Las Vegas

Las Vegas (dikwels afgekort tot Vegas) is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Nevada en ook een van die volkrykste metropole in die weste van die VSA.

Die stad staan vandag veral bekend as 'n internasionale toeristesentrum en eersterangse bestemming vir handelskoue en konferensies soos die jaarlikse Consumer Electronics Show (CES), die belangrikste internasionale handelskou vir elektroniese verbruikersware. Die plaaslike toerismebedryf steun veral op dobbelary, groot winkelsentrums en Las Vegas se vermaaklikheidsbedryf.

Las Vegas
Las Vegas

Kaart Seël
Las Vegas
Las Vegas
Vlag
Las Vegas
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Las Vegas Nevada
 Koördinate 36°11′N 115°13′W / 36.183°N 115.217°W / 36.183; -115.217 115°13′W / 36.183°N 115.217°W / 36.183; -115.217
 Gestig op 15 Mei 1905
 Geïnkorporeer op 16 Maart 1911
 Oppervlakte:  
 - Totaal 340 vk km
 Hoogte bo seevlak 610 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 641 903
 - Bevolkingsdigtheid 4 527,46/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 265 461
 Tydsone UTC -8 (PST)
 - Somertyd UTC -7 (PDT
 Klimaat  
 - Tipe Woestynklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 19,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 7,3 / 32,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 109 mm
 Burgemeester Carolyn Goodman (O)
 Amptelike Webwerf lasvegasnevada.gov
Las Vegas
Lugaansig van Las Vegas
Las Vegas
Las Vegas se middestad
Las Vegas
Venezia all'americana: The Venetian Hotel & Casino

Las Vegas word dikwels as die "Wêreld se Vermaaklikheidshoofstad" ("The Entertainment Capital of the World") beskryf – onder meer danksy die reusagtige luukse kasino's, die onbeperkte beskikbaarheid van alkoholiese dranke (net soos in die res van die deelstaat Nevada) en sy vermaak-industrie wat op volwassenes gemik is. Las Vegas, wat vroeër ook as Sin City bekend gestaan het, het daarnaas 'n gewilde toneel vir rolprente en televisieprogramme geword.

Las Vegas is in 1905 gestig en ses jaar later amptelik as 'n stad geïnkorporeer. Danksy die vinnige ekonomiese groei het Las Vegas tot die grootste Amerikaanse stad ontwikkel wat in die 20ste eeu gestig is. Die stad is op 29 ná die volkrykste metropool in die VSA, en sy metropolitaanse gebied vorm met sowat twee miljoen inwoners een van die belangrikste demografiese sentrums in die Amerikaanse weste.

Die naam Las Vegas word in die VSA ook dikwels gebruik om na die nie-geïnkorporeerde gebiede van Clark County te verwys, 'n gebied wat die stad omsluit en baie van die ontspanningsgebiede langs en naby Las Vegas Strip behels. Die bekende Las Vegas Boulevard met 'n totale lengte van 4,5 myl (7,2 kilometer) loop grotendeels buite die stadsgebied deur die nie-geïnkorporeerde nedersettings Paradise, Winchester en Enterprise.

Weergegewens vir Las Vegas (McCarran Internasionale Lughawe)
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des
Hoogste maksimum (°C) 25 31 33 37 43 47 47 47 45 39 31 26
Gemiddelde maksimum (°C) 13,9 17,2 20,8 25,6 31 37,2 40,1 38,8 34,3 27,1 18,9 14,1
Gemiddelde minimum (°C) 2,7 5,2 8,3 12,2 17,2 22,4 25,7 24,8 20,4 13,6 6,7 2,6
Laagste minimum (°C) −13 −8,9 −7,2 −0,6 3 9 13 12 6 −3,3 −9,4 −12
Neerslag (mm) 15 17,5 15 3,8 6,1 2 11,2 11,4 7,9 6,7 7,9 10,2
Bron: NOAA/National Weather Service

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansLas Vegas  Wiki Commons het meer media in die kategorie Las Vegas.
  • (en) Toerisme-inligting oor Las Vegas op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf
  • (en) "Las Vegas". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 April 2022.

Tags:

Consumer Electronics ShowMetropoolNevadaToerismeVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKaapstadGoudGemeenskapsorganisasieGezina, PretoriaTuisbladGewasboerdery in Suid-AfrikaMosambiekPriemfaktorDistillasieSuid-Afrika-WetHector PietersonSteve BikoNiersteenDemokratiese Republiek die KongoLys van elemente volgens simboolArmoedeAarde se atmosfeerTafelbergFilistyneRacheltjie de BeerGeelhoutOnomatopeeGoogleBiodiversiteitDomineeVermenigvuldigingUitwerking van klimaatsveranderingToringSharpeville-slagtingEngelsMalariaRumatiekAbsolute monargieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWaterbesparing in Suid-AfrikaOntbossingAnilingusLys van Nederlandse skildersApokriewe boekeMonopolieSoogdierJo BlackPoesChristendomNamakwalandPad na jou hartTienie HollowayInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandBipolêre gemoedsteuringIngenieursweseSonRugbyInentingKolonoskopieHeupRelatiwiteitsteorieProteïenAgtervoegselNasiebouWaterbesoedelingBeurtkragFeminismeKaaps-Hollandse stylWêreld- Ekonomiese ForumSmaakNicole StraussVraag en aanbodWithaaiPlastiekHerfsMIVSprokieMona LisaLidwoordVerbondsarkMasturbasie🡆 More