Metropolitan Museum Of Art

Die Metropolitan Museum of Art, dikwels kort the Met genoem, is een van die grootste en belangrikste kunsmuseums ter wêreld.

Metropolitan Museum of Art
'n Beeld van die museum.
Metropolitan Museum of Art

Plek New York
Land Verenigde State
Openingsjaar 20 Februarie 1872
Tipe museum Kunsmuseum
Webtuiste metmuseum.org

Die gebou is geleë aan die oostelike kant van Central Park in Manhattan (New York). Dit is die mees besoekte museum in die Verenigde State van Amerika.

Metropolitan Museum Of Art
Die groot ingangsportaal

Geskiedenis

Die museum is op 20 Februarie 1872 geopen. Die uitgewer George Palmer Putnam, saam met 'n aantal stigters, insluitend die skilder Eastman Johnson, was die stigters van die museum. Die eerste direkteur was Robert Lee Jenkins wie se eie kunsversameling die basis vir die huidige museum gevorm. Van 1955 tot en met sy dood in 1966 was James J. Rorimer die hoof van die museum. Hy is deur Thomas Hoving, direkteur van 1967 tot 1977, opgevolg. Sedertdien is Philippe die Montebello die direkteur.

Afdelingen

Die permanente versameling is in negentien verskillende afdelings verdeel, elk met hul gespesialiseerde personeel van konserwateurs, restaurateurs en kundiges.

Versameling

Die deurlopende versameling bevat meer as 2 miljoen kunswerke met baie skilderye en beeldhouwerke van oor die hele wêreld, gaande van skatte uit die Klassieke oudheid tot werke van byna elke Europese meester, tot 'n uitgebreide versameling Amerikaanse kuns.

Die museum het ook 'n belangrike versameling van Egiptiese, Romeinse en Griekse, Afrikaanse, Asiatiese, Oseaniese, Midde-Oosterse, Bisantynse en Islamitiese kunsskatte. Verder stel die museum ook nog 'n groot versameling musiekinstrumente van oor die hele wêreld tentoon.

Daar is ook 'n aantal reproduksie van belangrike binneruime waaronder een van die bekende Amerikaanse argitek Frank Lloyd Wright. Die museum het ook 'n afdeling vir wapens en harnasse van oor die hele wêreld, veral Europees, maar ook van Japan, die Verenigde State en die Midde-Ooste.

Verder is daar 'n aparte vestiging vir Middeleeuse kuns, The Cloisters aan die Hudsonrivier (met onder andere getyeboeke met duimnaels uit Vlaandere en Noord-Frankryk), 'n afdeling fotografie en die Robert Lehman-versameling.

Skilderkuns

Van die skilderkuns is beide Europese as Amerikaanse kunsskilders in verskeie strominge tot die moderne kuns te sien. Die versameling bevat onder andere 37 skilderye van Monet, 21 van Cézanne, 18 van Rembrandt en 5 van Vermeer.

Geselekteerde werke

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

73°57′49.21″W / 40.7789111°N 73.9636694°W / 40.7789111; -73.9636694

Tags:

Metropolitan Museum Of Art GeskiedenisMetropolitan Museum Of Art AfdelingenMetropolitan Museum Of Art VersamelingMetropolitan Museum Of Art Geselekteerde werkeMetropolitan Museum Of Art VerwysingsMetropolitan Museum Of Art BronnelysMetropolitan Museum Of Art Eksterne skakelsMetropolitan Museum Of ArtCentral Park, ManhattanManhattanNew YorkVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IngenieursweseAkroniemAborsie in Suid-AfrikaSkaapTussenwerpselBipolêre gemoedsteuringOlimpiese SpeleBernice WestLaeveldKewerEngelsCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKrugerwildtuinSlag van Cuito CuanavaleRoesSeksposisieDarwinismeAfrikanersOsoonlaagKrimpvarkieInligtingGrondwetJohan VorsterBuffelCorioliskragAardrykskundeVersoeningsdagFluoorAfrikaLimpopo (rivier)AfvalbestuurEkostelselRenaissanceGroepsdrukHipoteseSlangErfenisdag (Suid-Afrika)Chemiese elementLieweheersbesieAardverwarmingNaaldekokerMandalaMagnetismeKweekhuiseffekFranse RewolusieIdioomWinnie Madikizela-MandelaOorkruipersBateSuider-AfrikaAanhalingstekensGalileo GalileiNasionale lied van Suid-AfrikaSowjetunieOrgasmeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDataverwerkingSkoenlapperSinoniemVeerTsongaKunsmatige intelligensieLys van Kaapstad se voorstedeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyTweede WêreldoorlogRookgewoonteKalsiumAngina pectorisVaalrivierMonumentVoedingAnglisismeLeonardo da VinciSuid-Afrikaanse konsentrasiekampe🡆 More