Mieliestronk: Afrikaanse webwerf wat ten doel gehad het om kinders met hul skooltake te help

Mieliestronk, of Dugeot se Mieliestronk soos dit ook bekend staan, was 'n Afrikaanse webwerf wat ten doel gehad het om kinders met hul skooltake te help.

Mieliestronk
Mieliestronk: Afrikaanse webwerf wat ten doel gehad het om kinders met hul skooltake te help
Tipe webblad Ensiklopedie
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Geen
Eienaar Naspers
Opgerig 2001
Huidige status Onaktief
URL mieliestronk.com (Dooie skakel)

Op Mieliestronk was inligting oor spesifieke onderwerpe op 'n ensiklopediese maar informele wyse aangebied. Mieliestronk poog egter ook om mense te help wat hul algemene kennis wil opskerp. Die webwerf bestaan sedert 2001 en is vroeër deurlopend uitgebrei, maar dit word reeds verskeie jare lank nie meer aangevul of bygewerk nie. Mieliestronk se materiaal was in een stadium ook te koop en het in verskeie pakkette voorgekom.

In Desember 2011 is 'n kontrak beklink waarkragtens Mieliestronk deur die Naspers-filiaal Media24: Weeklikse Tydskrifte by die oorspronklike webmeester, G. (Ollie) Olwagen, oorgeneem is. Olwagen, wat 'n senior tydskrifjoernalis was tot met sy aftrede rondom die eeuwisseling, het die webwerf omstreeks 2001 begin en dit deur die jare op eie houtjie met weinig hulp opgebou tot waar dit mettertyd in skooltyd tot 44 000 klikke per dag ontvang het (tot 153 000 sogenaamde unieke besoeke per maand).

Ondanks Mieliestronk se stagnasie en veranderde internetpatrone, het die webwerf se hoofbladsy in 2017 – in "goeie skoolmaande" soos Februarie, Mei en Augustus – steeds nagenoeg of meer as 50 000 unieke besoeke per maand ontvang. Materiaal uit Mieliestronk is in verskeie skoolboeke opgeneem soos in die Platinum-reeks handboeke. Mieliestronk is sedert Junie 2023 nie meer beskikbaar op die internet nie.

Sien ook

Eksterne skakel

Tags:

AfrikaansEnsiklopedieInligtingKindSkoolWebwerf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HemelBesemDriedimensioneelKunsmatige algemene intelligensieSeksuele opwekkingGroot TrekVigsWerkersdagSuurstofVoortrekkermonumentDemografie van Suid-AfrikaVeeartsDermpoliepGrondwet van Suid-AfrikaEngelsHeks van HexrivierLys van visse7de LaanMenslike skeletLys van bekende Suid-AfrikanersLeierGeweldToutrekVennootskapMiteSout (chemiese stof)Depressie (gemoedstoestand)ItaliëGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondRudi ClaaseKunsmatige intelligensieGeskiedenis van AfrikaansWoordeboek van die Afrikaanse TaalInligtingSoogdierSinoniemVakbondZoeloesAkuutKeramiekWikiquoteRumatiekJacques LootsMynbouNoord-KaapAfrikaansGeldMuskietAborsieElandréWet op Bantoe-onderwysSeksueel oordraagbare infeksieAtoomRooibokWikimedia-stigtingNelson MandelaStilleweOogFrederik Willem de KlerkKlavierWetenskaplike metodeEiffeltoringErns GrundlingPretoriaVaste stofGordelroosAppel (sanger)KMenseregteSportArmoedeverligtingErektiele disfunksieRenaissanceDemi Lee MooreVormVolhoubare ontwikkelingHandbalSeksposisie🡆 More