Upington

Upington is 'n belangrike dorp geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Upington
Dorp
Lugfoto van Upington se sentrale sakekern
Lugfoto van Upington se sentrale sakekern
Upington is in Noord-Kaap
Upington
Upington
Upington Upington se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°27′22″S 21°14′7″O / 28.45611°S 21.23528°O / -28.45611; 21.23528 21°14′7″O / 28.45611°S 21.23528°O / -28.45611; 21.23528
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikZF Mgcawu
MunisipaliteitDawid Kruiper
Stigting1873
Regering
Hoogte
835 m (2 740 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal74 834
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense10.1%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense62.6%
 • Swart mense25.6%
 • Ander1.1%
Taal (2011)
 • Afrikaans 85.5%
 • Xhosa 6.1%
 • Tswana 3.2%
 • Engels 2.1%
 • Ander 3.1%
Poskode (strate)
8800
Skakelkode054
Webwerfwww.kharahais.gov.za
www.greenkalahari.co.za
Upington
Nelson Mandela-rylaan in Upington se sentrale sakekern (2016).

Geskiedenis

Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Die dorp het munisipale status in 1898 verkry.

Upington vandag

Vandag is Upington 'n groot dorp met 'n geskatte 101 504 inwoners in 2008, die naasgrootste nedersetting in die Noord-Kaap. Dit dien as 'n vername administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap. Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noordweste van Suid-Afrika.

Infrastruktuur

Die Upington-lughawe (voorheen bekend as die Pierre van Ryneveld-lughawe) is by die dorp. Die N10 en N14 nasionale paaie kruis in Upington. Die spoorverbinding tussen Suid-Afrika en Namibië loop ook deur die dorp.

Klimaat

Upington kry gewoonlik 94 mm reënval per jaar met die meeste neerslae in die herfs. As 'n reël val geen reën in Junie nie en 29 mm in Maart. Die gemiddelde middagtemperatuur is 19,8 °C in Junie en 33 °C in Januarie, gewoonlik die warmste maand van die jaar. Die koudste maand is Julie, wanneer die kwik snags tot gemiddeld 2,8 °C daal. Vroeg in Januarie 2016 is 45 °C op Upington gemeet, die hoogste temperatuur sedert 1959.

Fotogalery

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Upington GeskiedenisUpington vandagUpington InfrastruktuurUpington KlimaatUpington FotogaleryUpington Sien ookUpington BronnelysUpington Eksterne skakelsUpingtonDorpNoord-KaapOranjerivierSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SebraWaterstofBosluisbytkoorsHokkieHeks van HexrivierHondeklipbaaiKonjunktivitisJan van RiebeeckWet op BevolkingsregistrasieKunsmatige intelligensieWes-KaapGroot GatNag van die lang messeKatoenWoordsoortRelatiwiteitsteorieNazi-DuitslandVoorvoegselKankerSpoorvervoer in Suid-AfrikaHerfsAtmosfeerSeksualiteitKnieMieliestronkBelastingPaddaTaalYstertydperkGeografie van Suid-AfrikaSwart menseWoordeskatKrokodilMasturbasieRassismePersoonlike voornaamwoordEnsiklopedieWoordMusiekAluminiumLys van Griekse mitologiese figureToekoms van die AardeMobutu Sese SekoMetafoorAfrikanerweerstandsbewegingBybelArmoedeSmaakKitaarWaterbesparing in Suid-AfrikaLeeudoringstad-spoorwegrampWikimedia-stigtingMierLys van elemente volgens simboolYouTubeFabelSteenkool in Suid-AfrikaOu Apostoliese KerkSuiwelprodukEnkelvoudige sinNatuurJak de PriesterGoogleAfrikaansNeerslagLeierWelwitschiaDwelmmiddelRamsar-vleilande in Suid-AfrikaBywoordEmosieFilistyneAdolf HitlerJudaïsme🡆 More