Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Die destydse minister van gesondheid Zweli Mkhize het bevestig dat die covid-19-pandemie aan die begin van Maart 2020 ook na Suid-Afrika versprei het. Die koronavirussiekte 2019 (covid-19) word veroorsaak deur ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (SARS-CoV-2).

Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika
Kaart van provinsies met bevestigde gevalle van COVID-19
Datum1 Maart 2020 – voortdurend
LiggingSuid-Afrika
Virusstam SARS CoV-2

Oorsprong Wuhan, Hubei, China
Eerste geval Hilton, KwaZulu-Natal
1 Maart 2020 (1509 dae gelede)
Gevalle 4 025 375(23 Oktober 2022)
Aktief 5 368
Sterftes 102 257
Herstel 3 916 030

Webwerf www.nicd.ac.za

Op 15 Maart 2020 het president Cyril Ramaphosa 'n nasionale ramptoestand afgekondig om 'n gekoördineerde en geïntegreerde rampbestuurstelsel te implementer. Dit sou help om die virusuitbraak te bestuur en die regering in staat stel om nooddienssentrums in te rig. 'n Reisverbod is vanaf 18 Maart 2020 vir reisigers van Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, die VSA, die Verenigde Koninkryk en Volksrepubliek China ingestel.

President Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat die land vanaf 26 Maart vir 21 dae in 'n staat van inperking sal wees. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ook ontplooi om die polisie en ander staatsdepartemente by the staan in die toepassing van die maatreëls. Die nasionale staat van inperking is later tot 30 April verleng. Op 10 April het dr. Mkhize aanbeveel dat die algemene publiek gesigsmaskers dra wanneer hulle hul huise verlaat.

Op 21 April het die president 'n ekonomiese stimuluspakket van 500 miljard rand aangekondig in reaksie op die pandemie. Op 23 April het president Ramaphosa aangekondig dat daar 'n geleidelike en in-fase verslapping van beperkings sal plaasvind, wat die nasionale waarskuwingsvlak vanaf 1 Mei 2020 tot vlak 4 verlaag het. Vanaf 1 Junie is die nasionale beperkings na vlak 3 verlaag.

Op 12 Julie 2020 het die president aangekondig dat die nasionale ramptoestand verleng sou word tot 15 Augustus 2020. ‘n Drankverbod is weer onmiddellik in werking gestel en 'n aandklokreël is tussen 22h00 tot 04h00 aangekondig. Die dra van lapgesigsmaskers is verpligtend gemaak. Parke is weer oopgestel vir oefening, maar nie vir enige vorm van byeenkomste nie. Die beperkings is vanaf 17 Augustus 2020 verlaag tot waarskuwingsvlak 2. Op 16 September 2020 kondig die president aan dat Suid-Afrika se covid-19 regulasies na vlak 1 verlaag word vanaf 20 September, en sodoende kan die meeste alledaagse aktiwiteite hervat word. In Desember 2020 beleef die land 'n tweede golf covid-19-infeksies. Gevolglik word die covid-19 regulasies op 29 Desember 2020 vanaf 'n aangepaste vlak 1 tot 'n aangepaste vlak 3 verskerp, weens 'n toename in infeksies.

Die covid-19 regulasies word verlaag van 'n aangepaste vlak 3 tot 'n aangepaste vlak 1 vanaf 1 Maart 2021, na 'n afname in infeksies. Op 17 Februarie 2021 word die nasionale inentingsprogram teen covid-19 amptelik bekendgestel. Op 28 Junie 2021 is die covid-19 beperkings in die land verander na aangepaste vlak 4, met die Delta-variant wat vinnig die dominante stam van die virus tydens die derde vlaag van die pandemie geword het. Op 9 Julie 2021, sestien maande ná die pandemie begin het, beskryf dokters in Johannesburg die stelsel daar as die breekpunt, met onvoldoende beddens en skaars genoeg suurstof. Op 25 Julie is die land se inperkings na aangepaste vlak 3 verander. Op 13 September 2021 het 'n aangepaste waarskuwingsvlak 2 van krag geword. Op 4 April 2022 kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking, wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is. Die onmiddellike risiko het teen middel Junie 2022 afgeneem, en op 22 Junie 2022 is alle oorblywende gesondheidsregulasies rakende Covid-19 beëindig.

Voorbereidings

Nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) op 30 Januarie 2020 covid-19 tot 'n openbare wêreldwye bekommernis vir gesondheid verklaar het, is die nasionale noodoperasiesentrum, die National Joint Operational and Intelligence Structure (NATJOINTS) geaktiveer.

Toetsing

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het teen 14 Februarie 2020 71 polimerase kettingreaksietoetse (PKR) vir SARS-CoV-2 in Suid-Afrika voltooi, waarvan geen positief getoets het nie.

Teen 4 Maart is 181 toetse uitgevoer, waarvan geen positief getoets het nie. Tot en met 11 Maart 2020 is 645 toetse uitgevoer, waarvan 13 positief getoets het.

Teen 11 April is 75 053 toetse uitgevoer.

Teen 23 April is 143 570 toetse uitgevoer.

Teen 27 Junie is 1 567 084 toetse uitgevoer.

Teen 11 Julie is 2 108 570 toetse uitgevoer.

Teen 12 Januarie 2021 is 7 358 741 toetse uitgevoer.

Teen 10 Junie 2021 is 12 044 072 toetse uitgevoer.

Eerste vlaag van Maart 2020 - November 2020

Die eerste pasiënt wat met covid-19 in Suid-Afrika bevestig is, het op 1 Maart 2020 met sy vrou en 8 ander van die provinsie Milaan in Italië teruggekeer en deur Doebai; O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Gauteng en Koning Shaka Internasionale Lughawe in Durban; na Hilton in KwaZulu-Natal gereis. Op 3 Maart het die pasiënt simptome by 'n privaat algemene praktisyn aangemeld en homself geïsoleer; die dokter het haarself ook geïsoleer. Op 5 Maart het Mkhize die eerste bevestigde geval aangekondig, epidemioloë en klinici van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) is na KwaZulu-Natal ontplooi, en die pasiënt is in Grey's hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem.

Op 7 Maart is aangekondig dat 'n vrou uit dieselfde reisgroep uit Italië, wat na Gauteng terugkeer het, ook positief getoets is.

Op 8 Maart is aangekondig dat die vrou van die eerste pasiënt ook positief getoets is. Op 9 Maart is nog vier gevalle van dieselfde reisgroep uit Italië, soos alle vorige gevalle, positief bevestig. Op 11 Maart is 6 nuwe gevalle aangemeld, met 1 geval van dieselfde reisgroep uit Italië, terwyl die ander 5 gevalle nie met die voriges verband hou nie, hulle het reisgeskiedenisse na ander Europese lande.

Op 12 Maart is 3 nuwe gevalle aangekondig, waaronder die eerste geval in Mpumalanga. Die eerste plaaslike oordrag en eerste geval in die Vrystaat is ook aangekondig, maar is later die dag teruggetrek deur die NICD wat bevestig het dat die geval 'n vals positiewe fout was en in werklikheid negatief was. Dit het die totale gevalle op 16 gebring.

Op 13 Maart is 8 nuwe gevalle aangekondig, en die minister het opgemerk dat "daar meer positiewe resultate gevind is. Die NICD en NHLS verifieer nou die inligting en hierdie resultate."

Op 10 April is gesondheidskenners verras deur die dramatiese vermindering in daaglikse gevalle oor die voorafgaande twee weke, hoewel die vrees ook uitgespreek is dat die vermindering 'n verslapping in waaksaamheid kon veroorsaak.

Tweede vlaag van Desember 2020 - Mei 2021

Op 3 Desember 2020 het die president weer die nasie op TV toegespreek. Hy het opgemerk dat covid-19 in sommige distrikte van die provinsies Oos- en Wes-Kaap besig is om te herleef. Die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit is geïdentifiseer as 'n koronavirus-brandpunt; beperkings in hierdie gebied is verskerp. Die nasionale ramptoestand is verleng tot 15 Januarie 2021.

Op 7 Desember het die regering gesê dat partytjies aan die einde van die skooljaar, bekend as 'rumoerpartytjies', superverspreidingsgebeurtenisse is.

Op 9 Desember het die Minister van Gesondheid aangekondig dat die land die tweede vlaag betree het. Die land beleef op daardie stadium meer as 6 000 nuwe gevalle per dag, nadat dit tot minder as 1 000 gevalle per dag afgeplat het aan die einde van September.

Op 14 Desember kondig die president die sluiting van sommige strande aan, die vermindering van die aantal mense wat byeenkomste mag bywoon en die verskerping van ander maatreëls om die tweede vlaag te stuit.

Op 18 Desember het die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, gesê wetenskaplikes het 'n nuwe variant van koronavirus ontdek, genaamd 501.V2 Variant.

Op 27 Desember het die aantal bevestigde gevalle in Suid-Afrika 1 miljoen bereik. Op 28 Desember 2020 het president Cyril Ramaphosa die land toegespreek en aangekondig dat die land vir 14 dae weer op 'n gedeeltelike grendelvlak 3 geplaas sal word, om die tempo van die tweede golf gedurende die feestyd te verlaag. Dit lei tot 'n aandklokreël van 21:00 tot 06:00, die verbod op die verkoop en vervoer van alkohol, die sluiting van openbare geriewe soos strande, mere en damme en die verpligte dra van maskers in die openbaar.

Daar was 267 157 nuwe gevalle in Desember, wat die totale aantal bevestigde gevalle verhoog het tot 1 057 161. Die dodetal het tot 28 469 gestyg. Die aantal herstelde pasiënte het toegeneem tot 879 671, wat aan die einde van die maand 149 021 aktiewe gevalle gelaat het.

Derde vlaag van Mei 2021

Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika 
'n Plakkaat wat 'n beroep op die publiek doen om diegene te help registreer wat ingeënt wil word.

Op 10 Mei 2021 het provinsies soos die Vrystaat en KwaZulu-Natal 'n skielike verhoging in infeksiegetalle aangemeld. Die Minister van Gesondheid het egter vrese van 'n derde vlaag in die media afgemaak, en die publiek verseker dat die inentingsproses op 17 Mei met die nuwe Pfizer–BioNTech COVID-19-entstof hervat sou word. Kommer bestaan nadat plaaslike gevalle van die Delta-variant, wat verwoesting in Indië gesaai het, die eerste keer op 8 Mei 2021 gerapporteer is. Op 31 Mei 2021 is die land van aangepaste vlak 1 na 'n aangepaste waarskuwingsvlak 2 geskuif, as gevolg van 'n derde golf van infeksies. Op 15 Junie 2021 is waarskuwingsvlak 3 ingestel. Op 28 Junie 2021 is die land na aangepaste vlak 4 geskuif, met die Delta-variant wat vinnig die dominante variant in die land geword het.

Impak op skole

Alle skole in Suid-Afrika is op 18 Maart 2020 gesluit. Teen middel-Junie het skole vir graad 7- en 12-leerders heropen, te midde van 'n geskarrel van personeel en administrateurs, en heen-en-weer besluitneming van die departement van basiese onderwys en sy minister.

Op 23 Julie 2020 het president Ramaphosa aangekondig dat staatskole vir 'n maand gesluit word weens die toename in covid-19 infeksies. Dit sal duur van 27 Julie tot 24 Augustus. Graad 12-leerlinge en -onderwysers neem egter slegs 'n weeklange onderbreking en het op 1 Augustus teruggekeer. Graad 7's neem 'n ruskans van twee weke en keer op 10 Augustus terug. Ramaphosa het ook aangekondig dat die huidige akademiese jaar verleng sal word tot 15 Desember.

By skole het die akademiese jaar in 2021 traag aan die gang gekom, weens vrese van onderwyders en ouers oor die welstand van hul kinders. By skole en universiteite is alle voorsorgmaatreëls streng toegepas, soos temperatuurmonitering, die verpligte dra van maskers en sosiale distansiëring tussen leerders/studente. Skole is deur die Minister van Basiese Onderwys aangesê om op 30 Junie te sluit.

2022

Die pandemie, nou in sy vierde vlaag, het 'n stelselmatige afplatting getoon, met elke dag minder gevalle as die vorige een. Op 4 April 2022 het president Cyril Ramaphosa die nasionale ramptoestand met sy gebruiklike TV-toespraak aan die land beëindig.

Bekendes wat aan Covid-19 gesterf het

Maart 2020 – Junie 2020

  • 29 Maart 2020 – Louis Wilsenach, skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese.
  • 31 Maart 2020 – Gita Ramjee, wetenskaplike en navorser in MIV-voorkoming.
  • 12 Mei 2020 – Clarence Mini, voorsitter van die Raad vir Mediese Skemas, uMkhonto we Sizwe-lid, MIV-aktivis.
  • 13 Mei 2020 – Lungile Tom, eNCA-kameraman.
  • 14 Junie 2020 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer.
  • 28 Junie 2020 – Nomandla Yako, MIV-aktivis, Treatment Action Campaign.

Julie 2020 – Desember 2020

  • 6 Julie 2020 − Gordon Kegakilwe, Noordwes-LUR vir samewerkende regering, menslike nedersetting en tradisionele sake.
  • 7 Julie 2020 – Henry Jansen, burgemeester van Langeberg.
  • 8 Julie 2020 – Ricardo Mthembu, lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer en ANC provinsiale woordvoerder.
  • 8 Julie 2020 – Koningin Noloyiso Sandile, regent van die AmaRharhabe.
  • 10 Julie 2020 – Corra Dirksen 'n oud-Springbokrugbyspeler.
  • 12 Julie 2020 – Patrick Jaji, Oos-Kaapse regter.
  • 12 Julie 2020 – Alfred Mtsi, speaker van Buffalo City stadsraad (2015–2016).
  • 13 Julie 2020 – Zindzi Mandela (59), dogter van Nelson Mandela.
  • 18 Julie 2020 – Martha Mmola, afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies.
  • 19 Julie 2020 – Moonyeen Lee, rolverdelingsagent van rolprente soos The Bang Bang Club en Tsotsi.
  • 20 Julie 2020 – Paul Dobson, rugbymediafiguur en -skeidsregter.
  • 31 Julie 2020 – Zamuxolo Peter, ANC-lid in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.
  • 7 Augustus 2020 – Lungile Pepeta (46), akademikus, professor in pediatriese kardiologie aan die Nelson Mandela-universiteit.
  • 12 Augustus 2020 – Mac Jack, Noord-Kaapse LUR vir onderwys.
  • 18 Augustus 2020 – Kobus Potgieter, afgetrede NG Kerk predikant, en moderator van die Algemene Sinode vanaf 1982 tot 1986.
  • 18 Augustus 2020 – Sibusiso Mseleku, sportjoernalis.
  • 11 November 2020 – Mongameli Bobani, politikus.
  • 7 Desember 2020 – Pumza Dyantyi, Oos-Kaapse LUR vir gemeenskapsontwikkeling.
  • 7 Desember 2020 – Dawn Lindberg, sanger.
  • 9 Desember 2020 – Gordon Forbes, tenniskampioen.
  • 13 Desember 2020 – Ambrose Dlamini, Eerste minister van Eswatini.
  • 25 Desember 2020 – Robin Jackman, oud-krieketspeler en bekende tv-kommentator.

Januarie 2021 – Junie 2021

  • 3 Januarie 2021 – Dorah Sitole, eerste swartvrou in Suid-Afrika wat 'n kookboek geskryf het.
  • 21 Januarie 2021 – Jackson Mthembu, Minister in die Presidensie van Suid-Afrika.
  • 22 Januarie 2021 – Marius van Heerden, Olimpiese naelloper.
  • 29 Januarie 2021 – Percy Tucker, stigter van die wêreld se eerste elektroniese teaterbesprekingstelsel.
  • 31 Januarie 2021 – Priscilla Tozama Mantashe, Suid-Afrikaanse politikus en ANC-Parlementslid.
  • 4 Maart 2021 – Karima Brown, prominente Suid-Afrikaanse joernalis.
  • 12 Maart 2021 – Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, koning van die Zoeloenasie.
  • 13 Maart 2021 – Noxolo Maqashalala, Suid-Afrikaanse aktrise.
  • 4 April 2021 – Frank Mdlalose, politieke aktivis en eerste premier van KwaZulu-Natal.
  • 10 April 2021 – Sindi van Zyl, mediese dokter, Kaya FM-aanbieder en lewensafrigter.
  • 22 April 2021 – Jacqueline Mofokeng, ANC-politikus.
  • 26 Mei 2021 – Ben Kruger, veelsydige akteur.
  • 16 Junie 2021 – Jabu Mabuza, Suid-Afrikaanse besigheidsman en belegger.
  • 29 Junie 2021 – Goolam Rajah, spanbestuurder van Proteas (1991–2011) en apteker.
  • 30 Junie 2021 – Richard Dolley, onderwyser, krieketspeler en hokkieadministrateur.

Julie 2021 – Oktober 2021

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika VoorbereidingsCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika ToetsingCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika Eerste vlaag van Maart 2020 - November 2020Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika Tweede vlaag van Desember 2020 - Mei 2021Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika Derde vlaag van Mei 2021Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika Impak op skoleCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika 2022Covid-19-Pandemie In Suid-Afrika Bekendes wat aan Covid-19 gesterf hetCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika Sien ookCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika VerwysingsCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika Eksterne skakelsCovid-19-Pandemie In Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeweldGezina, PretoriaEienaamSteenkool in Suid-AfrikaDuitsSuurreënSosiale mediaDiepaartromboseKonjunktivitisKlimaatsverandering in Suid-AfrikaDurbanSwangerskapBernice WestMobutu Sese SekoMiddeleeueRugbywêreldbeker 2023Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Griekse mitologiese figurePersentasieMaselsGroot GatKompasAppel (sanger)VoëlHidroulikaVaste stofOnbemande vliegtuigMasturbasie16 AprilBlaarEkonomiese sektorWolkMisdaadNetbalKolitisRenaissanceNagmaalEkostelselLionel MessiHuisvliegWieg van die MensdomGasEskomWet op NaturellengrondLiewe HeksieFaktuurGriepSelfmoordLoftus MaraisUitwerking van klimaatsveranderingRamsar-vleilande in Suid-AfrikaVervoerAntisemitismeLyfstraf in skoleLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLærdal-tonnelVarkgriepDeon MeyerTafelsoutAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVormPlastiekPapierSendelingposisieHokkieVergelykings (taalkunde)KlavierVryheidsdagNelson MandelaMielieWes-IndiëEerste WêreldoorlogFibonacciJode in Suid-Afrika🡆 More