Pieter Bruegel Die Ouere

Pieter Bruegel die Ouere (Breda of miskien Bree, omstreeks 1525 – Brussel, 9 September 1569) was 'n Vlaamse skilder, wat se werke tot die Noordelike Renaissance behoort het.

Hy was die oudste lid van 'n reeks bekende skilders wat deur sy familie opgelewer is. Sy bynaam Boere Bruegel verwys na die feit dat baie van sy skilderye die landelike bevolking in hulle alledaagse lewe uitgebeeld het. 'n Goeie voorbeeld hiervan, is die bekende De Boerenbruiloft. Hy skilder Bybelse taferele en tonele uit die Klassieke Oudheid. Bruegel is verder ook beroemd vir sy landskapskilderye, en sy kragtige en natuurlike uitbeelding van die natuur en die seisoene word voorgehou as die beste van hulle tyd.

Pieter Bruegel die Ouere
Pieter Bruegel Die Ouere
Selfportret
Geboortenaam Pieter Brueghel
Gebore ca. 1525
Breda of miskien Bree, Hertogdom Brabant, Habsburgse Nederlande (tans België)
Sterf 9 September 1569 (op 44)
Brussel, Hertogdom Brabant, Habsburgse Nederlande (tans België)
Veld Skildery, drukkuns
Beweging Nederlandse en Vlaamse Renaissance
Werke De parabel der blinden
De val van Icarus
Jagers in de Sneeuw
De boerenbruiloft
Pieter Bruegel Die Ouere
Landskap met die val van Ikaros (c. 1558)

Bruegel het net meer as 10 jaar lank intensief geskilder, en daar word omtrent vyftig werke tot hom toegereken. Hulle is almal van 'n uitsonderlike hoë kwaliteit. Sy talent is reeds gedurende sy eie lewe waardeer, en na sy dood het sy beroemdheid snel toegeneem. Sy werk was hoogs gesog, en is tot so 'n mate deur die wêreld versprei, dat daar slegs 'n paar van sy skilderye in sy eie land oorgebly het.

Sy seuns, Pieter (die Jongere) en Jan, was ook skilders.

Skilderye

  • Christus op die Meer van Tiberias, 1553 (Collectie Charles de Pauw, Waver België)
  • Die Versoeking van Sint-Antonius, 1557 (National Gallery of Art, Washington D.C.)
  • Gelykenis van die Saaier, 1557 (Timken Museum of art, San Diego)
  • Uitsig op Napels, 1558 (Galleria Doria Pamphilj, Rome)
  • Die val van Icarus, 1558 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Twaalf Spreekwoorde, 1558 (Museum Mayer van den Bergh, Antwerpen)
  • Nederlandse Spreekwoorde, 1559 (Gemäldegalerie, Berlyn)
  • Die Geveg tussen Vasten en Vastenavond, 1559 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Kinderspelle, 1560 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Aanbidding van die Wyse manne, c. 1556–1562 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Dulle Griet, 1561 (Museum Mayer van den Bergh, Antwerpen)
  • Twee Apies, 1562 (Gemäldegalerie, Berlijn)
  • Die val van die opstandige engele, 1562 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Die Triomf van die Dood, 1562 (Museo del Prado, Madrid)
  • Die Selfmoord van Saul, 1562 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Besoek aan die hoewe, Parys, versameling Frits Lugt (kopie deur Jan Bruegel die Oude, Kunsthistorische Museum, Wenen)
  • Die Vlug na Egipte, 1563 (Courtauld Gallery, Londen)
  • Die Toring van Babel, 1563 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die 'Klein' Toring van Babel, 1563 (Museum Boijmans Van Beuningen, Rotterdam)
  • Aanbidding die Wyse manne, 1564 (National Gallery, Londen)
  • Dood van Onse-Liewe-Vrou, 1564 (Upton Hous])
  • Die Kruisdraging, 1564 (Kunsthistorisches Museum, Wenen), verfilm onder die titel The Mill and the Cross
  • Kop van 'n boerin, na 1564 (Alte Pinakothek, München)
  • Gapende man, 1564 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Jaers in de Sneeu, 1565 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die Vogelknip, 1565 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Christus en die owerspelige vrou, 1565 (Courtauld Gallery, Londen)
  • Die Oes, 1565 (Metropolitan Museum of Art, New York)
  • Die Hooi-oes, 1565 (Nationale Galerie, Praag)
  • Die Sombere Dag, 1565 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Terugkeer van die Kudde, 1565 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die Volkstelling te Bethlehem, 1566 (Koninklijke Musea voor Schone Kunsten van België, Brussel)
  • Die Prediking van Johannes die Doper, 1566 (Szépművészeti Múzeum, Boedapest)
  • Die Moord op die Onskuldige Kinders, 1566 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die Bruidsdans, 1566 (Detroit Institute of Arts, Detroit)
  • Die Bekering van Paulus, 1567 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Aanbidding van die Wyse manne in die Sneeu, 1567 (Sammlung Oskar Reinhart, Winterthur)
  • Die Luilekkerland, 1567 (Alte Pinakothek, München)
  • Die Kreupeles, 1568 (Louvre, Parys)
  • Die Nestberower, 1568 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Boeredans, 1568 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die Boerebruilof, 1568 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die gelykenis van die blindes, 1568 (Museo di Capodimonte, Napels)
  • Ekster op die Galg, 1568 (Hessisches Landesmuseum, Darmstadt)
  • Die Misantroop, 1568 (Museo di Capodimonte, Napels)
  • Die Storm, 1568 (Kunsthistorisches Museum, Wenen)
  • Die Wyn van die Sint-Maartensfees (Museo del Prado, Madrid)

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pieter Bruegel Die Ouere SkilderyePieter Bruegel Die Ouere GaleryPieter Bruegel Die Ouere VerwysingsPieter Bruegel Die Ouere Eksterne skakelsPieter Bruegel Die Ouere152515699 SeptemberBredaBreeBrusselRenaissanceVlaandere

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BorskankerAppelblaarLionel MessiWerwelkolomOutismeWiskundige terminologieMusieksimboleDesiré GardnerAalwynPornhubGeskiedenis van AfrikaansByeboerderySelfmoordMangelontstekingGeorgiese nasionale rugbyspanBelgiëGrasWikipediaGewone luislangProstaatkankerBateGeografie van Suid-AfrikaEier (biologie)DramaCAntieke EgipteAkroniemKaapstadAntjie KrogWit-DonderdagBreinHelm (geboorte)PankreasRynhesseKrokus Stadsaal-aanvalHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPeniskankerSkaapSixtynse kapelLys van ingelyfde NG gemeentesTierboskatAardverwarmingAarverkalkingDeelstate van die Verenigde State van AmerikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024InternetPubiese hareChristeneSonsteekOnderhandelinge om apartheid te beëindigHoofpynWoordeboek van die Afrikaanse TaalUniversiteit StellenboschHerpes simplexBasisinkomsteHondsdolheidKlitorisAardeDie BylSlag van BloedrivierDuitse perdebyW3CSiembambaFiksieVergelykings (taalkunde)AnilingusSigaretHeupvervangingGawes van die Heilige Gees🡆 More