Sutherland is 'n dorp in die Karoo-hoogland van die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika).
Dit staan bekend as die sentrum van die sterrekunde in Afrika, maar ook as een van die koudste dorpe in Suid-Afrika met sneeuval en uiterste temperature van –16 °C in die winter. (Die koudste dorp is egter Buffelsfontein, waar 'n minimum temperatuur van –18.6°C al gemeet is.)
Sutherland | |
---|---|
Koördinate: 32°23′37″S 20°39′41″O / 32.39361°S 20.66139°O 20°39′41″O / 32.39361°S 20.66139°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Karoo Hoogland |
Stigting | 1858 |
Oppervlak | |
• Totaal | 35,98 km2 (13,89 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 2 836 |
• Digtheid | 79/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 78.2% |
• Swart mense | 8.0% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.0% |
• Engels | 1.9% |
• Ander | 2.1% |
Poskode (strate) | 6920 |
Poskode (posbusse) | 6920 |
Skakelkode | 023 |
Sutherland is in 1857 op die plaas De List as 'n nuwe NG Kerk gemeente gestig en op 8 November 1858 is die eerste erwe verkoop. Die dorp is vernoem na ds. Henry Sutherland, predikant van die gemeente op Beaufort-Wes ten tyde van Sutherland se afstigting in 1855.
Danksy sy afgeleë en droë ligging 1 458 meter bo seevlak staan dit bekend vir sy naghemel, wat onder die suiwerstes en donkerstes ter wêreld tel en sodoende uiters geskik is vir sterrekundige navorsing.
Die Suid-Afrikaanse Sterrewag, wat in 1972 sowat veertien kilometer buite die dorp geopen is, was destyds een van die grootstes in die Suidelike Halfrond. Sutherland huisves vandag ook die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (Southern African Large Telescope, SALT), die grootste enkele teleskoop in die Suidelike Halfrond.
N.P. van Wyk Louw, bekende Suid-Afrikaanse digter, en sy broer W.E.G. Louw is hier gebore. Hul geboortehuis, Louwhuis, is nou 'n museum. Die museum huisves ook inligting oor die ingenieur dr. Henry Olivier, ook 'n boorling van Sutherland. Oudmin. Adriaan Vlok is op Sutherland gebore uit 'n bekende plaaslike familie.
Salpeterkop, 'n rustende vulkaan is naby Sutherland geleë.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sutherland, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.