Stokperdjie

'n Stokperdjie is 'n aktiwiteit wat gereeld deur 'n mens beoefen word vir genot en ontspanning, tipies tydens 'n mens se vrye tyd.

Stokperdjies kan die versameling van sekere tema-items en voorwerpe insluit, die betrokke raak by kreatiewe en artistieke uitdagings, om sport te speel, of die voortsetting van ander vermaak. Die lys van stokperdjies is 'n lang lys en verander gereeld, soos belangstellings en modes verander. Deur 'n spesifieke stokperdjie voortdurend te beoefen, bekom iemand aansienlike vaardighede en kennis op daardie gebied.

Stokperdjie
Stokperdjie: Om skulpe te versamel

Betrokkenheid by stokperdjies het toegeneem sedert die laat negentiende eeu toe werkers meer vrye tyd bekom het, en die vordering in tegnologie meer tyd vir ontspanning gelaat het. Stokperdjies is geneig om tendense te volg in die samelewing, byvoorbeeld was seëlversameling gewild gedurende die 19de en 20ste eeue want posstelsels was die belangrikste middel van kommunikasie, terwyl videospeletjies meer gewild is deesdae, as gevolg van tegnologiese vooruitgang.

Stokperdjie
Die skryf van artikels op Wikipedia is 'n stokperdjie vir sommige mense.

Tipes stokperdjies

Stokperdjies is 'n diverse versameling van aktiwiteite en dit is moeilik om hulle op 'n logiese wyse te kategoriseer. Die volgende kategorisering van stokperdjies is ontwikkel deur Stebbins.

Versamel

Die versameling sluit in soek, opspoor, verkryging, organisering, katalogisering, vertoon en stoor. Versameling is aanloklik vir baie mense as gevolg van hul belangstelling in 'n bepaalde vakgebied en 'n begeerte om te kategoriseer en orde te skep uit kompleksiteit. Sommige versamelings behels die opbou van items uit ander lande in die wêreld. Ander fokus op 'n subonderwerp binne hul belangstellingsveld, moontlik iets soos 19de eeuse posseëls, melkbotteletikette van Sussex, of Mongoolse harnasse.

Stokperdjie 
'n Seëlalbum wat gebruik word vir seëlversameling.

Versameling is 'n ou stokperdjie, met selfs Keiser Augustus wat 'n muntversamelaar was. Soms verander versamelaars hul stokperdjie in 'n besigheid wat handeldryf in die items wat versamel word.

Kookkuns

Kookkuns is vir sommige mense 'n stokperdjie, 'n uitdaging en 'n bron van groot tevredenheid. Vir baie ander is dit 'n werk of 'n diens, soos skoonmaak. In die vroeë 21ste eeu is die belangrikheid van die kookkuns as 'n stokperdjie gedemonstreer deur die gewildheid van kompeterende televisiekookprogramme.

Verwysings

Tags:

Stokperdjie Tipes stokperdjiesStokperdjie VerwysingsStokperdjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pad na jou hartLys van Afrikaanse televisiereekseMierleeuGoudBysteekWoordWisselkoersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKweekhuiseffekGeskiedenis van kindermishandelingDrinkwatervoorsieningNarsismeWikimedia-stigtingBreinDiskriminasieSeksueel oordraagbare infeksieCarles PuigdemontIndonesiëWeervoorspellingNazi-DuitslandAanhalingstekensWaterbesparing in Suid-AfrikaNamibiëMotorvoertuigGalblaasVanSirkelLenteSkooluniformBybelNiersteenWaterOligopolieBreingewasSikloonAtoomMiljardSuid-Afrika-WetPaasfeesIdioomJazzKaapse VlakteDierReddingskakeBaarmoederSamestellingBateBeesMisdaadRooiGasKaliumJan van RiebeeckVoedingNelson MandelaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kulturePeperbus, FraserburgMantisWatersuiweringHindoeïsmeNatuurlike hulpbronDolfynHoenderFranse RewolusieGreen PornoAsiëBTWHector PietersonRooibloedselArabies-Israeliese konflikKoos du PlessisMikroskoopLewerAnusKoorsblaarKeelseer🡆 More