Liewe Heksie: Fiktiewe karakter wat deur die Afrikaanse kinderboekskryfster Verna Vels geskep is

Liewe Heksie is ’n fiktiewe karakter wat deur die Afrikaanse kinderboekskryfster Verna Vels geskep is.

Haar regte naam is Levinia. Die karakter is ’n onbeholpe heksie wat saam met haar vriende in Blommeland woon. Die storielyn draai om Heksie se onvermoë om haar magte te beheer en haar naïwiteit wat ander mense dikwels as domheid bestempel.

Liewe Heksie
Geskep deur Verna Vels
Geregisseer deur Louise Smit
Dalene Kotzé
Openingstema "Hulle noem haar Liewe Heksie"
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 2
Aantal episodes 52
Produksiemaatskappy SAUK
Verspreider SAUK TV1

Ander karakters is:

  • Blommie, heksie se beste vriend
  • Matewis, haar kat
  • Griet, haar perd (wat ook magiese kragte het wat deur die sleutelwoorde “O Griet!” opgeroep word)
  • Karel Kat, heksie se slim vriend uit die groot stad
  • Koning Rosekrans, die koning van Blommeland
  • Kwaaitjie, die koning se boodskapper
  • Kwaai Babatjie, bababoetie van Kwaatjie
  • Die Geel Heks, die slegte heks wat Blommeland wil oorwin
  • Die Gifappeltjies, die Geel heks se trawante

’n Kennelike storielyn van die reeks begin met Liewe Heksie wat iets wil regkry met haar magte, waarna die Geel Heks ’n nuwe plan beraam om Blommeland in te val en daar ’n reeks voordelige ongelukke ingespan word om haar te fnuik. Soms word Griet se magiese kragte ingespan wanneer Heksie ’n fout maak en per ongeluk sy sleutelwoorde sê (die woorde “O Griet” word baie sterk met Liewe Heksie assosieer). Dikwels berus die redding van Blommeland op die Silwer Roos, ’n magiese roos wat die paleis bewaak.

Die reeks het begin as ’n stel boeke vir kinders, maar is later op radio uitgesaai en met marionette verfilm vir ’n baie populêre SAUK-televisie reeks.

Bibliografie

Liewe Heksie boeke (1960’s-70’s) geïllustreer deur Dorothy Hill

  • Die Groot Liewe Heksie-storieboek (1983) geïllustreer deur Dorothy Hill
  • Lekker Liewe Heksie stories (1983) geïllustreer deur Dorothy Hill
  • Liewe Heksie en die rugbywedstryd (1988) geïllustreer deur Nikki Jones
  • Liewe Heksie en die rekenaar (1999) geïllustreer deur Piet Grobler
  • Die Liewe Heksie omnibus (2002) geïllustreer deur Piet Grobler

Volle storielys

  • Liewe Heksie kry ’n verjaarsdag
  • Liewe Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat
  • Liewe Heksie en die bikini
  • Liewe Heksie en die motor
  • Liewe Heksie maak die koning gesond
  • Liewe Heksie en die toorwoorde
  • Liewe Heksie en die donkie
  • Liewe Heksie word babawagter
  • Liewe Heksie in die land van die Gifappeltjies
  • Liewe Heksie en die dief
  • Liewe Heksie en die koekoek
  • Liewe Heksie en die wals
  • Liewe Heksie kry ’n kat
  • Liewe Heksie en die mini
  • Liewe Heksie gaan skool toe
  • Liewe Heksie en die winkel
  • Liewe Heksie en die troeteldier
  • Liewe Heksie en die feekoningin
  • Liewe Heksie en die helikopter
  • Liewe Heksie en die orkes
  • Liewe Heksie en Griet
  • Liewe Heksie en die sneeu
  • Liewe Heksie hou partytjie
  • Liewe Heksie vang vis
  • Liewe Heksie en die toneelstuk
  • Liewe Heksie en die alpeviooltjies
  • Liewe Heksie en die klompe
  • Liewe Heksie in die sirkus
  • Liewe Heksie en die tuppels
  • Liewe Heksie en die tent
  • Liewe Heksie gaan maan toe
  • Liewe Heksie en die vlieënde piering
  • Liewe Heksie se geskenk
  • Liewe Heksie en die rugbywedstryd
  • Liewe Heksie en die rolskaatse
  • Liewe Heksie en die rekenaar
  • Liewe Heksie en die rotbende
  • Liewe Heksie en Botterblom
  • Die dag toe Liewe Heksie se kop gedraai het
  • Waar is Klein Kwaaitjie Kabouter?
  • Liewe Heksie en Adspersus
  • Liewe Heksie en die Tuindwergie

Verwysings

Tags:

AfrikaansHeksVerna Vels

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoppeltekenKrieketSenuweestelselNoord-KaapPubiese hareLys van Afrikaanse televisiereekseMonopolieHector PietersonHefboomCorioliskragGalileo GalileiNelson MandelaSomerBoelieryGeestesteuringVerkragtingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBeesSuurstofWillie JoubertOogproblemeHibernasieMassaDesimale breukeHondLeeudoringstad-spoorwegrampLys van elemente volgens simboolHomoniemSeksismeDriedimensioneelVolhoubare ontwikkelingNicole StraussWaatlemoenPersoonlikheidKasteel die Goeie HoopSeevlakstygingSteenkool in Suid-AfrikaLenteMosambiekkanaalLeeuKlinkerKunsDriehoekVolhoubaarheidHolocaustWoordeskatSkaakBorskankerFiela se kind (rolprent)Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLeonardo da VinciDramaRasionale getalVierkantswortelEerste WêreldoorlogCholeraGewasboerdery in Suid-AfrikaHemelvaartsdagMetaalPornografieAppel (sanger)GenadedoodApokriewe boekeSebraVoegwoordDemografie van Suid-AfrikaLKaapse florarykMetafoorBlomMisdaadJohannes MeintjesVigsVars waterSelfkonsepPenisWeervoorspelling🡆 More