Coca-Cola: Koolsuurhoudende bruinkleurige koeldrank

Coca-Cola, ook Coke genoem, is ’n tipe gaskoeldrank.

Die koeldrank is die wêreld se topverkoper-drankie en word in meer as 200 lande oor die wêreld verkoop. Dit word deur die Coca-Cola-maatskappy vervaardig. Hulle hoofkantoor is in Atlanta, Georgia, VSA en hul grootste kompetisie is Pepsi.

Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings
'n Botteltjie Coca-Cola.
Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings
Coca-Cola se handelsmerk.
Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings
Die "World of Coca-Cola"-gebou in Las Vegas, Nevada.
Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings
'n Botteleringsfabriek van Coca-Cola Kanada Ltd, 8 Januarie 1941, Montreal, Kanada.

Die drankie is in die laat 19de eeu deur John Pemberton uitgevind en was aanvanklik gepatenteerde medisyne. Die sakeman Asa Griggs Candler het dit vervaardig en sy bemarkingstegnieke het daartoe gelei dat Coca-Cola die koeldrankmark dwarsdeur die 20ste eeu oorheers het. Die koeldrank se naam verwys na twee van sy oorspronklike bestanddele: kokablare en die kolaneut (’n bron van kafeïen). Die huidige Coca-Cola-formule is ’n geheim, hoewel verskeie beweerde resepte en eksperimentele skeppings al gepubliseer is.

Die Coca-Cola-maatskappy vervaardig ’n konsentraat, wat dan aan gelisensieerde botteleerders oor die hele wêreld verskaf word. Die botteleerders vervaardig die eindproduk uit die konsentraat, water en versoeters in bottels of blikkies. Hulle verkoop en versprei ook die Coke.

Van tyd tot tyd word ander koladrankies deur die Coca-Cola-maatskappy onder die Coke-naam vervaardig, soos Diet Coke, kafeïenvrye Coke en Coke Zero. Volgens ’n studie deur Interbrand in 2015 was Coca-Cola die wêreld se handelsnaam met die derde hoogste waarde, naas Apple en Google. In 2013 is Coke-produkte in meer as 200 lande wêreldwyd verkoop. Coca-Cola was in 2018 no. 87 in Fortune 500 se lys van die grootste Amerikaanse maatskappye na aanleiding van totale inkomste.

Geskiedenis

Die begin

Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings 
John Pemberton, die oorspronklike uitvinder van Coca-Cola.
Coca-Cola: Geskiedenis, Coke in Suid-Afrika, Verwysings 
’n Tekening wat op 12 Julie 1944 aan Coca-Cola oorhandig is ná die vervaardiging van die maatskappy se miljardste gelling Coca-Cola-stroop.

Coca-Cola is in 1886 deur ’n Amerikaanse apteker, John Pemberton, in Atlanta geskep. Hy was ’n kolonel wat in die Amerikaanse Burgeroorlog gewond is en verslaaf geraak het aan morfien. Hy het ’n soektog begin na ’n plaasvervanger vir dié problematiese middel.

Die prototipe-Coke-resep is geformuleer by Pemberton se Eagle Drug and Chemical House, ’n apteek in Columbus, Georgia. Dit was aanvanklik ’n kokaïengebaseerde drankie.

’n Spaanse drankie met die naam "Kola Coca" het reeds in 1885, ’n jaar voor die uitvinding van Coca-Cola, bestaan. Coca-Cola het die regte op dié Spaanse drankie in 1953 gekoop.

In 1885 het Pemberton sy "French Wine Coca"-senuweetonikum geregistreer. In 1886, toe Atlanta en Fulton County in Georgia die drankverbod instel, het Pemberton gereageer deur die ontwikkeling van Coca-Cola, ’n niealkoholiese weergawe van sy "wynkoka".

Die eerste Coca-Cola is op 8 Mei 1886 by Jacob's Pharmacy in Atlanta verkoop. Dit is oorspronklik as gepatenteerde medisyne verkoop teen vyf Amerikaanse sent per glas by sodafonteine, wat in dié tyd gewild was in Amerika. Pemberton het beweer Coca-Cola genees verskeie siektes, insluitende morfienverslawing, slegte spysvertering, senuweekwale, hoofpyn en impotensie.

20ste eeu

Die eerste buitemuuradvertensie vir Coca-Cola is in 1894 in Cartersville, Georgia, geverf. Teen die tyd van die 50ste herdenking van sy bestaan het die koeldrank in Amerika nasionale ikoonstatus behaal. In 1935 is dit deur die Atlanta-rabbi Tobias Geffen as kosjer verklaar nadat die maatskappy ’n paar klein veranderings aan die verkryging van sommige bestanddele gemaak het.

Op 12 Julie 1944 is die miljardste gelling Coca-Cola-stroop deur die maatskappy vervaardig. Blikkies Coke het in 1955 die eerste keer hul verskyning gemaak.

New Coke

Op 23 April 1985 het Coca-Cola, te midde van baie publisiteit, probeer om die koeldrank se formule te verander met die bekendstelling van "New Coke". Navorsing het gewys die meeste gebruikers verkies die smaak van New Coke bo dié van die ou Coke én Pepsi. Die Coca-Cola-bestuur was egter onvoorbereid op die publiek se nostalgie vir die ou koeldrank en hul veldtog het geboemerang. Die maatskappy het geswig onder die druk en sedert 10 Julie 1985 "Coca-Cola Classic" begin maak met die ou formule se mieliestroop in plaas van suikerrietstroop as die belangrikste versoeter.

21ste eeu

Op 5 Julie 2005 is aangekondig dat Coca-Cola weer in Irak beskikbaar sou wees, die eerste keer sedert die Arabiese Liga die maatskappy in 1968 geboikot het.

In April 2007 is die naam Coca-Cola Classic in Kanada laat vaar omdat New Coke nie meer vervaardig is nie en dit onnodig was om tussen die twee te onderskei. Die formule het onveranderd gebly. In Januarie 2009 het Coca-Cola begin om ook in dele van Amerika die woord "Classic" te laat vaar. Sedert 2011 word die woord glad nie meer op Coke-produkte gebruik nie.

In 2012 het Coca-Cola sake in Mianmar hervat ná ’n afwesigheid van 60 jaar weens Amerikaanse sanksies teen die land. Dit was deel van die maatskappy se vyfjaarplan en ’n belegging van $200 miljoen in Mianmar. Coca-Cola en sy vennote beplan om teen 2020 altesaam $5 miljard in hul onderneming in Indië te stoot.

In 2013 is aangekondig "Coca-Cola Life" sal in Argentinië en ander dele van die wêreld bekend gestel word. Dit sal stevia en suiker bevat. Dié koeldrank is egter in 2017 aan Brittanje onttrek weens ’n afname in verkope.

Coke in Suid-Afrika

Coca-Cola is vir die eerste keer in 1938 in Suid-Afrika by 'n sodapomp by die Waldorf Café in St. George-straat in Kaapstad verkoop. Diet Coke is vir die eerste keer in 1983 in Suid-Afrika bekend gestel.

Verwysings

Tags:

Coca-Cola GeskiedenisCoca-Cola Coke in Suid-AfrikaCoca-Cola VerwysingsCoca-ColaAtlantaGeorgiaKoeldrankVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AprilPesachKoolhidraatStollingsgesteenteTrevor NasserPubliekBrandmondsindroomLys van Suid-Afrikaanse musikanteProstaatkankerBraaiKarpaletonnelsindroomWeervoorspellingJohan VorsterAlkoholismeBesproeiingKlavierWaterkringloopDesimale breukeGewone luislangVersoeningsdagMandalaSharpeville-slagtingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024OntbossingAfkortingSoweto-opstandBosluisbytkoorsKapitalismeHaasSwartrenosterKlem-in-die-kaakSinoniemWiki CommonsJan van TonderVulkaanGrondLeestekenHernubare energieJeugdagEngelsHeelgetalMonopolyHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWetenskaplike klassifikasieAsemhalingBeroerteTrappe van vergelykingAbstraksie (rekenaarwetenskap)TsongaSweedsGeldSportEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKaapstadse waterkrisis 2015-2018Mahatma GandhiMagneetBevolkingHeidelberg, GautengDuitslandSuid-Afrikaanse GrensoorlogSimboolNG gemeente MurraysburgHoenderJavaScriptWet op Bantoe-onderwysJosef StalinGroepsdrukKinderregteRacheltjie de BeerPornografiese subgenresMeningsverskil oor aardverwarmingSkaakPornografieVars water🡆 More