Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in 'n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos "Antjie Somers kom jou haal".
Sover bekend het die eerste verwysing na Antjie Somers op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein verskyn. Die artikel vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset 'n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. Die oorspronklike verhaal het mettertyd vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak.
'n Ander weergawe is dat Andries (Antjie) 'n baie hardwerkende visserman was. Iemand dryf die spot met hom en hulle raak in 'n skermutselling betrokke. Die persoon val met sy kop op 'n klip en is op slag dood. Andries vermom hom toe in sy suster se rok en kappie. Hy verdwyn en die legende ontstaan van Antjie Somers met haar breë skouers, wat eintlik 'n man is, wat van alles denkbaar beskuldig word.
This article uses material from the Wiki Afrikaans article Antjie Somers, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.