Kolorektale Kanker: Kanker in die dikderm of rektum

Kolorektale kanker (ook bekend as kolon-, rektale of dikdermkanker) is ’n kanker in die dikderm of rektum (dele van die kolon).

Dit ontstaan weens die abnormale groei van selle wat die vermoë het om na ander dele van die liggaam te versprei. Tekens en simptome sluit in bloeding in die stoelgang, ’n verandering in toiletgewoontes, gewigsverlies en ’n langdurige gevoel van moegheid.

Kolorektale kanker
Klassifikasie en eksterne bronne
Diagram van die laer maagdermkanaal.
Diagram van die laer maagdermkanaal.
ICD-10 C18-C20/C21
ICD-9 153.0-154.1
OMIM 114500
DiseasesDB 2975
MedlinePlus   000262
eMedicine med/413med/1994 ped/3037
Kolorektale Kanker: Tekens en simptome, Oorsake en diagnose, Voorkoming Mediese waarskuwing

In Suid-Afrika kry een uit elke 97 mans en een uit elke 162 vroue kolonkanker, volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa). Kolonkanker is een van die vyf algemeenste kankers onder mans sowel as vroue wêreldwyd, en in Suid-Afrika word minstens 2 500 nuwe gevalle jaarliks aangemeld.

Tekens en simptome

Kolorektale Kanker: Tekens en simptome, Oorsake en diagnose, Voorkoming 
Die ligging en voorkoms van twee soorte kolorektale gewasse.

Die tekens en simptome van kolorektale kanker hang af van die ligging van die gewas in die ingewande en of dit na ander dele van die liggaam versprei het. Die algemene simptome is verergerende hardlywigheid, bloed in die ontlasting, kleiner stoele, ’n gebrek aan eetlus, gewigsverlies, en naarheid en vomering in mense ouer as 50 jaar.

Terwyl rektale bloeding hoërisikofaktore in mense ouer as 50 is, is ander algemene simptome onder meer gewigsverlies en ’n verandering in toiletgewoontes, veral as dit gepaardgaan met bloeding.

Oorsake en diagnose

Genetiese afwykings kom net in ’n klein deel van die bevolking voor. Die eet van baie rooi- en geprosesseerde vleis en min vesel is belangrike bydraende faktore tot die siekte. Ander siektes soos ’n ontsteekte ingewande, onder meer Crohn se siekte en colitis ulcerosa, kan die risiko van kolorektale kanker verhoog. Die siekte begin gewoonlik as ’n kwaadaardige gewas, dikwels in die vorm van ’n poliep wat mettertyd kankeragtig raak.

Ander risikofaktore sluit in 'n ongesonde leefstyl, ouderdom, geslag, alkohol, rook en ’n gebrek aan oefening. Laasgenoemde word verbind met sowat 10% van gevalle. Ook ’n familiegeskiedenis van kolonkanker en poliepe, die aanwesigheid van poliepe, ras, blootstelling aan bestraling en selfs diabetes en oorgewig kan die risiko verhoog.

Die drink van minstens vyf glase water per dag word verbind met ’n afname in die risiko van kolorektale kanker en poliepe.

Voorkoming

Die meeste gevalle van kolorektale kanker kan voorkom word met gereelde toetse en leefstylveranderings. Kolonkanker kan byvoorbeeld opgespoor word deur ’n biopsie te kry tydens ’n kolonoskopie of sigmoïdoskopie.

Leefstyl

Huidige aanbevelings vir eetgewoontes sluit in ’n groter inname van volgraan, vrugte en groente, asook ’n kleiner inname van rooivleis. Die bewyse wat vesel, vrugte en groente betref, is egter nie omvattend nie.

Oefening word verbind met ’n klein afname in die voorkoms van kolon-, maar nie rektale kanker nie. Om vir lang rukke te sit, word verbind met ’n hoër risiko vir kolonkanker.

Medikasie

Dit lyk of aspirien en celecoxib die risiko vir kolorektale kanker verklein by mense met ’n hoë risiko. Dit word egter nie aanbeveel vir mense met ’n lae risiko nie.

Toetse

Kolorektale Kanker: Tekens en simptome, Oorsake en diagnose, Voorkoming 
’n Kolonoskopie word uitgevoer.

Aangesien meer as 80% van gevalle die gevolg is van poliepe, is kankertoetse belangrik – nie net vir vroeë opsporing nie, maar ook vir voorkoming. Met ’n beeldvormende mediese ondersoek kan vasgestel word of die siekte versprei het. Sulke ondersoeke word aanbeveel vir enigiemand tussen 50 en 75 jaar. Tydens ’n kolonoskopie kan klein poliepe verwyder word. Met groot poliepe kan ’n biopsie gedoen word om te bepaal of dit kankeragtig is.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beveel aan dat enigiemand van die ouderdom van 50 af elke 10 jaar ’n kolontoets soos ’n kolonoskopie ondergaan. Ander metodes om kolonprobleme op te spoor sluit in:

  • Sigmoïdoskopie (vyfjaarliks)
  • Fekale okkultbloedtoetse (jaarliks)
  • Fekale immunochemiese toetse (jaarliks)
  • DNS-toets van stoelgang (driejaarliks)

Behandeling en prognose

Die behandeling van kolorektale kanker kan ’n kombinasie insluit van chirurgie, bestraling en chemoterapie. Kankers in die wande van die kolon kan met chirurgie behandel word, terwyl kankers wat versprei het, gewoonlik nie geneeslik is nie, en dan word daar gekonsentreer op die verbetering van die lewensgehalte en simptome. In Amerika is die vyfjaaroorlewingstempo sowat 65%. Dit hang egter af van hoe ver die kanker gevorder het, of dit chirurgies verwyder kan word en die pasiënt se algemene gesondheid.

Kolorektale kanker is wêreldwyd die derde algemeenste soort kanker – dit maak sowat 10% van alle kankergevalle uit. In 2012 was daar 1,4 miljoen nuwe gevalle en 694 000 sterfgevalle weens die siekte. Dit is meer algemeen in ontwikkelde lande, waar meer as 65% van gevalle aangetref word. Dit kom algemener by mans voor as by vroue.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kolorektale Kanker Tekens en simptomeKolorektale Kanker Oorsake en diagnoseKolorektale Kanker VoorkomingKolorektale Kanker Behandeling en prognoseKolorektale Kanker VerwysingsKolorektale Kanker Eksterne skakelsKolorektale KankerBloedingDikdermGewas (medies)KankerOntlastingRektumSelSimptoom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TelkomWaterbesoedelingBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Om-te-infinitiefkonstruksieAB de VilliersWiskundige terminologieTuberkuloseHoofletterHartversakingGreen PornoBronsGriepSimmetrieHamburgerAppendiksBeaufortskaalSuid-Afrikaanse WeermagKlimaatsverandering in AfrikaNasionale VrouedagBreinGasSeptimius AwardsLUniegebouHeuningbyLimpopo (rivier)KankerKaapstadWebwerfLabia (geslagsdele)SirkusVingerseksDie ontstaan van die dramaGroot DepressieArmoedeverligtingViëtnamSinoniemMonopolyKinkhoesFiela se kindAfrikanernasionalismeAvbobRooilipslangLys van nedersettings in Suid-AfrikaBloeddrukLiewe HeksieYsterRivierBewussynKrokodilDiarree23 AprilErfenishulpbronAluminiumOorstromingSarel Jacob PretoriusGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogHidroëlektrisiteitEienaamKoperVraag en aanbodAdolessensieSenuweestelselKinderregteGalileo GalileiFamilie (verwantskap)BorsTopsy SmithLeestekenEthiopiëVoorsetselBoelierySprokieMenslike skeletVars waterPubliekLys van Suid-Afrikaanse skrywersProvinsies van Suid-Afrika🡆 More