Tsonga

Die taal Tsonga (Xitsonga in Tsonga) vorm deel van die Niger-Kongo-taalfamilie.

    Hierdie artikel handel oor die Tsongataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Tsongas.

Dit is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika, waar dit deur sowat 2 miljoen mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik Tsongas. Dit word deur ongeveer 1 710 000 mense gepraat in Mosambiek en deur 19 000 in Eswatini. Daar is ook ongeveer 5 000 sprekers in Zimbabwe, waar dit een van die amptelike tale is.

Tsonga
Xitsonga
Gepraat in: Flag of eSwatini Eswatini
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 
Gebied: Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Noordwes, Gaza, Maputo-provinsie, Maputo-stad, Manica, Inhambane-provinsie, Chikombezi, Malipati, Chiredzi
Totale sprekers: 4 miljoen (moedertaal, 2011)
3,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Tsonga 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe (as Shangani)
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: ts
ISO 639-2: tso
ISO 639-3: tso
Tsonga
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Tsongataliges in 2011:

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%


Tsonga
Geografiese verspreiding van Tsonga in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:

   <1/km²

   1–3/km²

   3–10/km²

   10–30/km²

   30–100/km²

   100–300/km²

   300–1000/km²

   1000–3000/km²

   >3000/km²


'n Man uit Angola gee 'n voorbeeld van Tsonga

Woorde

Algemene woorde en frases:

Afrikaans Tsonga
Welkom U amukeriwile (enkelvoud) / Mi amukeriwile (meervoud)
Dankie Inkomu
Goeiedag / Hallo Avuxeni
Totsiens Salani
Rook verbode A ku dzhahiwi
Geen ingang A ku ngheniwi
Pasop vir die trap Xiya-xiya xitepisi
Pasop! Tivonele!
Veels geluk met jou verjaarsdag Ndzi tlangela siku ro velekiwa
Seisoensgroete Mikateko ya Masiku yo Wisa
Geseënde Kersfees A ku ve Khisimusi lerinene
Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar A ku vi Khisimusi lerinene naswona a ku vi lembe lerintshwa lerinene

Teksvoorbeeld

Die Onse Vader in Tsonga:

    Tata wa hina la nge matilweni,
    vito ra wena a ri hlawuleke;
    a ku te ku fuma ka wena;
    ku rhandza ka wena a ku endliwe misaveni,
    tanihi loko ku endliwa tilweni.
    U hi nyika namuntlha vuswa bya hina bya siku rin'wana ni rin'wana;
    u hi rivalela swidyoho swa hina,
    tanihi loko na hina hi rivalela lava hi dyohelaka;
    u nga hi yisi emiringweni,
    kambe u hi ponisa eka Lowo biha,
    Amen.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tsonga 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Tsonga

Taalhulpmiddels

Sagteware in Tsonga

Tags:

Tsonga WoordeTsonga TeksvoorbeeldTsonga Sien ookTsonga VerwysingsTsonga Eksterne skakelsTsongaAmptelike taalEswatiniMosambiekNiger-Kongo-taleSuid-AfrikaTaalTsongasZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMosambiekLys van kleurePad na jou hartMisdaadToestand van materieKlein-KarooSelfkonsepBrandmondsindroomInkomsteEienaamHondeklipbaaiMuishondKatoen1990MIV/vigs in Suid-AfrikaKolonoskopieToekoms van die AardeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMiddelmisbruikNatuurlike hulpbronHeuningbyVoorvoegselEnsiklopedieAfleiding (taalkunde)Johannes MeintjesFiela se kind (rolprent)Refentse MorakeBybelAnilingusOrtopedieOmtrek, oppervlakte en volumeSeevlakSeksismeGoudMusiekAarverkalkingDriehoekGeboorteLettergreepVolhoubare ontwikkelingNierversakingDriedimensioneelVergelykings (taalkunde)WolkPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPaasfeesEngelandImpakte van toerismeErfenisdag (Suid-Afrika)GenadedoodSwartbewussynsbewegingSleutel (musiek)NederlandsTweede Nuwe JaarLys van bekende Suid-AfrikanersHefboomFisiese oefeningJavaScriptMeervoudJaarLeestekenUKhahlamba-DrakensbergparkDwelmmiddelSelfvertroueSimboolSnaarinstrumentLys van Nederlandse skildersHoofstadLys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier🡆 More