Die Wiki Commons (ook bekend as die Commons of Wikicommons) is 'n versameling vrye beelde, opnames en ander multimedialêers.
Wiki Commons | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Meertalig, hoofsaaklik Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wiki Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 7 September 2004 |
Huidige status | Aktief |
URL | http://commons.wikimedia.org/ |
Dit is 'n projek van die Wikimedia-stigting. Lêers wat by hierdie versameling opgelaai word kan deur al die ander Wikimediaprojekte gebruik word, insluitende Wikipedia, Wikibooks en Wikinews.
Beelde wat opgelaai is na Wiki Commons kan deur al die ander Wikimemedia projekte gebruik word; die sintaks is dieselfde as vir plaaslike beelde. Indien 'n plaaslike beeld met dieselfde naam reeds bestaan, sal dit gebruik word, andersins sal die een vanuit Commons gelaai word.
Die projek is op 7 September 2004 gestig. Teen November 2004 het dit reeds die mylpaal van 10 000 opgelaaide medialêers bereik. Dit was ook die eerste Wikimedia-projek wat weergawe 1,4 van die MediaWiki-sagteware gebruik het.
Die hooftaal vir die Commons is Engels, maar die koppelvlak kan via gebruikersvoorkeure verander word om enige ander taal te gebruik (insluitend Afrikaans). Verder word sommige van die bladsye ook na ander tale vertaal.
Sedert 2004 laat Wiki Commons nie meer lêers toe wat onder nie-vrye lisensies vrygestel word nie, insluitend lisensies wat kommersiële gebruik van die materiaal beperk, asook media wat onder billike gebruik val. Lisensies wat toelaatbaar is sluit in die GFDL, Creative Commons (slegs sekeres) en publieke domein.
Wiki Stigting | |
---|---|
Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki Commons, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.