Bruin Huisslang

Die bruin huisslang (Lamprophis fuliginosus) is 'n onskadelike wurgslang wat in Suider-Afrika aangetref word.

Bruin huisslang
Bruin Huisslang
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Colubridae
Genus:
Lamprophis
Spesie:
L. fuliginosus
Binomiale naam
Lamprophis fuliginosus
Boie, 1827
Bruin Huisslang
Verspreiding van die bruin huisslang (hele Suider-Afrika)

Soos sy naam aandui, het hierdie slank, gespierde slang 'n bruin kleur, wat kan wissel tussen roesrooi tot lig- en donkerbruin, afhangende van die gebied waarin dit woon. Ou slange is by uitstek donkerbruin. Sy skubbe is glad en blink en sy onderkant is 'n vuil wit. 'n Verdere kenmerk is twee bleek, geel of roomkleurige strepe langs die kante van die kop. Volwasse slange het 'n gemiddelde lengte van ongeveer 60 cm, alhoewel slange van 90 cm en ook 1,2 m al waargeneem is.

Die bruin huisslang is 'n grondlewende slang en kom algemeen in Suider-Afrika voor. Dit word veral, soos die naam weggee, naby mense se woonplekke aangetref, waar hulle onder klippe en in ander klipagtige gebiede woon. Die verspreiding van die slang is waarskynlik aan die toeneem, as gevolg van die onopsettelike vervoer deur mense (tydens die vervoer van ander goedere).

Dié slange vreet hoofsaaklik muise en rotte, maar wanneer hierdie knaagdiere nie beskikbaar is nie, sal dit ook padda's, akkedisse, voëls en eiers vreet. Jong slange vreet hoofsaaklik akkedisse. Die bruin huisslang is klein, maar kragtig: wanneer 'n rot gevang word, sal die slang dit met sy kake gryp en sy liggaam rond die rot krul en dit wurg. Na die rot gevrek het, ontspan die slang sy greep en word die prooi halsoorkop gevreet.

Hulle voorliefde vir rotte en muise beteken dat hulle nuttig is vir die mens. Die slang is aggressief wanneer hy vasgekeer word, maar kan maklik getem word en in gevangenskap geteel word. Dit is 'n gewilde troeteldier, maar soos met ander Suid-Afrikaanse slange, benodig die eienaar 'n lisensie om die slang te mag aanhou. Alhoewel dit 'n algemene slang is, word dit deur die Wes-Kaapse Natuurbewaring as 'n bewaarde spesie geklassifiseer. Die slang se natuurlike bedreigings sluit groter slange en roofvoëls in, veral uile, wat ook snags aktief is.

Die wyfie lê 6 tot 25 eiers in die vroeë somer, tydens November en Desember, tussen kompos of ander bedorwe plantafval. Die eiers broei na 50 tot 80 dae uit.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EierleierDesiré GardnerCarike KeuzenkampOrthopteraSpysverteringstelselAfrikaansIndiëSelfstandige naamwoordAntjie KrogMarita NapierVerenigde KoninkrykPersoonlikheidDroogteMorfologie (taalkunde)VoornaamwoordMenseregteZuid-Afrikaansche RepubliekMusiekAnette EngelbrechtHoërskool NoordheuwelPoesJerusalemRooibokByvoeglike naamwoordByRuslandRooikatIndonesiëOnderwys (geskiedenis)MaagNieuwoudtvilleIerse nasionale rugbyspanGrasfamilieNederduitse Gereformeerde KerkHoofstadAuschwitz-konsentrasiekampNelson MandelaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKankerGoudGalblaasEerste WêreldoorlogNarkoseTropiese huisgeitjieMosambiekGodsdiensAardeOogproblemeWortelkanaalEikelSendelingposisieJada FireGriekelandKlein-KarooWit-DonderdagJohannesburgNederlandsGebande muishondAngina pectorisSusan CoetzerRina HugoSaharaSamsung GroepTegnologieKarlien van JaarsveldVerkleurmannetjieRugbywêreldbeker 1987BreingewasKoolhidraatEreksieWhitey BassonKadmiumSeksOrkney Snork Nie🡆 More