El Salvador

El Salvador (Spaans: , luister (hulp·inligting); letterlik: die verlosser), amptelik die Republiek El Salvador (Spaans: República de El Salvador), is 'n republiek in Sentraal-Amerika.

El Salvador beslaan 'n oppervlakte van 21 041 km² en het in 2016 'n bevolking van 6 344 722 gehad. Die land grens aan Guatemala in die noordweste, die Stille Oseaan in die suidweste en Honduras in die noordooste. Die hoofstad en grootste stad is San Salvador, gevolg deur Santa Ana. Die gebied is oorspronklik in Nahuatl Cōzcatlān (Spaans: "Cuzcatlán") genoem wat "die land van kosbare dinge" beteken. Die Spaanse conquistador Pedro de Alvarado het dit Provincia De Nuestro Señor Jesus Cristo, El Salvador Del Mundo ("Provinsie van ons Here Jesus Christus, die Verlosser van die Wêreld") genoem, dikwels verkort tot "El Salvador".

República de El Salvador
Republiek El Salvador
Vlag van El Salvador Wapen van El Salvador
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Dios, Unión, Libertad
(Spaans vir: "God, Unie, Vryheid")
Volkslied: Himno Nacional de El Salvador
(Spaans vir: "Volkslied van El Salvador")
Ligging van El Salvador
Hoofstad San Salvador

13°40′N 89°10′W / 13.667°N 89.167°W / 13.667; -89.167

Grootste stad San Salvador
Amptelike tale Spaans
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Claudia Rodríguez de Guevara
Onafhanklikheid
• Verklaar van Spanje
• Verklaar van die
Eerste Meksikaanse Keiserryk
• Verklaar van die
Federale Republiek
van Sentraal-Amerika

• Internasionale erkenning

15 September 1821

12 Junie 1824


18 Februarie 1841
24 Junie 1865
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
21 041 km2  (148ste)
8 124 myl2
1,5
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2007-sensus
 - Digtheid
 
6 344 722 (99ste)
5 744 113
303,1 / km2 (47ste)
785,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$55,731 miljard (101ste)
$8 313 (111ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$26,871 miljard (103de)
$4 008 (113de)

MOI (2017) El Salvador 0,674 (121ste)  –  medium
Gini (2017) 38 –  medium
Geldeenheid Bitcoin (₿)

Amerikaanse dollara ($) (BTC USD)

Tydsone
 - Somertyd
CST (UTC-6)
nie toegepas nie (UTC-6)
Internet-TLD .sv
Skakelkode +503
a. Die Amerikaanse dollar is die gebruikte geldeenheid. Finansiële inligting kan in VSA-dollar en Salvadoriaanse colón uitgedruk word, maar laasgenoemde is uit sirkulasie.
El Salvador
Nasa-Satellietbeeld van El Salvador
El Salvador
Kaart van El Salvador
El Salvador
Topografiese kaart van El Salvador
El Salvador
Klimaatsones in El Salvador volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

El Salvador is die kleinste van die Sentraal-Amerikaanse republieke en word slegs deur die Stille Oseaan bespoel. Die belangrikste fisiese kenmerk van die land is 'n vulkaniese hoogland met pieke van oor die 2 000 m. Die valleie tussen die pieke is sowat 600 m bo seevlak. Die grond, afkomstig van verweerde lawa en vulkaniese as, is baie ryk. Koffiebone groei welig in hierdie valleie en koffie dra baie tot die land se uitvoer by.

El Salvador is eeue lank deur Meso-Amerikaanse beskawings soos Pipil, Lenca en Maja bevolk. Onder die vernaamste plekke wat argeologiese vondste opgelewer het, is Joya de Cerén, ook "Pompeii van die Amerikas" genoem. Ná die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk onder Hernán Cortés in 1521–1523 is die hele Sentraal-Amerika by die Spaanse Ryk ingelyf en het dit onder die gesag van Nieu-Spanje gekom. Met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog van 1810–1821 het dit deel geword van die kortstondige Eerste Meksikaanse Keiserryk. Die vyf Sentraal-Amerikaanse republieke het in 1823 van Meksiko afgeskei en vervolgens die Federale Republiek van Sentraal-Amerika gestig. In 1838 het dit egter verbrokkel en van die vyf republieke het hul onafhanklikheid verklaar.

El Salvador se geskiedenis vanaf die 19de tot die middel-20ste eeu is gekenmerk deur politieke en ekonomiese onstabiliteit met staatsgrepe, rewolusies en die opeenvolging van outoritêre heersers. In Julie 1969 eis die Sokkeroorlog tussen El Salvador en Honduras sowat 2 000 slagoffers binne in 'n week. Vervolgens het die Salvadoriaanse Burgeroorlog (1979–1992) tussen die militêre regering en 'n koalisie van linkse guerrillagroepe uitgebreek. Dit is met die Chapultepec-vredesooreenkomste beëindig en 'n grondwetlike veelparty-republiek is gevestig. In 2001 is die Salvadoriaanse colón deur die Amerikaanse dollar vervang. Op 8 Junie 2021 is wetgewing aangeneem om Bitcoin as 'n amptelike geldstelsel te aanvaar. El Salvador het sy ekonomie begin diversifiseer en dit beskik nou oor een van die hoër ontwikkelde ekonomieë in Sentraal-Amerika (ná Panama, Costa Rica en Belize), veral as gevolg van 'n voortgesette vinnige industrialisering.

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

El Salvador Sien ookEl Salvador VerwysingsEl Salvador BronnelysEl Salvador Eksterne skakelsEl SalvadorConquistadorES-pe - El Salvador.oggGuatemalaHondurasHoofstadJesus van NasaretLêer:ES-pe - El Salvador.oggNahuatlRepubliekSan SalvadorSanta Ana, El SalvadorSentraal-AmerikaSpaansSpanjeStille OseaanWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfThys die BosveldklongBreinKlinkerKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHartKimberleyJohannes HahnManie LibbokKeramiekViëtnamOutismeBevolkingMangelontstekingMcDonald'sRuslandSeksuele penetrasieNiemetaalHartaanvalWinnie Madikizela-MandelaWeeluisNatuurbewaringWeervoorspellingNaaldekokerBeroerteBiologiePropagandaSekondêre sektor van die ekonomieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVerkleinwoordNieuwoudtvilleNeerslagPeter SnydersVakbondOnderhoudBeurtkragSirkusFiela se kindMisdaadOrgasmeHemelvaartKonflik (proses)RymAfro-AmerikanersLeonardo da VinciTrigeminale neuralgieMenstruasieC. Louis LeipoldtTrekarbeidNatuurrampLys van nedersettings in Suid-AfrikaVars waterMenslike seksuele gedragLys van Joodse feeste en herdenkingsTelevisieSwawelKlimaatveranderingBeesvleisSlaginstrumentElektroniese of digitale mediaKoolhidraatKultuurSpringbokDie ontstaan van die dramaWaterbesoedelingAkwariumHorlosieBrittany Ashton HolmesAngssteuringMaatskappyVlinderNetbalRobbeneilandSendelingposisieWinterBruto binnelandse produkSowjetunie🡆 More