Die kweekhuiseffek is 'n wêreldwye verskynsel wat ontstaan as gevolg van die aanwesigheid van kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer.
Hierdie gasse sorg daarvoor dat die temperatuur van die aardoppervlak hoër styg as wat aan 'n kombinasie van die son se hitte en die interne hitte van die Aarde toegeskryf kan word. By gebrek aan die kweekhuiseffek, waar die Aarde bloot op die Son en die planeet se interne hitte aangewese was, sou die temperatuur op Aarde volgens bepaalde teoretiese modelle gemiddeld -18 °C wees; tans is dit 15 °C. Hierdie effek is na 'n kweekhuis vernoem, aangesien dit ooreenstem met 'n ruimte wat met glas of plastiek bedek is om sodoende die uitstraling van warmte teë te hou, wat gevolglik die temperatuur in die kweekhuis laat styg.
Die temperatuur van die aardoppervlak word bepaal deur 'n ewewig van 'n aantal faktore.
Faktore wat warmte toevoeg is:
Faktore wat warmte van die planeet onttrek is:
Ander warmtebronne, soos die hitte afkomstig van die verbranding van fossielbrandstowwe, afgesien van die gepaardgaande vrystelling van kweekhuisgasse, het min tot geen effek op die gemiddelde temperatuur van die planeet nie.
Die bydrae van sonlig en die afnemende uitstralingshitte is op 'n ingewikkelde manier afhanklik van 'n aantal omstandighede:
Voorbeelde van kweekhuisgasse is waterdamp (veroorsaak 36-70% van die kweekhuiseffek, wolke uitgesluit), koolstofdioksied (9-26%), metaan (CH4, veroorsaak 4-9%) en osoon (O3, veroorsaak 3-7%).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kweekhuiseffek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.