Akroniem: Afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word, byvoorbeeld VIGS (Verworwe immuniteitsgebreksindroom).

Akroniem: Afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word
INRI, 'n akroniem vir Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum (Jesus van Nazareth, koning van die Jode)

Meer formeel: 'n Akroniem is 'n naamwoord wat gevorm word deur die saamtrekking van die beginletters (of vernaamste letters) van meerwoordige name en gesamentlik presies soos 'n woord gelees en uitgespreek word.

'n Akroniem wat volgens die alfabetname van die lettters uitgespreek word, word 'n letternaamwoord genoem. Byvoorbeeld; BA, VLU, WNNR, EFF.

Wanneer die akroniem as 'n woord uitgespreek word, word dit 'n letterklankwoord genoem. Voorbeelde is Avbob (Afrikaanse Verbond Begrafnisondernemers Beperk), Sasol, en Absa).

Die volgende bronne kan geraadpleeg word vir lyste van akronieme wat tans in algemene gebruik is.

  • Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs. 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
  • HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.

Voorbeelde

A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook

A

  • ABBA – Agnetha, Benny, Björn, Anni-Frid (Sweedse popgroep)
  • ABSA – Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika
  • ASCII – American Standard Code for Information Interchange (Amerikaanse Standaardkode vir Inligtingsuitruiling)
  • Assocom – Association of Chambers of Commerce (Verenigde Kamers van Koophandel)
  • Avbob – Afrikaanse Verbond Begrafnisonderneming Beperk
  • Azapo – Azanian People's Organization

B

  • BENELUX – België, Nederland en Luxemburg

C

  • Cosas – Congress of South African Students
  • Cosatu – Congress of South African Trade Unions

D

  • Dalro – Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regte-Organisasie

E

  • ESKOM – vroeër EVKOM: Elektrisiteitsvoorsieningskommissie
  • ESSA – Engelssprekende Suid-Afrikaner

F

  • FEDUSA – Federation of Unions of South Africa (Federasie van Suid-Afrikaanse Vakbonde)
  • FICA – Financial Intelligence Centre Act (Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum)
  • FIFA – Fédération Internationale de Football Association – Internasionale Voetbalfederasie
  • Foskor – Fosfaat-Ontginningskorporasie

G

  • Gear – Growth, Employment and Redistribution Strategy – Strategie vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling
  • Gestapo – Geheime Staatspolizei
  • GISA – Genealogiese Instituut van Suid-Afrika

H

  • HAT – (Verklarende) Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

I

  • INRI – Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum (Jesus die Nasarener, (die) koning van die Jode)
  • INTAK – Instituut vir Taal- en Kunstenavorsing
  • Intelsat – Internasionale Telekommunikasiesatelliet-organisasie
  • Interpol – Internasionale Kriminele Polisiekommissie

K

  • KEEM – Kantoor vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe
  • KODESA – Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika
  • Komintern – Kommunistiese Internasionale
  • Komsat – Kommunikasiesatelliet
  • KONTRALESA – Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika
  • Kruik – Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste
  • Krygkor – Krygstuigkorporasie van Suid-Afrika

L

  • LaserLight Amplification by Stimulated Emission of Radiation (ligversterking deur gestimuleerde uitlaat van straling)

M

  • MEDUNSA – Mediese Universiteit van Suid-Afrika
  • MEMA – Moderne Evangelisasiemedia in Afrika
  • MINTEK – Raad vir Mineraaltegnologie

N

  • NAPOSA – Nasionale Professionele Onderwysorganisasie van Suid-Afrika
  • Naruk – Natalse Raad vir Uitvoerende Kunste
  • NASA – National Aeronautics and Space Administration (Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie)
  • Natref – Nasionale Olieraffinadery van Suid-Afrika
  • NAVO – Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
  • NEDLAC – National Economic, Development and Labour Council (Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad NEOAR)
  • NEPAD – New Partnership for Africa's Development (Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling)
  • Nimro – Nasionale Instituut insake Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders
  • NOIK – Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie
  • NOKSA – Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika
  • NUMSA – Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika
  • Nusas – Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente

O

  • OBSA – Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika
  • OPUL – Organisasie van Petroleumuitvoerlande

P

  • PAGAD – People Against Gangsterism and Drugs
  • PanSAT – Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
  • PEN – International Association of Poets, Playwrights, Essayists, Editors, Novelists
  • PIN – Persoonlike Identifikasienommer
  • Polkol – Suid-Afrikaanse Polisiekollege
  • POP – Progressiewe Onafhanklike Party
  • POPCRU – Police and Prisons Civil Rights Union (Burgerregtevereniging van die Polisie en Gevangenis ook Polisie- en Gevangenisvakbond)
  • POTS – Private Outomatiese Taksentrale

R

  • RadarRadio Detecting and Ranging
  • RAU – Randse Afrikaanse Universiteit
  • RAVO – Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys
  • Renamo – Resistência Nacional Moçambicana (Nasionale Mosambiekse Weerstandsbeweging)
  • Rica – Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-related Information Act (Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting)
  • RISA – Recording Industry of South Africa (Opnamebedryf van Suid-Afrika)
  • Roep – Red Ons Eie Platteland

S

  • Sabek – Suid-Afrikaanse Besigheidskamer
  • Sabinet – Suid-Afrikaanse Bibliografiese en Inligtingsnetwerk
  • Sacos – South African Council for Sport
  • Sadou – Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie
  • Saivert – Suid-Afrikaanse Instituut vir Vertalers en Tolke
  • SAKO – Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid
  • Sakruk – Suid-Afrikaanse Koördinerende Raad vir die Uitvoerende Kunste
  • SALM – Suid-Afrikaanse Lugmag
  • Salu – Suid-Afrikaanse Landbou-Unie
  • Samro – Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie
  • Sanab – Suid-Afrikaanse Narkotikaburo
  • Sanae – Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie
  • Sanlam – Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens-assuransie-maatskappy
  • Sanok – Suid-Afrikaanse Nasionale Olimpiese Komitee
  • Sanra – Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels
  • SanralSouth African National Roads Agency Ltd (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk))
  • Santam – Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappy
  • SAPA – Suid-Afrikaanse Persagentskap
  • SARS – South African Revenue Service (Suid-Afrikaanse Inkomstediens – SAID)
  • Sarvu – Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie
  • SASO – Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
  • SASOL – Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
  • Sasvia – Suid-Afrikaanse Studentevereniging in Amsterdam
  • Satoer – Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie
  • Saval – Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap
  • SAVLU – Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-Unie
  • Sensal – Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing
  • Sirsa – Sielkundige Instituut van die Republiek van Suid-Afrika
  • SKOOR – Staande Komitee oor Openbare Rekeninge
  • ScubaSelf-Contained Underwater Breathing Apparatus
  • SOEKOR – Suidelike Olie-eksplorasiekorporasie
  • SonarSound Navigation and Ranging
  • SUKOVS – Streekraad vir die Uitvoerende Kunste in die Oranje-Vrystaat

T

  • Truk – Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste

U

  • UKOR – Uraanverrykingskorporasie
  • UKOVS – Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat
  • UNESCOUnited Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation
  • UNICEFUnited Nations Children's Fund (Verenigde Nasies se Kinderfonds)
  • UNISA – Universiteit van Suid-Afrika
  • UNIWES – Universiteit van Noordwes
  • UNIZUL – Universiteit van Zoeloeland

V

  • VRUK – Vrystaatse Raad vir die Uitvoerende Kunste

W

  • WASP – Wit Angel-Saksiese Protestant
  • WAT – Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Y

  • Yskor – Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk

Z

  • ZAR – Zuid-Afrikaansche Republiek
  • ZARP – Zuid-Afrikaansche Republiek Politie

Verwysings

Bronnelys

  • Carstens, W.A.M. & Bosman. N. (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.
  • Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs. 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
  • HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.
  • Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2009. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Kaapstad: Pharos

Eksterne skakels

Tags:

AfkortingVIGS

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BoomPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLugbesoedelingVoedingUnited Democratic FrontSatellietGalblaasPad na jou hartNatuurlike hulpbronJagluiperdSeisoenKultuurTennisGrondwet van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Cristiano RonaldoGreen PornoOlimpiese Somerspele 2024KuberkrakerMikro-ekonomieSosiale ordeFrederik Willem de KlerkBrittany Ashton HolmesLys van Griekse mitologiese figureLys van Afrikaanse digtersSeksuele opwekkingFrankrykKeramiekVerkragting3D-rolprentBybelKunsmatige intelligensieByLongontstekingDrakensbergeKwaZulu-NatalGeweldMondHorlosieStikstofAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSpinnekopLidwoordWater (molekuul)Carles PuigdemontLien se lankstaanskoeneNeerslagGasErektiele disfunksieAborsieStereotipePesachPlantDonkieSoutsuurWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMantisVulkaanSportMagneetTegnologieGesonde dieetAarde se atmosfeerSout (chemiese stof)Gevolge van aardverwarming op oseanePerdMasturbasieBelastingAfkappingstekenAfrikaProvinsies van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse randWikiquoteMonopolie🡆 More