Lien Se Lankstaanskoene: Afrikaanse rolprent uit 2013

Lien se lankstaanskoene is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Mei 2013 uitgereik is.

Dit is gebaseer op die gelyknamige boek deur Derick van der Walt (ISBN 9780624046684), waarvoor hy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (goud) ontvang het. Die film is deur kykNET gefinansier en deur Spookasem Films vervaardig. Dit is in beide Ster-Kinekor en Nu Metro se teaters vertoon.

Lien se lankstaanskoene
Regisseur André Odendaal
Produksieleier Gustav Kuhn en Konrad Kuhn
Draaiboek Derick van der Walt (boek)
Saartjie Botha (draaiboek)
Met Carmen Pretorius
Franci Swanepoel
Tiaan Kelderman
Jacques Gombault
Musiek deur Benjamin Willem
Kinematografie Justus de Jager
Redigeerder C.A. van Aswegen
Ateljee Spookasem Films
Uitgereik 3 Mei 2013
Speeltyd 94 minute
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Genre

Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n 10-12 ouderdomsperk.

Hoofrolspelers

  • Carmen Pretorius as Lien Jooste
  • Franci Swanepoel as Christien Jooste
  • Tiaan Kelderman as Braam Jooste
  • Jacques Gombault as Mnr. Jooste
  • Gideon Lombard as Wouter
  • Eben Groenewald as Hein
  • Elize Cawood as Roos
  • Fiks Mahola as Tibbey
  • Marie Pentz as Bets
  • Hykie Berg as ds. Gerhard
  • Fredia Roux as Miemie
  • Magda van Biljon as Malie
  • Brian Webber as Donovan
  • Johan Baird as Dirkie
  • Dirk Stoltz as Sproet
  • Elne Pretorius as Sally
  • Carla Botha as Riekie
  • Piet Beyers as Christiaan
  • Angelique Pretorius as juffrou Breytenbach

Storielyn

Lien is die kind in 'n disfunksionele huishouding. Nadat die gesin se status van welgesteld tot brandarm verander, moet Lien uitspring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede met haar verlede te maak.

Sien ook

Tags:

Lien Se Lankstaanskoene GenreLien Se Lankstaanskoene HoofrolspelersLien Se Lankstaanskoene StorielynLien Se Lankstaanskoene Sien ookLien Se Lankstaanskoene20133 MeiAfrikaansKykNETRolprent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PankreasBloemfonteinSwawelAfrikaNG gemeente MurraysburgEiffeltoringKrugerwildtuinByvoeglike naamwoordBreinvliesontstekingStaatstoelaeAbstraksie (rekenaarwetenskap)Komplementêre kleureGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVaalrivierKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVoorsetselSlangSpringbokkeSuid-Afrikaanse randTrappe van vergelykingSamestellende afleidingInsekKolonoskopieVerkoueKriekNieuwoudtvilleWaterVlag van Suid-AfrikaBreinNederduitse Gereformeerde KerkStedelike hitte-eilandKarooAkuutGeskiedenis van Suid-AfrikaDemokrasieSeisoenWortelMartin Luther King jr.HorlosieFinale OplossingHage GeingobSimboolPesachVarkTemperatuurGalblaasVerenigde KoninkrykErosietipesOogproblemeAfro-AmerikanersLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAfvalbestuurMag (sosiale wetenskappe)VerkleinwoordViëtnamKasteel die Goeie HoopSuider-AfrikaGloeilampWerkwoordCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLangste woordNederlandsBreedtegraadMorfologie (taalkunde)BestaansboerderySnaarinstrumentLionel PetersonMaatskappyMenslike skeletRymPirow BekkerDonkieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWerkloosheidKlein-Karoo🡆 More