Die Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog (Engels: Allies; Frans: Alliés; Russies: Антигитлеровская коалиция; Chinees: 同盟國) is die lande wat amptelik teen die Spilmoondhede tydens die Tweede Wêreldoorlog gestaan het.
Binne die Geallieerdes het die Sowjetunie, die Verenigde State, en die Verenigde Koninkryk as die "Groot Drie" bekendgestaan. Die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt het na die Groot Drie en China as die "Vier polisiemanne van die wêreld" verwys.
Gedurende Desember 1941 het Roosevelt die naam "Verenigde Nasies" (VN) vir die Geallieerdes bedink, en die Declaration by United Nations, op 1 Januarie 1942, was die grondslag van die moderne VN. By die Potsdamkonferensie van Julie-Augustus 1945, het Roosevelt se opvolger, Harry S. Truman, voorgestel dat die minsiters van buitelandse sake van China, Frankryk, die Sowjetunie, die Verenigde Koninkryk en die VSA "die vredesverdare en grensskikkings van Europa moes optrek," wat gelei het tot die skepping van die Raad van Minsters van Buitelandse Sake.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.