord-Kaap is 'n plat, klipperige wêreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm reën per jaar). Die suide is 'n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis 'n harde wêreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik. Van die veldblomme is inheems, maar die gewildste plant, die kosmos, is 'n indringer van Amerika. En dan is daar die Oranjerivier, wat soos 'n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Ekonomie

Die Noord-Kaap is ryk aan minerale (asbes, koper, ystererts, mangaan, gips, edelstene) en het die grootste diamantneerslae in die land. Dit is skaapwêreld, maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere.

Wet en regering

Die huidige premier van die Noord-Kaap is Zamani Saul. Hy is van die ANC.

Die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer se setel is in Kimberley en dit voer wetgewing deur volgens die provinsiale belange, wat in die Grondwet van Suid-Afrika bepaal is, onder meer op die gebied van landbou, onderwys, omgewingsake, gesondheidsorg, behuising, taalbeleid, toerisme, handel en welvaart.

Verwysings

Bronne


Eksterne skakels

Provinsies van Suid-Afrika Noord-Kaap: Demografie, Distrikte, Geografie 
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap


22°O / 30°S 22°O / -30; 22

Tags:

Noord-Kaap DemografieNoord-Kaap DistrikteNoord-Kaap GeografieNoord-Kaap Ligging en topografieNoord-Kaap EkonomieNoord-Kaap Wet en regeringNoord-Kaap VerwysingsNoord-Kaap BronneNoord-Kaap Eksterne skakelsNoord-KaapEngelsHoofstadKaapprovinsieKimberleyOos-KaapProvinsies van Suid-AfrikaSuid-AfrikaTswanaWes-KaapXhosa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DansVoortrekkersMagneetVaalrivierNG gemeente Murraysburg20ste eeuByvoeglike naamwoordWhatsAppRob HersovRooibloedselRenosterLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Russiese inval in Oekraïne sedert 2022MetafoorWikimedia-stigtingFranse RewolusieDinosourusKongo-krisisAborsie in Suid-AfrikaGreta ThunbergRassisme in AfrikaHematurieAvbobAardeBruin menseOrtopedieMartin Luther King jr.Vlekvrye staalSiya KolisiKaartSweedsSpysverteringstelselSwemNedersettingBurgerregteBaljuElektroniese of digitale mediaMeningsverskil oor aardverwarmingDubbelpuntMickey MuisMiddeloorontstekingXhosasRacheltjie de BeerAanhalingstekensOu Apostoliese KerkMagnetismeVoegwoordOlimpiese Somerspele 2024GautengBysteekRuan PienaarBTWIrma SternKorrupsieKoerantHeidelberg, GautengGeldDoziSeekoeiBloeddrukTrappe van vergelykingLimpopo (rivier)Slag van BloedrivierWalvisToestand van materieAfleiding (taalkunde)Nasionaal-SosialismeInsekEkostelselHaasKolonoskopieOmtrek, oppervlakte en volumeYsterPotchefstroomLien se lankstaanskoeneDirekte en Indirekte rede🡆 More