Venezuela

Venezuela (Spaans: , luister (hulp·inligting); letterlik: klein Venesië), amptelik die Bolivariaanse Republiek Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, ), is 'n land in die noorde van Suid-Amerika.

Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago.

República Bolivariana de Venezuela
Bolivariaanse Republiek Venezuela
Vlag van Venezuela Wapen van Venezuela
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Dios y Federación
(Spaans vir: "God en Federasie")
Volkslied: Gloria al Bravo Pueblo
(Spaans vir: "Eer aan die dapper mense")
Ligging van Venezuela
Hoofstad Caracas

10°30′N 66°58′W / 10.500°N 66.967°W / 10.500; -66.967

Grootste stad Caracas
Amptelike tale Spaans
Regering



President
• Adjunkpresident
Federale presidensiële
grondwetlike
Sosiaal-Bolivariaanse
republiek
Nicolás Maduro (omstrede)
Delcy Rodríguez
Onafhanklikheid
• van Spanje
• van Groot-Colombia
• Erken
• Huidige grondwet

5 Julie 1811
13 Januarie 1830
29 Maart 1845
15 Desember 1999
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
916 445 km2  (32ste)
353 841 myl2
3,2
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
31 568 179 (44ste)
28 199 867
33,74 / km2 (181ste)
87,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

geen data
geen data

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

$76,458 miljard (51ste)
$2 724 (93ste)

MOI (2017) Venezuela 0,761 (78ste)  –  hoog
Gini (2006) 46,9 –  medium
Geldeenheid Bolívar (VEF)
Tydsone
 - Somertyd
VET (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4½)
Internet-TLD .ve
Skakelkode +58

Deelstate

Venezuela 
Nasa-Satellietbeeld van Venezuela

Venezuela word verdeel in 23 deelstate (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklike (dependencias federales), gemerk deur 'n *:

  • Amazonas
  • Anozátegui
  • Apure
  • Aragua
  • Barinas
  • Bolívar
  • Carabobo
  • Cojedes
  • Delta Amacuro
  • Falcón
  • Federale Afhanklikheid *
  • Hoofstad Distrik *
  • Guárico
  • Lara
  • Mérida
  • Miranda
  • Monagas
  • Nueva Esparta
  • Portuguesa
  • Sucre
  • Táchira
  • Trujillo
  • Vargas
  • Yaracuy
  • Zulia

Geografie

Venezuela 
Kaart van Venezuela

Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt, die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5 007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraaleilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom die Maracaibomeer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Río Orinoco in die ooste. In die suide is die Hoogland van Guyana, tuiste van die Angel-val, die wêreld se hoogste waterval.

Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay en Ciudad Guayana.

Klimaat en plantegroei

Venezuela het 'n tropiese klimaat, met 'n reënseisoen van April tot November en 'n droë seisoen van Desember tot Maart, asook 'n baie bestendige temperatuur. Die reënval en temperatuur toon binne die algemene klimaatbeeld egter aansienlike verskille, wat veral deur die verskille in hoogte veroorsaak word. Daar is ook plantegroeiverskille wat deels aan hoogteverskille toegeskryf kan word.

Die Orinoco-bekken en die laer dele van die hoogland van Guiana het ’n weelderige tropiese plantegroei, wat in die Llanos oorgaan in grasland en in die berge in subtropiese plantegroei, terwyl dit bo 1 500 m geleidelik 'n hooggebergteplantegroei kry.

Die yl bevolkte suidelike dele van Venezuela het 'n veelsoortige dierelewe met onder meer verskillende groot katagtiges, verskillende aapspesies, knaagdiere en reptiele. Die Orinocobekken het weer baie tropiese voëlspesies.

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Venezuela DeelstateVenezuela GeografieVenezuela Klimaat en plantegroeiVenezuela Sien ookVenezuela VerwysingsVenezuela BronnelysVenezuela Eksterne skakelsVenezuelaArubaAtlantiese OseaanBonaireBrasiliëColombiaCuraçaoGuyanaKaribiese SeeLêer:Venezuela.oggSpaansSuid-AmerikaTrinidad en TobagoVenesiëVenezuela.oggWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonkragFilosofieMusieksimboleViëtnamoorlogLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHartseerBipolêre gemoedsteuringKlem-in-die-kaakSeksuele stimulasieKlavierKatoenTropiese huisgeitjieFibonacci-reeksParysStadKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)HoofletterLys van politieke partye in Suid-AfrikaOrganiese landbouMiltKindermishandelingEngelsDiamantbedryfVryheidsdagKomplementêre kleureSpelerposisies in rugbyBeroerteOnomatopeeLimpopo (rivier)Lys van Griekse mitologiese figureBosvarkChristiaan BarnardDemi Lee MooreNamibiëBybelGeelsugNasionalismePlaattektoniekMosesTobie CronjéSuurstofNieu-SeelandPeriodieke tabelSilwerWinterJapanneesKunselementeHeupvervangingLys van Afrikaanse televisiereekseSpysverteringstelselReënBlourokkeLEjakulasieMasturbasieLyfstraf in skoleHemelvaartsdagPersoonlikheidFacebookSkilpadEerste WêreldoorlogWoordsoortGeldVitamienBuffelKoringSuid-AfrikaVloeistofFascismeGrondwater🡆 More