Vingerseks: Die gebruik van vinger/s om seksuele stimulasie te bereik

Vingerseks of vingering is meestal die seksuele stimulasie van die vulva (insluitende die klitoris) of vagina met die vingers.

Vaginale vingerseks word in die reg en geneeskunde digitale penetrasie genoem. Vingerseks kan ook betrekking hê op die seksuele stimulasie van die anus met die vingers.

Vingerseks: Stimulasie, Veiligheid en verkragting, Verwysings
’n Illustrasie van vingerseks.

Vingerseks kan gebruik word as ’n vorm van masturbasie of saam met ’n seksmaat. Wanneer dit op die seksmaat se vulva of vagina toegepas word, is dit ’n vorm van wedersydse masturbasie en analoog aan die stimulasie van die penis ("aftrek"). Dit kan gebruik word vir seksuele prikkeling of voorspel, die hele seksdaad uitmaak of ’n vorm van niepenetrerende seks wees. Vingerseks kan saam met ander vorme van seks of intimiteit gebruik word of om ’n vrou ’n orgasme te laat bereik nadat die maat reeds 'n orgasme bereik het.

Stimulasie

Vulva

Dele van die vulva, veral die klitoris, is erogene (seksueel sensitiewe) sones. Die massering van die vulva, en veral die klitoris, is die algemeenste manier vir ’n vrou om ’n orgasme te bereik. Studies wys 70-80% van vroue het direkte klitorale stimulasie nodig om ’n orgasme te bereik.

Die klitorale glans of skag kan gemasseer word, gewoonlik deur die vel van die kappie of voorhuid, met die gebruik van bewegings op en af, heen en weer of in sirkels. Die res van die geslagsdele kan ook met die vingers gestimuleer word.

Vagina

Hoewel die vagina as geheel nie juis baie sensitief is nie, het die onderste derde (die deel die naaste aan die opening) konsentrasies van senuwee-eindpunte wat genotvolle sensasies kan verskaf as dit tydens seks gestimuleer word.

Die vagina word dikwels gevinger in ’n poging om ’n area wat die G-kol genoem word, te stimuleer. Die G-kol is geleë rofweg 5 cm op aan die voorwand van die vagina, in die rigting van die naeltjie. Dit word beskryf as herkenbaar aan sy riwwe en effens growwer tekstuur in vergelyking met die res van die vaginawande. Deur dié deel, en effektief moontlik die klier van Skene, te stimuleer kan die vrou na berig word gelei word tot ’n vroulike ejakulasie.

Medici stel voor ’n mens se hande word gewas voor kontak met die vagina ter wille van higiëne, veral wanneer verskillende openinge aangeraak word.

Anus

Anale vingerseks kan genotvol wees danksy die groot aantal senuwee-eindpunte in die anale streek van die mens en die bykomende stimulasie wanneer die sluitspier met die insteek van ’n vinger gerek word. ’n Goeie smeermiddel word vir albei seksmaats aanbeveel om die plesier te verhoog en die insteek van die vinger te vergemaklik. Net die sluitspier kan ook gevryf word, sonder om ’n vinger in te steek. Vingerseks kan beskou word as ’n seksdaad op sy eie, of as voorspel tot verdere anale seks. Dit kan die ontvanger prikkel en hulle help om hulle anus te ontspan voordat ’n penis of ander voorwerp ingesteek word.

Anale vingerseks is ook ’n doeltreffende manier om ’n man se prostaat te stimuleer en hom so ’n orgasme te laat bereik.

Veiligheid en verkragting

Vingerseks word gewoonlik as veilige seks beskou solank daar geen oop wonde aan die vingers is nie. Die naels behoort geknip en gevyl te word; lang, skerp of gebreekte naels kan snye en ander beserings veroorsaak. As daar oop snye, infeksie of oop wonde aan die vingers is, behoort groot sorg gedra te word. As vingerkondome gebruik word, kan hulle afgly en in die anus agterbly. Die hande behoort voor enige ander aktiwiteit met seep en warm water gewas te word om die verspreiding van bakterieë en ander kieme te voorkom. As beide die vagina en anus gestimuleer word, moet aparte latekshandskoene gebruik word.

Digitale penetrasie teen iemand se sin word as verkragting of seksuele aanranding beskou.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Vingerseks StimulasieVingerseks Veiligheid en verkragtingVingerseks VerwysingsVingerseks Eksterne skakelsVingerseksAnusGeneeskundeKlitorisRegSeksuele stimulasieVaginaVulva

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ou Cyrilliese alfabetGeorge BallotSesnasies-toernooiVir die voëlsSkerpioenSkildklierJoão LourençoWikipediaFiksieLugbesoedelingWewervoëlsKinismeApokriewe boekeBuck AngelSiembambaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaDroomGordelroosBloukraanvoëlProvinsies van Suid-AfrikaMiljardDemokrasiePoesBosluisNina HartleyJak de PriesterLiewe HeksiePofadder (slang)Lida BothaSpekboomApiesdoringHoërskool Sentraal, BloemfonteinBloeddrukOlimpiese godeDe AarFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002RugbySkarlakenkoorsDigvormMoslemKinderregteDuitsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Openbare BeskermerKontinentDesiré GardnerOnderwysMediese diagnoseAfrikaansMiltSkisofrenieLys van politieke partye in Suid-AfrikaSaoedi-ArabiëGewone luislangHondLys van Afrikaanse rolprenteSelfieOkkerneutGraanToutrekGroblersdalSuikersiektePublieke domeinWerkwoordKoos BekkerLys van medisinale kruieSagtewareChow-chowMantisSwitserlandSteve HofmeyrKinkhoesJavaScriptGesonde dieet🡆 More