Whatsapp: Kitsboodskapdiens vir slimfone

WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie.

Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies.

WhatsApp
Kort opsomming van die logo.
Ontwikkelaar WhatsApp Inc.
Aanvanklike vrystelling 2009
Bedryfstelsel iOS, Android, Windows Phone, BlackBerry OS, BlackBerry 10, Windows Phone, Nokia Series 40, Symbian
Beskikbaar in Enige taal
Kategorie Boodskapdiens
Lisensie Eiendom
Webblad www.whatsapp.com

WhatsApp, Inc. is in 2009 gestig deur die Amerikaners Brian Acton en Jan Koum (ook die hoof- uitvoerende beampte), albei voormalige werknemers van Yahoo!, en is gebaseer in Mountain View, Kalifornië. Die maatskappy het 55 werknemers en is oorgeneem deur Facebook, Inc., wat sy verkryging van WhatsApp, Inc. vir $19,3 miljard op 19 Februarie 2014 aangekondig het.

In 'n bloginskrywing in Desember 2013 beweer WhatsApp hy het elke maand 400 miljoen aktiewe gebruikers. Op 22 April 2014 het WhatsApp meer as 500 miljoen maandelikse aktiewe gebruikers gehad; 700 miljoen foto's en 100 miljoen video's is in dié tyd elke dag gedeel. Dit het in 2014 elke dag meer as 10 miljard boodskappe hanteer.

Dit het die wêreld se gewildste boodskaptoepassing in 2015 geword,, en het meer as 2 000 000 000-gebruikers wêreldwyd vanaf Februarie 2020. Dit het die primêre middel van elektroniese kommunikasie in verskeie lande en plekke geword, waaronder Latyns-Amerika, die Indiese subkontinent en groot dele van Europa en Afrika.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

InternetKlankgrepeSMSSlimfoonVideo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HolocaustMaanFilistyneByCristiano RonaldoPersoonlike voornaamwoordCovid-19-pandemieBeleggingInfeksieDuitse maselsGedigMigrasie van diereAfrikaanse WikipediaGeweldKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMangelWoordsoortHamburgerAnti-inflammatoriese middelVersamelnaamMaagsweerSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeKankerAkademiaGeboorteGrondbesoedelingWaterkringloopRenosterKalenderSportFacebookAngolese BurgeroorlogDistrik SesBiodiversiteitDriehoekUnie van Suid-AfrikaEngelandTydsoneSelfmoordSeekatInflasieFiela se kind (rolprent)Gewasboerdery in Suid-AfrikaVrouMynbedryf van Suid-AfrikaBoelieryGeskiedenis van die BoererepubliekeGeslagNierErektiele disfunksiePornografiese subgenresPriemgetalWeervoorspellingNiersteenVeelvoudige sinAfvalbestuurSosiale mediaTrappe van vergelykingChristendomMuskeljaatkatDistillasieOorstromingGrondwet van Suid-AfrikaHibernasieBlaarKunsmatige algemene intelligensieOnderwerp (taalkunde)Afro-AmerikanersJohannes MeintjesBreinvliesontstekingWieg van die MensdomSydneyGautengGroot GatMotorvoertuigProteaRookgewoonte🡆 More