Anneli van Rooyen (gebore 25 Februarie 1961) is 'n bekende Afrikaanse sangeres.
Sy is in 1979 as die algehele wenner van die ATKV se Crescendo aangewys. Van haar treffers sluit in: Sewe sakke sout, Neem my op vlerke, Seemeeu!, Ek lewe en Seënbede.
Anneli van Rooyen | |
---|---|
Gebore | 25 Februarie 1961 Pretoria |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1979 – nou |
Van Rooyen ly aan trigeminale neuralgie, 'n toestand wat tot ernstige pyn aan die regterkant van haar gesig lei. Sy het al verskeie breinoperasies ondergaan om die toestand te behandel.
Op 26 Januarie 2020 is Anneli ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anneli van Rooyen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.