Voegwoord: Woordsoort wat twee woorde, sinne, frases of klousules verbind

'n Voegwoord, of konjunksie, is 'n woord wat gebruik word om sinne saam te voeg.

Voorbeeld

As voorbeeld, kyk na die volgende twee sinne:

    Tania is siek.
    Sy het skool toe gekom.

'n Voegwoord is nodig om die twee sinne as een sin te skryf. Byvoorbeeld:

    Tania is siek, maar sy het skool toe gekom.

Betekenis

Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Vergelyk byvoorbeeld die volgende drie sinne:

    Hy nog sy hou van Hans.
    Ek en hy hou van Hans.
    Ek of hy hou van Hans.

Afrikaanse voegwoorde

Die Afrikaanse voegwoorde is:

  • en
  • of
  • asof
  • maar, dag
  • nog
  • dus, derhalwe
  • daarom
  • (deur)dat
  • terwyl
  • omdat, aangesien, want, daar
  • sodat
  • sedert
  • nadat
  • voordat
  • totdat
  • toe
  • sodra
  • as, soos
  • as... dan
  • sonder dat
  • behalwe
  • hoewel, ofskoon
  • mits
  • tensy


Indeling volgens funksie

Voegwoorde kan volgens hulle funksie as volg ingedeel word:

  • Tydigheid (terwyl, nadat en voordat)
  • Redegewend (omdat, want).
  • Beperkend (behalwe)
  • Vergelykend (soos, asof)
  • Disjunktief (of)
  • Toegewend (hoewel, ofskoon)
  • Voorwaardelik (as, indien, mits, tensy)

Gebruik van die komma

'n Komma word meestal voor 'n voegwoord wat twee sinne verbind geplaas. Die uitsondering is 'dat' en 'en'. As die voegwoord 'of' in 'n neweskikkende hoedanigheid gebruik word, verval die komma in verreweg die meeste gevalle ook.

Kyk ook

Tags:

Voegwoord VoorbeeldVoegwoord BetekenisVoegwoord Afrikaanse voegwoordeVoegwoord Indeling volgens funksieVoegwoord Gebruik van die kommaVoegwoord Kyk ookVoegwoordWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Dulcie van den BerghOrkney Snork NieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMenslike penisgrootteKlitorisNaeltjiesKlein vyf diereVarkWortelTonnels van Củ ChiJaco du PlessisStaat PalestinaNazi-DuitslandSamestellende afleidingHoofpynAnrich HerbstMarga van RooyNiersteenKolitisAustraliëNagapieEstlandSonsteekPenisJohannesburgSeksuele stimulasieDaggaOrkaan GustavFredi NestGalblaasPampoentjiesTeologieAspergersindroomWerwelkolomVlag van LibanonAalwynSuid-Afrikaanse PolisiediensNarsismeLikkewaanAsiëSlag van Cuito CuanavaleEuropese RugbykampioenskapSesnasies-toernooiAntarktikaBloeddrukOrgasmePaddaGriekelandDiepaartromboseIndiëNoord-AmerikaDesiré GardnerBywoordDonker materieRooiwaterBateGriepEmfiseemNamakwalandOnderwys (geskiedenis)A.J. ApplegateMiddelmisbruikGuillain-Barré-sindroomCecil John RhodesSteenkoolGordelroosNieuwoudtvilleKarpaletonnelsindroomAardverwarmingPalmsondag🡆 More