'n Dubbelpunt is 'n leesteken gevorm deur twee punte bo op mekaar te plaas.
Wanneer die dubbelpunt as leesteken gebruik word, is daar geen spasie vóór die dubbelpunt nie, maar wel 'n spasie ná die dubbelpunt.
Die dubbelpunt word gebruik om 'n reeks sake wat in 'n sin opgenoem word, in te lei. Byvoorbeeld:
'n Dubbelpunt word gebruik vóór 'n aanvulling of 'n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word. Byvoorbeeld:
Die dubbelpunt word gebruik vóór woorde wat in die direkte rede aangehaal word. Byvoorbeeld:
As die dubbelpunt gebruik word om deling in wiskunde aan te dui, kom daar 'n spasie voor én na die dubbelpunt. Byvoorbeeld:
By wiskundige verhoudings moet daar nie spasies weerskante van die dubbelpunt geplaas word nie. Byvoorbeeld:
As daar na 'n teks verwys word (soos 'n Bybelvers, of in akademiese literatuur), kom daar gewoonlik nie 'n spasie voor of na die dubbelpunt nie. Byvoorbeeld:
Daar kom ook geen spasies voor of na die dubbelpunt in tydnotasie nie. Byvoorbeeld:
Bv: Hiervan kan jy seker wees: Die son gaan more skyn.
Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dubbelpunt, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.