Asiatiese Suid-Afrikaners

Asiatiese Suid-Afrikaners bevat die mense en volke van Asiatiese afkoms wat tans in Suid-Afrika woon.

Dit verwys hoofsaaklik na Asiatiese Indiërs maar dit is moontlik dat die term ook na die groeiende Chinese bevolking of die klein Iranse-gemeenskap van Suid-Afrika verwys.

Asiatiese Suid-Afrikane
Navinathem PillayHashim AmlaPravin GordhanEbrahim Patel
Navi Pillay · Hashim Amla · Pravin Gordhan · Ebrahim Patel
Totale bevolking: 1 274 867 (2011; geskat)
2,5% van Suid-Afrika se bevolking
Belangrike bevolkings  in: Suid-Afrika
Hoofsaaklik: Durban, Pietermaritzburg, Johannesburg, Kaapstad
Taal: Engels, Afrikaans, Hindoestaans, Tamil, Telugu, Gujarati, Bengaals, Marathi
Geloofsoortuiging: Boeddhiste, Christene, Hindoes en Moslems
Verwante etniese groepe: Asiate, Desi en Britse Asiate
Asiatiese Suid-Afrikaners
Verspreiding van Asiatiese Suid-Afrikaners in Suid-Afrika:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% ██ 60–80% ██ 80–100%
Asiatiese Suid-Afrikaners
Bevolkingsdigtheid van Asiatiese Suid-Afrikaners in Suid-Afrika:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km² ██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Herkoms

Kaapkolonie

Die Nederlanders wat nedersettings in die Kaap van Goeie Hoop gestig het, het slawe van Indië (hoofsaaklik van die Bengale) bekom. Dit is welbekend dat die Nederlanders 'n goeie verhouding met die Moslem-regeerders van Indië gehad het. Baie lede van hierdie slaafbevolking is later as Kleurlinge en Kaapse Maleiers geklassifiseer. Dis ook moontlik dat party van die blanke Afrikaners ook van Bengaalse afkoms is – Die voormalige staatspresident van Suid-Afrika, Frederik Willem de Klerk, het selfs verklaar dat hy 'n Bengaalse voorouer met die naam Diana van Bengale gehad het.

Kontrakarbeiders en passasier-Indiërs

Die meerderheid van die Suid-Afrikaanse Indiërbevolking bevat die afstammelinge van kontrakarbeiders wat deur die Britte gekontrakteer was om op die suikerrietplantasies van Natal te werk. Dié kontrakarbeiders het hoofsaakelik van die Suidelike state van Indië (Madras, ens.) gekom.

Die res van die Suid-Afrikaanse Indiërbevolking is vrywillige entrepreneurs wat hoofsaaklik Moslems van die Indiese staat Gujarat (Memons en Surtis) was. Daar is ook minderhede van Moslem Oerdoe-sprekende entrepreneurs van Uttar Pradesh wat na Suid-Afrika geëmigreer het. Hulle, saam met die Kaapse Maleierbevolking het 'n belangrike rol in die vestiging van die Islam in Suid-Afrika gespeel.

Diskriminasie

In die ou Suid-Afrika is in verskeie opsigte teen Indiërs gediskrimineer.

Volgens die Groepsgebiedewet, is Indiërs na spesiale Indiërtownships verskuif waar hulle beweging beperk is. Hulle is onder andere toegang tot die hele Oranje-Vrystaat verbied.

Tydens die P. W. Botha-administrasie het Indiërs parlementêre verteenwoordiging in die driekamerparlement verkry.

Huldige toestand

Baie Indiërs het 'n belangrike rol in die stryd teen apartheid gespeel en beklee deesdae invloedryke poste in die regerende African National Congress-party. Amichand Rajbansi, die politikus wat die Indiërbevolking in die P. W. Botha-administrasie se driekamerparlement verteenwoordig het, het die Minority Front gestig. Maar na Rajbansi se afsterwe het sy party se ondersteuners vinnig gekwyn.

Alle Asiatiese Suid-Afrikaners kwalifiseer vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, maar daar is nog steeds kommer dat hulle nie genoegsame voordeel daaruit trek nie.

Verwysings


Etniese groepe in Suid-Afrika Asiatiese Suid-Afrikaners 

Afrikaners • Anglo-Afrikane • Asiate • Griekwas • Kaapse Maleiers • Khoisan • Kleurlinge • Ndebeles • Noord-Sotho's • Suid-Sotho's • Swazi's • Tsongas • Tswanas • Vendas • Xhosas • Zoeloes

Tags:

Asiatiese Suid-Afrikaners HerkomsAsiatiese Suid-Afrikaners DiskriminasieAsiatiese Suid-Afrikaners VerwysingsAsiatiese Suid-AfrikanersSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkragtingPornografiese akteurAustraliëDawidLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAnale kankerSywurmPretoriaAfkortingRatelMetamfetamienVlagterminologieWater (molekuul)EjakulasieByVergelykings (taalkunde)Hamilton WesselsMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaAluminiumNasionalismeKoringModeontwerpLandbouCarike KeuzenkampOrgasmeLys van Suid-Afrikaanse musikanteSteenkool in Suid-AfrikaTaalNasiebouYouTubeBevolkingKultuurAkwariumIsraelVarkVlekvrye staalSokkerJeuksiekteLuiperdFinansiële staatLys van Griekse mitologiese figureSteve BikoVaginale kankerKernkragYstertydperkSelDuitse maselsMelaatsheidPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPersOrthopteraEnkelvoudige sinCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSuikerbekkiesLourensrivierTweede WêreldoorlogWiskundeKoperArabiesDirekte en Indirekte redeChemiese elementBlaaskankerEwenaarAppel (sanger)Kunsmatige intelligensieAce MagashuleSwartwitpensWaterbesoedelingElizabeth II van die Verenigde KoninkrykMunhwa Broadcasting CorporationAssonansieChristendomMaagsweerDiarree🡆 More