Bermuda

Bermuda (Engels: ) is 'n eilandgroep in die Wes-Atlantiese Oseaan, 'n entjie voor die kus van Noord-Amerika.

Dit is 'n Britse oorsese gebiedsdeel onder soewereiniteit van die Verenigde Koninkryk, maar het sy eie plaaslike regering. Bermuda het 'n bevolking van 63 913 in 2019 gehad en 'n oppervlakte van 53,2 km². Die hoofstad is Hamilton en die grootste stad St. George’s, wat tot in 1815 as hoofstad van Bermuda gedien het. Die eiland is veral bekend vir die Bermudadriehoek en gewild onder toeriste. Dit is ook die plek waar die Bermudabroek uitgevind is en gewildheid verwerf het.

Bermuda
Vlag van Bermuda Wapen van Bermuda
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Quo Fata Ferunt
(Latyn vir: "Waarheen ons die lot dra")
Volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")

Nasionale lied: Hail to Bermuda a
Ligging van Bermuda
Hoofstad Hamilton

32°18′N 64°47′W / 32.300°N 64.783°W / 32.300; -64.783

Grootste stad St. George’s

32°23′N 64°41′W / 32.383°N 64.683°W / 32.383; -64.683

Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
Eerste minister
• Verantwoordelike
Britse ministerb
Parlementêre afhanklikheid
onder ’n grondwetlike monargie
Charles III
Rena Lalgie
Edward David Burt

James Cleverly
Onafhanklikheid

1620
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
53,2 km2  (230ste)
20,5 myl2
27
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
63 913 ()
63 779
1 388 / km2 (9de)
3 465,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$7,484 miljard (161ste)
$117 097 (4de)

MOI (2013) 0,981 ()  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar c (BMD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
ADT (UTC-3)
Internet-TLD .bm
Skakelkode +1-441
a. Hail to Bermuda word gebruik as Bermuda se volkslied by sportbyeenkomste.
b. Vir al die Britse oorsese gebiede
c. saam met die Amerikaanse dollar.
Bermuda
Nasa-Satellietbeeld van Bermuda
Bermuda
Kaart van Bermuda

Bermuda is in 1505 deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan de Bermúdez vir Europa ontdek en later na hom genoem. Dié eiland is deur die Spaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur Spanje gekoloniseer nie. Twee jaar ná die stigting van Jamestown in Virginië het Engelse onder leiding van die Virginia Company in Bermuda gevestig. St. George’s, dié eiland se eerste hoofstad, is in 1612 gestig en tot in 1614 is dié eiland as deel van die kolonie in Virginië bestuur. In 1684 het die Engelse Kroon die beheer oorgeneem en Bermuda het in 1707, met die Act of Union 1707 wat die Koninkryk van Engeland en Koninkryk van Skotland tot die Koninkryk van Groot-Brittanje laat saamsmelt het, 'n Britse Kroonkolonie geword. Nadat Newfoundland in 1949 deel van Kanada geword het, het Bermuda die oudste oorblywende Britse oorsese gebied geword. Met die heraansluiting van Hongkong by China in 1997 het Bermuda die mees bevolkte afhanklike gebied geword (vanaf 2002 oorsese gebied). Bermuda word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou. Die eilandgroep is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme en buitelandse bankdienste gebaseer.

Sport

Krieket is Bermuda se nasionale sportsoort en die nasionale krieketspan het aan die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië deelgeneem.

Boerekrygsgevangenes

Vyf van Bermuda se eilande is gebruik om ongeveer 5 000 Boerekrygsgevangenes tydens die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Anglo-Boereoorlog, te huisves. Die Boere is volgens hulle oortuigings ten opsigte van die oorlog op aparte eilande verdeel. Diegene wat geglo het dat die oorlog moes voortgaan is na Darrell's Eiland gestuur en is swaar bewaak. Morgan's Eiland het 884 man gehuisves, Tucker's Eiland 809, Burt's Eiland 607 en Port's Eiland 35, waar die hospitaalfasiliteite was.

Die koerant The New York Times het verskeie stories oor Boerekrygsgevangenes in Bermuda gepubliseer, byvoorbeeld die poging tot muitery op pad na Bermuda toe, en die daaropvolgende krygswet wat op Darryll's Eiland gegeld het, sowel as drie Boerekrygsgevanenes se ontsnapping na die vasteland van Bermuda en ook oor die "avonture" van 'n jong Boeresoldaat wat op die stoomskip Trinidad in New York aangekom het.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

    Wiki-webtuistes

    Geskiedenis van Bermudaanse seilvaart

Bermuda  Verenigde Koninkryk Bermuda 
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië

Tags:

Bermuda SportBermuda BoerekrygsgevangenesBermuda VerwysingsBermuda BronnelysBermuda Eksterne skakelsBermudaArgipelAtlantiese OseaanBermudabroekBermudadriehoekBritse oorsese gebiedeEngelsHamilton, BermudaHoofstadNoord-AmerikaStadToeristeVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erektiele disfunksiePeniskankerApartheidMaroela MediaBrongitisKankerCleopatra VIIGenesisVlag van LibanonVaginale kankerNederlandNamakwalandCarles PuigdemontSmall HandsSlaapapneeKnopiespinnekopEreksieNazi-DuitslandNierversakingWaterhertBernice WestPoësieGoudCobus RossouwZuid-Afrikaansche RepubliekRuslandEucalyptusSamestellende afleidingAuschwitz-konsentrasiekampOorlog in Soedan (sedert 2023)GedigKlimaatOssewaWaarheid-en-versoeningskommissieTongaanse nasionale rugbyspanDoopEekhoringMisdaadKaapstadBorsklierDesiré GardnerMondEier (biologie)AkroniemDachshundLiefdeRugbywêreldbeker 2023ElandréE-regeringFredi NestBaardskeerder-spinnekopSlag van BloedrivierMangelontstekingPampoentjiesAsynSwitserlandBoet TroskieRugbywêreldbeker 1991Erica BoyerJada FireSkildklierPornografiese subgenresWikipediaCyril RamaphosaMarita NapierSuikersiekte🡆 More