Komma: Leesteken

Die komma (,) word hoofsaaklik gebruik om die leesbaarheid van 'n teks te verhoog.

Volgens die AWS (2017) dui dit die grense tussen bepaalde sinsdele aan, of maak dit die leser bedag op 'n kort pouse wat sinne in betekenisvolle dele verdeel.

Komma: Sinsdele, Komplekse sinne, Nadruk en betekenisvolle pouses

Sinsdele

Die komma skei woorde en frases wat nie in die res van die sin geïntegreer is nie, van die res van die sin. (AWS, 2017)

  • Die komma skei 'n aanspreekvorm van die res van die sin.

Bv: Johan, het jy my gehoor?

  • 'n Komma of kommas skei tussenwerpsels van die res van die sin.

Bv: Nee, ek kan nie nou antwoord nie.

  • Die komma skei 'n einddeelvraag van die res van die sin.

Bv: Dis mos wat jy gesê het, nie waar nie?

  • 'n Komma of kommas skei 'n uitbreidende woord, frase of bysin wat nie in die sin geïntegreer is nie van die res van die sin.

Bv: Wat jy ook al doen, ek gaan Saterdag die rugby kyk.

  • 'n Komma of kommas skei teks in die direkte rede van daaropvolgende teks in die indirekte rede.

Bv: "Ek is moeg," sug sy, "vir slaai met elke ete."

  • 'n Komma skei gelykwaardige sinsdele wat sonder 'n neweskikkende voegwoord verbind word.

Bv: Brood, melk en eiers is al wat jy hoef te koop.

  • Indien 'n bywoord of bywoordelike frase nie in die hoofsin geïntegreer is nie en aan die begin of einde van die sin voorkom, skei 'n komma dit van die res van die sin wanneer laasgenoemde 'n onafhanklike woordvolgorde het.

Bv: In elk geval, ons sal weer met jou gesels.

  • 'n Komma skei inligting wat ingelei word met 'n bywoord of bywoordelike frase van skakeling van die res van die sin.

Bv: Daar is baie stil tye, bv. Sondagmiddae.

  • 'n Komma word voor 'n bywoord of bywoordelike frase van uitbreiding geplaas wanneer dit 'n reeks items insluit.

Bv: Die restaurant bedien vis, hoender, varkvleis, ensovoorts.

Komplekse sinne

Die komma word gebruik wanneer twee of meer sinne komplekse sinne vorm.

  • 'n Komma skei twee sinne wat sonder 'n verbindingswoord verbind word.

Bv: Vra vir haar, sy sal weet.

  • Die komma word voor die tweede óf, nóg, én of hoe in neweskikkende konstruksies gebruik.

Bv: Hoe harder hulle probeer het om die situasie te beredder, hoe slegter het dit gegaan.

  • 'n Komma skei twee sinne wat met 'n neweskikkende verbindingswoord verbind word.

Bv: Hy wou niks sê nie, want hy was bang vir haar reaksie.

  • 'n Komma skei twee sinne wat met 'n onderskikkende verbindingswoord aan die begin of in die middel van die sin verbind word.

Bv: Indien ons genoeg geld maak, gaan eet ons sommer uit.

Nadruk en betekenisvolle pouses

Die komma kan vir nadruk gebruik word om woorde of frases van die res van die sin te skei. Bv: Dit is, myns insiens, nie belangrik nie.

Aanhef en groet

Die komma word nie ná die aanhef en groet in 'n brief of e-pos gebruik nie. Indien die aanhef of die groet egter op dieselfde reël as die res van die boodskap geplaas word, word dit met 'n komma van die res van die teks geskei.

Bron

Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos

Eksterne skakels

Tags:

Komma SinsdeleKomma Komplekse sinneKomma Nadruk en betekenisvolle pousesKomma Aanhef en groetKomma BronKomma Eksterne skakelsKommaAfrikaanse woordelys en spelreëls

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Provinsies van Suid-AfrikaOrtopedieWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier1913HorlosieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKappie (skryfteken)ToerismeTaalSnaarinstrumentKorrupsieIngenieursweseItaliëEskomKlimaatsverandering in Suid-AfrikaTweede Nuwe JaarMonoloogDrie-eenheidMateriaalWiki CommonsSomerDokterGeslagKaaps-Hollandse stylGeskiedenis van Suid-AfrikaPresident van Suid-AfrikaSpringbokWaterSinoniemNicole StraussPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLongontstekingDemi Lee MooreLys van bekende Suid-AfrikanersDemografie van Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)VerkleinwoordVingerseksGezina, PretoriaGeelsugProteaSenuweestelselSydneyWillie JoubertMeeueD.J. OppermanTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Aarde se atmosfeerMigrasie van diereKultuurLys van musiekinstrumenteVoegwoordKoedoeAardkorsRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Afleiding (taalkunde)Seksuele opwekkingJohannesburgWet op BevolkingsregistrasieWiskundige terminologieMisdaadromanMIVDramaPankreasAdolf HitlerMuishondCleopatra VIIKnieWaterbesoedelingOorkruipersHigiëneEkonomieArmoedeCholeraVryheidsmanifesLiefde🡆 More