Samestellende Afleiding: Woord met meer as een basisvorm plus 'n morfeem of morfeme

'n Samestellende afleiding is 'n woord met meer as een basisvorm plus 'n morfeem of morfeme.

Byvoorbeeld, die woord "vliegtuigwiele" bestaan uit 3 basisvorme en een morfeem (vlieg + tuig + wiel + e).

'n Basisvorm of stam word gedefinieer as die kleinste betekenisvolle eenheid van 'n woord. Die lettergrepe van "tafeltjie" is: ta-fel-tjie, maar nie een van hierdie dele is betekenisdraend nie, maar wanneer dit in woorddele in gedeel word naamlik tafel+tjie is dit duidelik dat "tafel" die basisvorm is omrede dit 'n bekende voorwerp is, wat betekenis dra. Die "tjie" dui die verkleiningsvorm aan.

Dis belangrik om te onthou dat die basisvorm van 'n woord eerstens betekenisdraend moet wees en tweedens moet dit verband hou met die betekenis van die saamgestelde of afgeleide woord, byvoorbeeld: in "bok-makierie" is die basisvorm bloot bokmakierie, want "bok", "ma" en "kierie" hou geen verband met die woord se betekenis nie. Dit is dus net 'n skynbare samestelling. In teenstelling met die bostaande, in die woord "knopkierie" is "knop" en "kierie" albei basisvorme, aangesien albei verband hou met die betekenis van die saamgestelde woord

Morfeme het nie selfstandige betekenis nie en kan ook nie selfstandig gebruik word nie. Hulle word saam met 'n basisvorm gebruik om nuwe woorde te vorm en dra dus so betekenis oor. Daar is drie soorte morfeme,naamlik premorfeem, metamorfeem en postmorfeem. Samestellende afleidings word gevorm deur meer as een basis en 'n afleidingsmorfeem of morfeme, wat dan 'n pre- of postmorfeem is. 'n Premorfeem staan voor die basisvorm byvoorbeeld: oermens, wandaad. 'n Postmorfeme staan agter die basisvorm byvoorbeeld: eetbaar

Afleidingsmorfeme word gebruik om nuwe woorde van bestaande woorde te vorm deur gebruik te maak van premorfeme of postmorfeme. Die funksie van afleidingsmorfeme sluit in eerstens, om geslag uit te druk byvoorbeeld: Kelner (manlik) en kelnerin (vroulik). Tweedens om gevoel of affek uit te druk byvoorbeeld: 'n bittere lyding, tere liefde, gryse verlede ens. Derdens sluit afleidingsmorfeme se funksie in om die betekenis van die basisvorm te verander soos byvoorbeeld: "ont" in ontbos beteken "om weg te neem" en dien "mis" in misdaad beteken "sleg" - 'n slegte daad. Laastens is afleidingsmorfeme se funksie om die woordsoort te verander bv. "man" (s.nw.) na "beman" (ww.) of tem (ww) – tembaar (b.nw.) ens.

Sien ook

Verwysings

Tags:

MorfeemWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PseudowetenskapFinansiële staatSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeLetterkundeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaEerste WêreldoorlogVergelykings (taalkunde)VerstedelikingJo BlackSeegolfKoue OorlogEnkelvoudige sinPussy RiotBoomslangKolonoskopieHoenderCovid-19-pandemieKindersiektesPornografieOos-KaapHannes van WykInvloed van vigs op die ekonomieHefboomJohannesburgMuishondOm-te-infinitiefkonstruksieSkildklierVolstruisVlag van Suid-AfrikaGrondwetVerbondsarkSwart menseWolfErosietipesLys van myne in Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbySpysverteringstelselDistillasieKoolstofdioksiedAluminiumMenseregtedagByvoeglike naamwoordPerdPriemgetalNeerslagDiamantPornhubLys van Afrikaanse skrywersKultuurSwangerskapMIV/vigs in Suid-AfrikaStaalSoutsuurAntoniemSwawelAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKaliumToestand van materieGalileo GalileiLys van Nederlandse skildersRooikatKoppeltekenKonsonantSkaapWinnie Madikizela-MandelaSirkelFilistyneLugbesoedelingJeugdagEmosieKunsmatige intelligensieKlimaatsverandering in AfrikaGipsAanpassingskapasiteitVennootskap🡆 More